Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Wednesday, November 14, 2007

oë wat kreukel om die hoeke as hy lag en oë wat al te veel trane in die geheim gestort het.

So baie van ons dra sakke en sakke vol bagasie saam met ons deur die lewe. In my geval baklei ek konstant teen die spook van my man en my kind se verlede… ek baklei teen hartseer en pyn en die ewige vrees van verwerping.

Vannaand wil ek eers op my blonde kop skotsman fokus en vir sy verlede bid.


Almagtige Hemelse Vader en Koning, ek bid vannaand spesifiek vir my skotsman, met sy pragtige blonde hare en sy liefdevolle bruin oë … oë wat kreukel om die hoeke as hy lag en oë wat al te veel trane in die geheim gestort het.

Here maak in en deur U liefde sy gebaalde vuiste waarmee hy so verwoed aan sy verlede vas klou, sag kuns oop, sodat hy finaal kan afskeid neem van hierdie verlede wat hom so terug hou.

Here gee hom die insig om afstand te doen van sy vorige gedrags patrone, wat veroorsaak dat hy nag na nag deur hierdie herinneringe en gedagtes worstel en so doende nie geslaap kry nie. Here vernuwe sy gedagtes, soos in Efesiërs 4. Here vergroot en verdiep sy begrip en perspektief sodat hy tot die besef kan kom dat U alles kan en wil vernuwe. Here openbaar aan hom nuwe, vars maniere om met die negatiewe herinneringe te werk. Here inspireer hom deur die Heilige Gees om hierdie ervarings op die regte manier te verwerk.

Here geen hom die gawe om tussen U stem en die stem van die spook van sy verlede te kan onderskei. Here gee dat hy heeltemal sal kan aftand doen van daardie stem wat so by hom bly spook, mag hy eerder die waarheid in U woord gaan soek.

Here daar waar hy so baie pyn en verwerping verduur het, Here kleur daardie plekkies in sy hart in met die kleurvolle vetkryt van U liefde. Here vervul sy hart met vergifnis teenoor die wat hom soveel onreg aangedoen het.

Here herinner hom daaraan dat die verlede slegs soos ‘n geskiedenis les is en dat dit nie as ‘n maatstaf vir die res van sy lewe gebruik mag word nie. Here saai nuwe lewe is sy gebroke hart… Here laat hom weer lewe, weer rustig slaap. Here bevry my man van
sy geneigdheid om in die verlede te leef. Here versorg sy siel tot hy weer heeltemal gesond is. Here maak hom vry van sy verlede sodat hy die toekoms wat U vir hom beplan nie sal mis loop nie.

Amen.

1 comment:

Anonymous said...

AMEN!

Libby, dit is so 'n mooi gebed... dit is lanklaas dat ek so hoor bid.

Jy het 'n pragtige bladsy en doen baie goeie werk vir Hom. Hou so aan. Ek sal graag weer hier kom kuier en bid saam met jou.

Ek het 2 boeke van Stormie. The Power of a Praying Woman en The Prayer That Changes Everything. Ek het al die eerste een vir 2 ander persone gegee, sit is regtig 'n boek wat mens se lewe kan verander.

Ek woon nou al jare in Italie, vergewe my Afrikaans as ek voute gemaak het!

Let your light so shine before men, that they may see your good works, and glorify your Father which is in heaven. Matthew 5:16

God bless you Libby,
Keep shining for Him!!
nemo