Hemelse Vader
Van gisteraand af druk U ‘n hele paar mense op my hart… vanoggend wil ek nog voor die son op kom en voor my eie dinge oorneem vir hulle bid. Here rondom my sien ek oral gebroke huwelike en mense wat met soveel ongeluk in hulle binneste rondloop. Here dit is nie net jong huwelike nie, maar ook gevestigde huwelike wat in die moeilikheid is.
Here U het my en my Blondekop Skottie se verhouding weer van ‘n puin hoop af opgerig, daar was nie hoop nie, daar was niks meer oor nie, en tog sit ons skaars drie maande later en ons albei gaan slaap vir die eerste keer in jare met ‘n glimlag en staan op met ‘n glimlag. Ek kan amper nie eers onthou wanneer laas ons vas gesit het nie, tog bly ons idees so uiteenlopend, maar U liefde en U genade en Vrede borrel so uit ons harte dat daar genoegsaam spasie vir ons albei se individuele opinies en voorkeure is, en ook bring U eenheid ten opsigte van belangrike besluite… eenheid was iets wat ons verhouding van die begin af ontbreek het. Ons is lewende getuies van die krag van Jesus Christus se liefde en die groot genade van ons God die Vader.
En Here daarom bid ek vanoggend vir al die huwelike wat onder die aanval van die bose is: maak die partye betrokke in daardie huwelike se harte sag Here, hulle harte is hart soos die grond na maande van droogte, laat U Lewende Water oor hulle stroom Here, laat dit hulle harte verkwik, hulle dors les en hulle wonde ontsmet. Here laat hulle mekaar vergewensgesind wees, laat hulle mekaar aanvaar net soos hulle is. Niemand is perfek nie, ons is so ander omdat ons mekaar moet aanvul, mekaar moet help. Vader maak hulle oë oop soos U my oë oopgemaak et, laat hulle verstaan hoekom U hulle maat op ‘n spesifieke manier geskape het. Here laat daar vrede en liefde in hierdie huise wortel skiet en laat hierdie huweliks maats hulle fokus punt U mak sodat hulle saam nader aan U en nader aan mekaar sal kan beweeg.
Here dan wil ek ook bid vir almal wat fisies siek is, of wat ‘n besering opgedoen het. Here ek bid spesifiek vir my Oupa wat sy heup gebreek het. Vader ek vertrou dat die operasie ‘n sukses was en dat U die dokter se hand en gedagtes beheer het. Vader dra my Oupa op U hande gedurende sy herstel, Here spaar hom sodat hy ook sy derde en vierde agter klein kinders sal ontmoet, voor hy U ontmoet. Here gun hom die vreugde om hierdie twee bloedjies wat oppad is te kan vas hou, en hulle te kan geniet voor hy met Izán herenig word.
Vader U het ons almal se liggame geskape om sonder siekte te funksioneer, en daarom wil ek vandag bid vir almal wat lei onder siektes soos diabetes, kanker, organe wat nie meer funksioneer soos hulle moet nie en self mense wat net dalk ‘n bietjie van ‘n verkoue het. Here raak hulle aan met U hand van genesing, maak hulle vry van hierdie las wat hulle dra.
Vader dankie vir die uitstekende gesondheid waarmee U ons gesin geseën het, Here daar was so vêr geen teken eers van ‘n loop neus hierdie winter nie. Ons dank U vader vir U genade en vir ons goeie gesondheid.
Vader ons vertrou dat U aan elkeen sy daaglikse brood sal voorsien. Here voorsien geestelik aan ons en ook fisies. Soveel mense gaan gebuk onder finansiële druk. Vader maak U hand oop en seen ons almal met ‘n heerlike bord kos uit U hand vannaand. Here seen die wat soveel minder bevoorreg is as ons en Vader maak ons ongelooflik dankbaar vir dit wat ons het, want dit wat ons het is net genade, dit kom reguit uit U hand.
Laastens Here vir ek bid vir elke persoon in hierdie pragtige land van ons. Gister het U met my gepraat uit die geskiedenis boeke, en Here ek wil daarom bid dat U elke Suid Afrikaner sal wakker skud, sodat ons sal begin bid en ook dan U opdragte sal begin gehoorsaam, sodat ons hierdie kultuur van geweld en misdaad sal kan beëindig. Here kweek in ons kinders ‘n weersin vir geweld en ‘n teensin vir misdaad en korrupsie. Vader maak ‘n gees in ons wakker wat ons elkeen sal dryf om gesag te respekteer en by die lands wette te hou, al is dit selfs net ‘n verkeers wet. Vader neem die leiers van ons land in die palm van U hand en maak ook in hulle ‘n teensin vir korrupsie en geweld wakker wat hulle sal dryf om eerlik te handel en om U belange en ook dan ter selfde tyd die land se belange op die hart te dra, eerder as hulle eie belange.
Vader ons vertrou U vandag met elke aspek van ons lewens. Ons kom lê alles voor U neer, ons kinders ons lewens maats, ons werk ons huise, die mense wat vir ons werk, ons verhoudings, ons finansies Here, dit alles plaas ons vandag in U beheer.
Saam met daardie pragtige lied wil ek ook vandag sê: “Jesus take the Wheel!”
Amen!
Libby op haar Kniee
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Wednesday, August 5, 2009
Friday, July 10, 2009
'n Nuwe Baadjie...'n Gewyde Baadjie!
My Liewe Leser en Mede Dienaar van Christus… nes ons dink die Here het jou vir eers bietjie genoeg gesnoei en geskaaf, dan werk HY nog ‘n rukkie langer aan ons.
Die pad waarop die Here my gedra het so vêr in 2009 is nie ‘n maklike pad nie… dit is ‘n seer pad, ‘n pad verwyder van mense, maar tog ‘n pad van intimiteit met my God wat my verstand en my grootste, menslike verwagting te bowe gaan.
‘n Deel van my opdrag is om vir Libby Bid ‘n nuwe baadjie aan te trek en op ‘n dieper vlak vir my mede mens in te tree… As ons in Eksodus 28 begin lees van die Priesters dan blaai ons so maklik verby en maak dit af as ‘n stukkie onbelangrike geskiedenis.
Maar as dienaar van God, is ek ook tog dan seker sy priester, die een wat voor Hom kom staan om vir ander in te tree, om Hom te eer, om by Hom wysheid te kom vra, om Hom te loof. Eksodus 28 teken eintlik vir ons die selfde prentjie as die Newsboys Treffer van so ‘n paar jaar terug:
“SHINE! Make them wonder what you’ve got!SHINE! Make them wish that they were not standing on the outside looking bored!”
Eksodus 28 gee vir ons die volgende Opdrag:
Baie Groete en Liefde
Libby

- Moet jou nie van die wêreld afsonder nie, maar onthou dat jy nie van hierdie wêreld is nie.
- Moet dan daarom nie soos die wêreld optree nie, maar tree op as gewyde dienaar van God.
- Rig jou gees, jou hart, jou begeertes en jou gedagtes tot Hom.
- Laat Sy Gees jou gees, jou emosies, jou begeertes en jou denke lei.
- Onderwerp jou aan die outoriteit van ons God.
- Tree op met die outoriteit wat Hy aan jou gee.
- Week en deurtrek jou gees, jou dade, denke, begeertes en woorde met Sy bloed, met Sy liefde.
- Aanvaar Sy vergifnis en vergewe ander soos Hy jou vergewe.
- Doen alles slegs met Sy Lof en Sy eer voor oë.
- Laat die Heilige Gees jou bedek en jou vervul terwyl jy konstant vir ander intree.
Baie Groete en Liefde
Libby
Tuesday, April 21, 2009
Moses in die mandjie...
Ons Pappa Vader kom maak ons heel, Hy kom
ons versterk.
Ons Moses in die mandjie is nou
op 'n veilige plek.
Hy roep Sy Seuns, staan op my Bruid,
uit tragedie word gebore: Heerlikheid!
ons versterk.
Ons Moses in die mandjie is nou
op 'n veilige plek.
Hy roep Sy Seuns, staan op my Bruid,
uit tragedie word gebore: Heerlikheid!
Vanaf jou eerste hartklop!
Vanaf jou eerste hartklop was jy ongewoon,
Spesiaal,
‘n geskenk pakkie uit die boonste rakke!
Skielik!
Soos wat jou koms ons verras,
Vang jou uittog ons onkant.
Ek weet dat jy op ‘n beter plek is,
Tien duisend keer dank ek ons God daarvoor!
Maar die rede vir my hande vol trane;
Die oorsaak van my bloedbelope hart is dit:
Hoe lank nog?
Hoe lank nog voor ek jou weer sien?
Hoe lank nog weer kan gesels?
Hoe lank nog?
Ek sluit my oë
En voor my sien ek jou gesig,
En so wil ek jou onthou:
Jou oë wat lag,
Jou tong wat uitsteek,
Jou lag wat in my ore weergalm;
Jou siel wat oorkook van vreudge!
Jou hart is waar jou skatte is.
Jou huis is waar jou hart is.
My liefste broer dan is ek op die heel verkeerde plek.
Here Help Here gee vir my die krag om weer op te staan.
Here nog nooit het ek so baie na U huis verlang.
Pappa God hoor my tog,
Ek staan verslae,
Ek verstaan nou glad nie.
Die rede agter hierdie tragedie mag verberg bly.
En al sou U my wys, watse verskil maak dit tog
Dit sal my nie nader bring aan my huis.

In Christus groet ons net tydelik.
In Christus kom ons nooit tot ‘n einde.
So liefste ek sal vas hou aan ons Jesus,
Ek sal vas hou met alles wat ek het.
Sodat ek jou weer kan sien
Sodat ons weer kan gesels,
Sodat ek weer kan lag,
Sodat ons weer saam kan tong uitsteek.
Sodat my siel weer sal oorkook van vreugde.

Monday, April 13, 2009
Dankie dat julle my kom regop tel het!
More oggend ry julle
More oggend verruil ek weer een hartseer vir ‘n ander.
Die een meer bekend as die anner…
Dankie dat julle hier by my kom draai het.
Dankie dat ek julle na al die jare weer kon leer ken het.
Dankie dat julle my siel kom verbind het.
Dankie dat julle my hart kom heel maak het.
Dankie dat julle die spinnerakke en stof kom afstof het.
Dankie dat ons saam kon luister na Skipskop en die Little Drummer boy.
Dankie vir glasies geklink op Boggom en Voetsek.
En baie dankie vir insette in julle klein seun se lewe gelewer.
Soos ek groet breek my hart,
Ek wens dit kon anders wees,
Ek hoop ek het reg gekies.
Dankie vir “hanne” wat kom help het en ore wat kom luister het.
Dankie vir harte wat liefde kom uit stort het.
Die voorreg was groot,
die eer om julle to kon verwelkom het jare van self verwyt oor die verlede laat kwyn.
Dankie dat julle my siel kom verbind het.
Dankie dat julle my hart kom heel maak het.
Dankie dat julle my kom regop tel het.
So baie dankie dat julle na dit als nog steeds geloof in my het.

Sunday, March 8, 2009
...sodat ek my woorde sal tel...
Here, vandag wil ek net voor U stil raak. Here plak 'n pleister om die eina van my hart en vee af daardie sonde wat die liefde en vede in my hart so verdring. Here soen weg my vrese, en salf my liggaam, my verstand, my gees, my verstandhart, my siel, salf dit alles met U bloed Here.
Here lei my dan na daar waar U my wil he, daar waar ek vir U moet werk. Kruisig my hande en my voete sodat hulle onselfsugtug vir U kan werk. Sit die doringkroon op my kop, sodat ek nederigheid met my kan saam dra en was my mond uit met gal sodat ek my woorde sal tel.
Vader rig my op, laat my straal van liefde en vrede, vergifnis, lof en aanvaarding.
Amen.

Thursday, March 5, 2009
Trek U die grense om ons!
My Hemelse God en liefdevolle Vader. Here vandag wil ek U prys vir die verligting wat U aan ons situasie geskenk het Vader. Here dit is so maklik om ongesteld te raak oor dit wat ander ons aan doen, maar Here vandag wil ek vir U hierdie situasie gee sodat U dit vir ons kan bestuur. Vader trek n grens om ons en stel perke Here sodat ons nie verder verbrysel word deur die onreelmatige gedrag van die wat teen ons is nie Here. Trek U Engele in n laer om ons soos dit in die Psalms staan. En Here hou ons koppe hoog, ons integniteit in plek en ons emosies onder beheer. Vervul ons met U liefde, geluk en vrede. Laat ons van U genade straal en laat ons reaksies op die aanval wat ons beleef van U getuig. Mag ons aan die einde van die elende nie net meer van U weet nie, maar mag ons U meer intiem leer ken. Ons prys U Here vir n nuwe dag vol genade. Amen!
Subscribe to:
Posts (Atom)