BEDANKING
Heil sommer die leser ook.
Hiermee dien ek amptelik my bedanking as volwassene in. Ek het besluit om weer al die verantwoordelikhede van 'n 8 jarige te aanvaar:
Ek wil McDonald's toe en dink dat dit 'n 4 ster restaurant is. Ek wil weer stokkies oor 'n reën poeletjie laat seil en 'n sypaadjie pak met klippe en aan-aan speel. Ek wil weer dink dat Smarties beter as geld is want jy kandie goed eet. Ek wil op 'n warm somersdag onder 'n groot skaduboom lê en saam met my pellies lê en droom met 'n grassie innie kies. Ek wil weer terugkeer na 'n tyd toe die lewe eenvoudig was, jou kennis beperk was tot k l e ure , maal en deel tafels en Siembamba . Dit het jou nie getraak dat jy nie geweet het wat jy nie geweet het nie, so what ! Al wat jy geweet het was om gelukkig te wees want jy was salig onbewus van al die dinge wat jou moes ontstel of laat worry soos vrypuisies byvoorbeeld. Ek wil weer dink dat die lewe goed en regverdig is, en dat almal eerlik en opreg is. Ek wil weerglo dat enigiets moontlik is. Ek wil salig onbewus wees van die kompleksiteite van die lewe en weer opgewonde raak oor die klein goedjies in die lewe soos gekleurde popcorn.
Ek wil weer eenvoudig lewe. Ek soek nie dae wat bestaan uit computers wat crash nie, berge papierwerk, nuus wat depress nie , hoe om meer dae in die maand te hanteer as wat daar geld in die bank is nie, doktersrekeninge, skinder, siektes,en die verlies van geliefdes. Ek wil weer glo in die krag van 'n glimlag, drukkies, 'n vriendelike woord, die Waarheid soos wat dit in die Begin bedoel was, regverdigheid, vrede, drome, die verbeelding, die mens sonder sy maskers en skuins motiewe, en sommer net modderkoekies bak.
So . .. hier is my tjekboek en my motorsleutels, my krediet kaartrekeninge en sommer die hele kaboedel wat soos grootmens lyk. Ek bedank offisiëel as volwassene. As jy hierdie saak nog verder wil uitpluis of wat ook al jou intensie is, moet jy my eers inhol, want........
....." Touch! Jy kanmy nie vaaaang nie!! "
Kom ons word weer soos kinders want dis tog aan hulle wat die Koninkryk behoort, Die eenvoudige dinge in die lewe is baie keer die kosbaarhede wat ons op ons oudag sal onthou. 'n Lekker druk van my af . Ek hoop jy val langs my in ! Stuur aan iemand wat jy glo is braaf genoeg om te kansê: " Ek leef in oorvloed...... I have family in High Places ! "
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Tuesday, February 26, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment