Liefste Hemelse Pappa
Vanaand sit ek hier op my deur geskaafde knieë en ek bid vir my aardse pappa. Die pappa wat U oor my aangestel het om my van pap babatjie af tot jonge dame te versorg en op te voed en nou te lei terwyl ek my pad deur die grootmens wêreld van mamma en vrou wees probeer vind.
Here my pappa lê in die hospitaal en sy longe is nog vol infeksie en asma en hy is nie gesond nie… ek weet dat die dokters mooi na hom kyk en ek weet dat my ma hom by staan en mooi vir hom sorg… maar liewe Jesus my hart breek omdat ek nie nou by hom kan uit kom nie…. Omdat ek nie nou vir hom kan gaan kuier nie. Ek sal enige iets doen om sommer net by die hospitaal te kan op daag en hom die grootste en vetste druk te kan gee.
Here U weet ons liefde en ons verhouding is een van still waardering en een wat nie met baie woorde gepaard gaan nie. My innige liefde vir hom spreek van ‘n swygende bewondering vir sy innerlike skoonheid en krag en die grasie waarmee hy die moeilikhede van sy lewe oor kom het; die statige manier waarop hy telkens homself en sy gesin weer en weer opgerig het na elke terug slag.
Here U weet hoe ek elke oomblik van elke dag sweet en streef net sodat ek ‘n lewe kan leef waarop my pappa kan trots wees… steeds jag ek enige teken van sy trots na… steeds wil ek so graag hê dat hy met my sal spog en nie uitgepraat sal kan raak oor die uitmuntende jonge dame wat hy groot gemaak het nie.
Dis vir my baie moeilik om hom in my geestes oog in ‘n hospitaal bed te sien, en daarom Here vra ek dat U ons sal seen met sy spoedige herstel… Here verwyder die elemente van uit sy liggaam wat hom so siek maak en gee dat hy spoedig weer sy ou sterk self sal wees.
Here bring ons weer op U tyd bymekaar… seën ons met die geleentheid dat hy spoedig in ons nuwe huis sal kan kom kuier en die plaas saam met ons sal kan geniet. Here ek bid dit alles in die naam van Jesus Christus, ons Verlosser en Saligmaker.
Amen
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Wednesday, March 12, 2008
Bid Saam
Kron 7:14 "......as my volk, oor wie my naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees."
GEBEDSAKSIE
Kom ons begin met 'n Internet gebedsaksie.
Ons doen dit soos volg: Wanneer jy hierdie e-pos ontvang, dan bid jy sommer daar waar jy nou sit.Nadat jy gebid het, dan stuur jy hierdie e-pos aan.
BID SAAM :
1. Hemelse Vader ons bid vir berou en bekering.
2. Vader ons bid vir vergifnis van ons sonde.
3. Ons bid dat U die mense se geestelike oë en ore sal oopmaak
4. Ons bid dat U die mense in Suid-Afrika genadig sal wees en sal seën
5. Ons DANK U vir reën wat reeds geval het en bid dat U genoeg reën sal stuur na plekke wat smag daarna.
6. Ook dat U alle onskuldige Suid-Afrikaners sal beskerm teen al die geweld.
7. En dat daar 'n positiewe verandering in Suid-Afrika sal plaasvind.
Ons bid dit in die Naam van JESUS.
Amen
VERSOEK:Moenie hierdie e-pos uitvee nie BID SAAM en stuur asseblief aan!

Subscribe to:
Comments (Atom)