Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Thursday, January 8, 2009

Gebeds Versoek - Huwelik

Hemelse Vader

Gister het Marius'n gebeds versoek na my epos gestuur. Here hy het gevra dat ons vir sy Huwelik sal bid. Here as buite staander, ken ek nie regtig die situsie nie en weet ek nie regtig wat al tussen Marius en sy vrou gebeur het nie, maar uit ondervinding weet ek dat U weet wat hulle behoeftes is, en wat die struikel blokke in hulle verhouding is.

Vader, my skoon pa het 'n waardevolle gesegte wat my en my man al deur menigte struikel blokker gehelp het: Dad se altyd dat enige storie of situasie 3 kante het: my kant, jou kant en die waarheid. In die geval van mense verhoudings en spesifiek die huwelik is dit nodig om te besef dat U daardie waarheid gedeelte wat te midde van 'n argument so verlore raak, aan ons wil openbaar.

Ek het ook een waardevolle les weg geneem van die wonderlike manier waarop ons as kinders deur my ouers opgevoed is, en dit is dat almal uniek is. Die huwelik is die kuns om die twee unikie identiteite wat U as God saam gevoeg het, in eenheid te laat saam werk to eer van U naam. Dit beteken nie dat een van die twee mense in 'n huwelik hulle identiteit moet op gee nie, maar dat ons mekaar moet aanvaar soos ons is.

Here daarom bid ek weer vandag nie net vir Marius en sy vrou nie, maar ook vir elke huweliks paar wat U saam gevieg het, Here gee ons die geduld om mooi met mekaar te werk, gee ons die insig om te verstaan dat ons nie mekaar mag verander nie, U sal skaaf waar dar geskaaf moet word, U sal verander wat vernader moet word. Here help ons om heeleerste verbetering in ons eie lewens en doen en late te bewerk stellig voor ons die fout by die ander persoon wil gaan soek.

Op hierdie manier Here sal U ons help om met U liefde en aanvaarding op te tree teenoor ons lewens maat, en so sal U ons liefde water gee en dit laat sterker groei. Here mak ons almal ontvanklik vir U woord oor ons huwelike vandag Here, maak nie saak of ons din ons is in die moeilikheid of nie.

Ek vra dit alles in die naam van Jesus on Verlosser en ook in die wete dat U Here ons opregte gebede sal verhoor.
Amen.