Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Sunday, August 31, 2008

En daar staan ek toe weer rooi in die gesig van skaamte, so met my hele voet in my mond...

My liefste maatjies in Jesus Christus, ek hoop dat julle Sondag in die aangesig van ons God geniet het. Hierdie naweek het die Here weer bietjie hier binne my gewerk en my ‘n kosbare les geleer. Uit my onvoorwaardelike, dog menslike liefde vir my man, het ek weer my spesiale gebed vir hom begin bid. Ek het dit begin doen omdat ek kon sien dat hy weer in hierdie afgelope paar dae swaar dra aan sy verlede. Maar, in my hoogmoed en menslikheid het ek half van God verwag om net weer hierdie gevoelens stil te maak, maar hoe harder ek bid, hoe meer voel dit of die swaard van ‘n verlede waaraan ek geen deel het nie, oor my begin hang, en hoe meer bedreig het ek gevoel.

En so sit ek toe weer in sak en as en sulk, omdat ek nie goed genoeg is nie, en omdat dinge nie volgens my wil verloop nie, en net daar praat die Here met my en Hy herhinder my dat ons sal kry wat ons voor vra, in my gebed vra ek nie dat hy die verlede moet stil maak nie, maar eerder dat hy my man moet help om dit te verwerk, en dan moet ek ook maar my hande vuil maak en hom help, deur die liefde van Christus in sy lewe te verpersoonlik. En daar staan ek toe weer rooi in die gesig van skaamte, so met my hele voet in my mond.

Maar dankie Vader dat ek om verskoning kan vra en net weer prober. So vandag saam met my gebed vir my man, kom my gebed vir my man se vrou.

Liefste Koning Jesus
Vanaand kom sit ek hier op U skoot, en ek wil graag erken dat ek glad nie tot enige iets instaat is sonder U nie. Ek kan nie eers die tuin van my lewe in stand hou nie. Here daar is vlekke, slegte plekkies wat die vrugte van my hart bederf. Here verwyder die goggatjies, hier uit my hart, wat al daardie skade aanrig. Here daardie goggatjies kan ek sommer in so ‘n hele string op noem: hulle name is selfsug, ongeduld, en geïrriteerdheid. Here spin hulle toe in die kokon van U genade en laat daar skoenlappertjies van goedhartigheid, lank moedigheid en die gewilligheid om ander se laste te dra, uit kruip.

Here neem die onkruid van my ou slegte gewoontes, negatiewe ingesteldheid, onregverdige verwagtings en self verdedigende standpunte weg. Here saai die saad van geduld, goed hartigheid, getrouheid, nederigheid en sagtheid.Here net U, die grootte Tuinier kan hierdie oerwoud van ‘n hart in ‘n mooi, vrugbare, God-aanbiddende tuin verander. Wys my die onkruid wat nog moet uitgeroei word Here, veral die wat my liefde en my verhouding met my man verdring.

Ja Here, soms is ek nie liefdevol nie, ek kritiseer hom, ek word kwaad, ek wil soms ook wraak neem, en soms bewys ek ook nie die respek wat ek behoort te bewys aan my man nie. Here gee dat ek van hierdie selfsugtige onkruid sal kan afstand doen, maak nie saak hoe ek voel nie. Here gee dat ek sal kan vergewe sonder om ooit weer terug te kyk.Here gebruik my as ‘n vrede maker, en iemand wat genesing in my verhoudings met ander kan bring. Here maak asb. die lyne van kommunikasie tussen my en ander mense oop. Here maak my, my man se lewenslange helper, sy siels-genoot, sy friend, en sy pilaar van ondersteuning.

Here gee dat ek ‘n spesiale plekkie vir hom sal kan inrig, waar hy rustig en vreedsaam kan verkeer, Here gee dat hy by my kan veilig voel. Here help my ook om tussen dit alles steeds ‘n tydjie in te ruim om myself te versorg. Here laat my groei om ‘n kreatiewe, sterk vrou met vuur in my gees en die nodige self vertroue te wees. Here mag my man ten alle tye trots wees om my as sy vrou te hê.Here hier voor U kruis kom sit ek nou al my verwagtinge. Here ek ontslaan my man van enige laste wat ek hom onnodiglik oplê. Laste wat ek eintlik vir U moet gee. Here help my om hierdie man wat U vir my gegee het te aanvaar nes hy is, sonder om hom te probeer verander. Here as daar enige veranderings in hom nodig is, Here plaas ek dit in U hande, vorm hom soos U goed dink, en soos ek wil nie. Here help my om te onthou dat slegs U perfek is, en dat ek na U moet opkyk om ons perfek by mekaar te laat pas.

Here leer my hoe om vir my man te bid, en leer my om te verseker dat my gebede sal spreek van my onbeskryflike liefde vir my man. Here wys my wat onvoorwaardelike liefde regtig is, en Here snoei ons liefde, daar waar daar dooie puntjies is, sny hulle uit, en kweek asb. nuwe liefde om die dooie stukkies te vervang..Here bring ‘n gevoel van enigheid tussen ons.. Mag die Here van geduld en liefde ons toe laat om die selfde oor goed te begin dink, om soos Jesus oor goed te begin dink.Mag ons saam werk om mekaar aan te vul. En help ons om saam na vrede te streef. Here mag ons commitment tot U en mekaar sterker word by die dag, mag ons meer passievol oor U en mekaar word, elke dag.Here staan my man by, in sy taak om die Hoof van ons huis te wees. Wys my Here, hoe om sy leiding te aanvaar en hoe om hom te ondersteun. Here gee my die perspektief om sy drome en wense te verstaan. Wys my Here wat dit is wat my man nodig het, en wys ook vir my moontlike probleme uit, voordat hulle kan skade doen. Here bring nuwe lewe na ons verhouding.

Here vernuwe my hart, siel, gees en verstand. Here maak my ‘n nuwe mens, met nuwe perspektief en ‘n nuwe uitkyk op die lewe. Help my om met nuwe oë na my man te kyk, met vernuwe waardering, nuwe liefde, nuwe aanvaarding en ‘n vernuwe getrouheid. Here gee vir my man, ‘n nuwe vrou, Here laat daardie nuwe vou ek wees.

Ek bid dit alles in die naam van my Verlosser en Salig maker, Jesus Christus.
Amen.

Friday, August 29, 2008

Ek plaas vadag die punt van my hart en die appel van my oog in U hand, Here.

Gister was dit jou verjaardag, en die dag was met tye baie spesiaal en met tye het die seer van jou verlede op my geskreeu. Jou ogies kon dit nie weg steek nie, en die agterdog waarmee jy elke woord van elke persoon in jou lewe roskam, verpletter my hart. Nie omdat dit enige iets van my af weg neem nie, maar omdat dit jou so oor en oor pynig!

EK wens ek kon jou las vir jou dra, ek wens ek kan al hierdie pyn beter maak, maar dis nie my pyn nie, ook nie pyn waaraan ek deel het nie... dis net daar en die mense wat jou so erg gewond het, is net nerens te vinde.... terwyl ek en jou ma swoeg en sweet om jou bemind te laat voel.

Vroeg in die jaar het ek vir jou 'n gebed geskryf... en ek voel die Here druk dit op my hart om aan te hou bid vir 'n wonderwerk, om eke dag hierdie gebed te bid, todat jy vry is.... todat jy heel is...

Almagtige Hemelse Vader en Koning, ek bid vandag spesifiek vir my skotsman, met sy pragtige blonde hare en sy liefdevolle bruin oë … oë wat kreukel om die hoeke as hy lag en oë wat al te veel trane in die geheim gestort het.

Here maak in en deur U liefde sy gebaalde vuiste waarmee hy so verwoed aan sy verlede vas klou, sag kuns oop, sodat hy finaal kan afskeid neem van hierdie verlede wat hom so terug hou.

Here gee hom die insig om afstand te doen van sy vorige gedrags patrone, wat veroorsaak dat hy nag na nag deur hierdie herinneringe en gedagtes worstel en so doende nie geslaap kry nie. Here vernuwe sy gedagtes, soos in Efesiërs 4.

Here vergroot en verdiep sy begrip en perspektief sodat hy tot die besef kan kom dat U alles kan en wil vernuwe. Here openbaar aan hom nuwe, vars maniere om met die negatiewe herinneringe te werk.

Here inspireer hom deur die Heilige Gees om hierdie ervarings op die regte manier te verwerk.Here geen hom die gawe om tussen U stem en die stem van die spook van sy verlede te kan onderskei.

Here gee dat hy heeltemal sal kan aftand doen van daardie stem wat so by hom bly spook, mag hy eerder die waarheid in U woord gaan soek.Here daar waar hy so baie pyn en verwerping verduur het, Here kleur daardie plekkies in sy hart in met die kleurvolle vetkryt van U liefde.

Here vervul sy hart met vergifnis teenoor die wat hom soveel onreg aangedoen het.Here herinner hom daaraan dat die verlede slegs soos ‘n geskiedenis les is en dat dit nie as ‘n maatstaf vir die res van sy lewe gebruik mag word nie. Here saai nuwe lewe is sy gebroke hart… Here laat hom weer lewe, weer rustig slaap.

Here bevry my man vansy geneigdheid om in die verlede te leef. Here versorg sy siel tot hy weer heeltemal gesond is. Here maak hom vry van sy verlede sodat hy die toekoms wat U vir hom beplan nie sal mis loop nie.

Ek plaas vadag die punt van my hart en die appel van my oog in U hand Here.
Amen

Wednesday, August 27, 2008

More is dit jou verjaardag...

More is dit jou verjaardag... ek wens so dat ek vir jou die vreudge van daardie dag kan laat verstaan, die vreugde wat ek so as vanselfspreekend aanvaar, die vreugde wat jy nie voel nie, omdat daar 'n spul vraag tekens rondom jou geboortedag in jou kop rondhang.

Hierdie jaar, sal ek soos elke ander jaar, probeer om jou verjaardag vir jou spesiaal te maak, jou te omring met mense wat vir jou lief is, mense wat vir jou belangrik is. Mag dit 'n dag vol verrassings wees, 'n dag vol vreugde en liefde en 'n dag wat jy nooit sal vergeet nie.

En as, as jy nie die vreudge van 'n mense se geboorte dag, die dag wat God so sorgvuldig vir jou gekies het, na more nie verstaan nie, sal ek, as dit God se wil is, weer volgende jaar probeer, en die jaar daarna, en die jaar daarna en ek sal aanhou todat jy die kosbaare dag se volle betekenis en omvang en vreudge verstaan en ervaar.