Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Wednesday, March 12, 2008

‘n Gebed vir die man wat my groot gemaak het, my opgevoed het, en my steeds lief het…

Liefste Hemelse Pappa

Vanaand sit ek hier op my deur geskaafde knieë en ek bid vir my aardse pappa. Die pappa wat U oor my aangestel het om my van pap babatjie af tot jonge dame te versorg en op te voed en nou te lei terwyl ek my pad deur die grootmens wêreld van mamma en vrou wees probeer vind.

Here my pappa lê in die hospitaal en sy longe is nog vol infeksie en asma en hy is nie gesond nie… ek weet dat die dokters mooi na hom kyk en ek weet dat my ma hom by staan en mooi vir hom sorg… maar liewe Jesus my hart breek omdat ek nie nou by hom kan uit kom nie…. Omdat ek nie nou vir hom kan gaan kuier nie. Ek sal enige iets doen om sommer net by die hospitaal te kan op daag en hom die grootste en vetste druk te kan gee.

Here U weet ons liefde en ons verhouding is een van still waardering en een wat nie met baie woorde gepaard gaan nie. My innige liefde vir hom spreek van ‘n swygende bewondering vir sy innerlike skoonheid en krag en die grasie waarmee hy die moeilikhede van sy lewe oor kom het; die statige manier waarop hy telkens homself en sy gesin weer en weer opgerig het na elke terug slag.

Here U weet hoe ek elke oomblik van elke dag sweet en streef net sodat ek ‘n lewe kan leef waarop my pappa kan trots wees… steeds jag ek enige teken van sy trots na… steeds wil ek so graag hê dat hy met my sal spog en nie uitgepraat sal kan raak oor die uitmuntende jonge dame wat hy groot gemaak het nie.

Dis vir my baie moeilik om hom in my geestes oog in ‘n hospitaal bed te sien, en daarom Here vra ek dat U ons sal seen met sy spoedige herstel… Here verwyder die elemente van uit sy liggaam wat hom so siek maak en gee dat hy spoedig weer sy ou sterk self sal wees.

Here bring ons weer op U tyd bymekaar… seën ons met die geleentheid dat hy spoedig in ons nuwe huis sal kan kom kuier en die plaas saam met ons sal kan geniet. Here ek bid dit alles in die naam van Jesus Christus, ons Verlosser en Saligmaker.

Amen

1 comment:

Muriel said...

Jou blog is verrykend, en ek gaan definitief weer kom loer.