Vandag wil ek julle van kleine Jae vertel… Jae beteken oorwinnaar… en hierdie kleine ou mensie , wat nou maar eers Vrydag haar 24ste week in haar mamma se baarmoeder sal vier, is gediagnoseer met ‘n baie rare siekte. Die spesialis wat Kae se ouers gaan sien het, het hulle aangeraai om dalk dit te oorweeg om die swangerskap te beëindig. Maar hier en daar filter straaltjies van hoop deur. Die volgende toets is geskeduleer vir Vrydag 16 November… en daarna sal die nodige besluite seker geneem word.
In die tussen tyd wil ek vir almal vra om saam met my te bid vir kleine Jae…. Maar terwyl ons bid voel ek dat ons ‘n paar dinge moet onthou. Eerstens ons moet bid in die wete dat daar wel ‘n God is. Ons moet glo dat Hy die almagtige God van Liefde is. Hy is ‘n onafhanklike God wat ons nie nodig het nie, maar uit genade, ons nietige mense as sy instrumente gebruik. God hoef en doen nie aan ons verantwoording nie, maar eerder ons aan Hom. Ons God bestaan, en daarom maak Jae se lewetjie, maak nie saak hoe lank of hoe kort van duur nie, saak. Jae was en is nie ‘n ongeluk nie, sy het ‘n doel op hierdie aarde, want God het en is steeds besig om haar in haar ma se skoot aan mekaar te weef, soos dit in Jesaja staan.
Dis uit hierdie oog punt en vanuit hierdie perspektief dat ek vandag op my knieë gaan om klein Jae aan God se voete te lê. Niemand kan so mooi na klein Jae kyk soos ons Hemelse Vader nie… iemand kan haar beskerm soos haar Hemelse Vader nie… niemand kan haar gesond maak behalwe haar Hemelse Redder, Verlosser en Saligmaker nie.
Here God,
Ons prys U vir nog ‘n pragtige dag in ons mooi land. Here dankie vir die voëltjies wat sing en die groen blaartjies wat U natuur so mooi versier. Dankie Here vir U liefde wat ons dra en beskerm en regop laat staan. Dankie Here vir U genade wat ons elke dag aan die lewe hou… en wat ons toe laat om die lewe ten volle te geniet.
Here vergewe asb. al my sondes wat tussen my en U staan. Here vergewe my, sodat geen sondes in die pad van m gebed vir Jae sal ka staan nie. Here was my skoon met die bloed van Jesus, en Here seën my met die drang om meer en meer soos U te probeer wees en om minder, en minder te sondig.
Here ek kom staan weer vandag nederig voor U troon, nee Here ek klim sommer op U skoot om klein Jae vir U te gee… Here God, as dit U wil is genees haar, Here. Here gee dat elke orgaan en elke deeltjie van haar liggaam mag funksioneer soos U dit bedoel het om te funksioneer. Here gee vir ons vrede in ons harte om U besluit, en U wil te aanvaar. Here gee vir Jae se ouers die krag wat hulle nodig het om U wil na te volg en U er bo dit alles te verhewe.
Here God, draai hierdie mensies toe in U liefde, so snoesig en warm soos ‘n wol kombers in de winter. Here gee dat hulle albei op U skoot sal kom sit, en hulle rus en vrede by U kom vind.
Here as ek mag vir ek vra vir ‘n verbetering in Jae se kondisie teen Vrydag. Here deur die bloed wat U Seun vir ons op die kruis gestort het gee U vir ons die mag oor siekte en hartseer. En daarom bid het Here met oortuiging en geloof en glo ek dat daar wel ‘n positiewe uitslag Vrydag sal plaas vind. Here seën ons en hoor ons gebede.
Ons bid dit alles in die naam van Jesus Christus
Amen
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment