Ek sal nooit my angs en onsekerheid vergeet daardie dag wat ek my mini skottie vir die eerste keer by die kleuterskool afgelaai het nie. Ek was vertroud met die mense want my liefste erf stukkie was jare lank ook daar, maar tog het ek daardie dag met trane van hulpeloosheid in my oë en ‘n vrag va oneindige skuldgevoelens na my motor gevlug.
Oppad werk toe moes ek toe maar weer my braafste gesiggie opverf - mascara en rooi lippies help nogal baie hier voor. En nou, nou geniet my liefie baba die skool die heel meeste… hy is lief vir speel en is lief vir sy maatjies, hy blom behoorlik… want hy het spasie om te groei.
Op die selfde manier moet ons as ouers onthou dat ons, ons kinders in God se hande moet oorgee, want Hy behoort tog in beheer van hulle lewens te wees, inplaas van die goot eie ek, en jy en sy en almal wat dink hulle weet van beter.
Dis juis hieroor dat ek gereeld die volgende gebed bid…
Liewe Heer
Ek kom in Jesus se naam nederig voor U troon om my kinders, ……….. en …………. aan U toe te vertrou. Ek glo hart siel en verstand dat slegs U weet wat die beste vir hierdie twee punte van my hart is. Slegs U weet waarlik wat hulle nodig het en hoe daar na hulle gekyk en vir hulle gesorg moet word.
Vandag verbind ek my om oor alles rakend my kinders, met U te gesels. Mag ek nie my wil op U en op hulle probeer afdwing nie. Dankie Here dat ek nie hierdie tweetjies alleen hoef groot te maak nie. Dankie Here dat ek kan weet dat U my sal lei en dat ek nie elke nuutste, state of the art parenting boek vir die antwoorde hoef te raadpleeg nie.
Danke Here dat ek U kan vra vir geduld en vir wysheid en vir die regte riglyne om my kidders tot eer van U naam groot te maak. Dankie Here dat U my geseën het met twee wonderlike seuns as geskenke reguit uit die hemel. Here help my om mooi na my geskenkies om te sien.
Here wys vir my waar ek onnodiglik aan hulle klou en so hulle groei verdring. Here help my om hulle vry te maak van my laste en my verwagtings. Here maak my vry van die verlammende effekte van vrees. Here bring my na ‘n plek waar ek ware vrede en geluk kan ervaar. Here gee dat die oorsprong van my geluk en vrede die wete dat U in beheer is, sal wees. Here ek maak slegs op U staat vir dit wat ek nodig het. Here ek vertrou my kinders toe aan U beskerming, beskerming wat vêr buit my bereik is.
Ek bid dit alles in U grote Naam.
Amen
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Friday, November 9, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment