Gister was dit jou verjaardag, en die dag was met tye baie spesiaal en met tye het die seer van jou verlede op my geskreeu. Jou ogies kon dit nie weg steek nie, en die agterdog waarmee jy elke woord van elke persoon in jou lewe roskam, verpletter my hart. Nie omdat dit enige iets van my af weg neem nie, maar omdat dit jou so oor en oor pynig!
EK wens ek kon jou las vir jou dra, ek wens ek kan al hierdie pyn beter maak, maar dis nie my pyn nie, ook nie pyn waaraan ek deel het nie... dis net daar en die mense wat jou so erg gewond het, is net nerens te vinde.... terwyl ek en jou ma swoeg en sweet om jou bemind te laat voel.
Vroeg in die jaar het ek vir jou 'n gebed geskryf... en ek voel die Here druk dit op my hart om aan te hou bid vir 'n wonderwerk, om eke dag hierdie gebed te bid, todat jy vry is.... todat jy heel is...
Almagtige Hemelse Vader en Koning, ek bid vandag spesifiek vir my skotsman, met sy pragtige blonde hare en sy liefdevolle bruin oë … oë wat kreukel om die hoeke as hy lag en oë wat al te veel trane in die geheim gestort het.
Here maak in en deur U liefde sy gebaalde vuiste waarmee hy so verwoed aan sy verlede vas klou, sag kuns oop, sodat hy finaal kan afskeid neem van hierdie verlede wat hom so terug hou.
Here gee hom die insig om afstand te doen van sy vorige gedrags patrone, wat veroorsaak dat hy nag na nag deur hierdie herinneringe en gedagtes worstel en so doende nie geslaap kry nie. Here vernuwe sy gedagtes, soos in Efesiërs 4.
Here vergroot en verdiep sy begrip en perspektief sodat hy tot die besef kan kom dat U alles kan en wil vernuwe. Here openbaar aan hom nuwe, vars maniere om met die negatiewe herinneringe te werk.
Here inspireer hom deur die Heilige Gees om hierdie ervarings op die regte manier te verwerk.Here geen hom die gawe om tussen U stem en die stem van die spook van sy verlede te kan onderskei.
Here gee dat hy heeltemal sal kan aftand doen van daardie stem wat so by hom bly spook, mag hy eerder die waarheid in U woord gaan soek.Here daar waar hy so baie pyn en verwerping verduur het, Here kleur daardie plekkies in sy hart in met die kleurvolle vetkryt van U liefde.
Here vervul sy hart met vergifnis teenoor die wat hom soveel onreg aangedoen het.Here herinner hom daaraan dat die verlede slegs soos ‘n geskiedenis les is en dat dit nie as ‘n maatstaf vir die res van sy lewe gebruik mag word nie. Here saai nuwe lewe is sy gebroke hart… Here laat hom weer lewe, weer rustig slaap.
Here bevry my man vansy geneigdheid om in die verlede te leef. Here versorg sy siel tot hy weer heeltemal gesond is. Here maak hom vry van sy verlede sodat hy die toekoms wat U vir hom beplan nie sal mis loop nie.
Ek plaas vadag die punt van my hart en die appel van my oog in U hand Here.
Amen
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment