My Liefste Vriende en Vriendinne in ons Goedhartige Koning, Jesus Christus die beste deel van my werks omstandighede tans is dat ek, elke oggend, soos vanoggend, 'n koppie koffie saam met my God kan geniet.
Ja, jy het reg gehoor.... ek weet hoe lief ons tog is om 'n koffie saam met saardie spesiale vriend of vriendin te drink, 'n betekins volle geselsie en die deel van ons harts begeertes. En juis daarom geniet ek dit so om so eerste ding in die oggend saam met my God te kuier.
Ek wil graag vanoggend se gesprek met jou deel, jy sien, die Here het 'n onbeskryflike vuur van vreugde hier binne in my aangesteek, ek giggel hier by myself soos 'n verliefde tienner, en my gees sing en borrel en loop oor.
Hemelse Pappa, en Koning God
Baie dankie dat ek weer vanoggend my dag saam met U kan begin, en Here dankie vir U vuur wat hier binne in my brand. Here dankie vir die onuitpitbare energie waarmee U my die afgelope paar dae geseen het, en Here ek loof U vi die voorspeod en die geleenthede wat U oor my pad gebring het.
Here dankie vir my man en my kinders, Here dankie vir die Godelike, onvoorwaardelike liefde wat ons as huis gesin deel, en ja Here, dankie vir die dorings, so tussen die maanskyn en die rose, so net dat ons nie van ons afhanklikheid van U sal vergeet nie.
Here dankie vir die voorreg om elke dag na werk te kan plaas toe gaan, my koffie op die stoep te kan drink en aand ete onder die sterre te kan eet. Here dankie dat daar jakkalse, in plaas van ambulanse in my ore huil en dankie vir die wind se gedreun eerder as die gedreun van net nog 'n vrag motor.
Here dankie vir al die nuwe kallertjies en dankie vir die manier waarop U ons en die beeste deur die winter gedra het. Here die dou maak al klaar die grassies groen, maar Her ons het so dringend reen nodig Vader. Vader daarom wil ek U vra dat U die hemelse sal oop maak en ons met U lewende water sal seen en sal vervul en sommer oorvloed Here!
Here, ons wil ook groente plant, en so ook nog 'n projek tot eer van U naam oprig, maar Vader om dit te kan doen het ons water nodig, en Here daar is geen water soos die wat reguit uit die Hemelse se emmers hier op ons neer stort nie.
Vader ek wil ook baie dankie se dat U wel Attie se lewe gespaar het, Vader bring hom terug op die pad wat U aan die begin van alle tyd vir hom uitgele het. Here ond weet nog nie wat die omvang van die skade aan sy gesig is nie, ons weet ook nie hoe erg die skade aan dy oog is nie, en ons weet nog nie of hy ooit weer uit daardie gesig sal kan sien nie, en daarom Here wil ek U vra om U hand van genesing oor Attie te hou en om so ook U teenwoordigheid aan hom te openbaar, Here.
Here ek self weet hoe dit voel om oomblike van die dood af te wees, ek weet hoe dit voel as alles buite my beheer is, Vader soos ek al vantevore gebid het, en dankie gese het dat U my uit die kake van ons hond gered het, Here daarwas 'n almagtige teenwoordigheid daardie die dag, U teenwoordigheid wat seker gemaak het dat Brutis nie naby my keel en my gesig kon kom nie, en Here daardie gebeurtenis het my net weereens laat besef dat ek alleen niks kan doen of kan vermag nie, maar dat ek slegs deur U krag het om voort te gaan en om te genees.
Baie dnakie Vader, ons bid dit alles in U naam en in die naam van U seun wat vir ons gesterf het,
Amen.
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Wednesday, September 10, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

2 comments:
Ons besef nie elke dag al die voorregte wat ons het nie en soos ek hierdie gebed lees en saam bid besef en net dat genoegsame dankbaarheid my ontbreek. My gebed is dat ek meer en meer dankbaar sal wees en ook vir Attie vir 100% genesing.
Hi Riaan
Weereens dankie vir jou kommentaar. Mag jy 'n geseende dag beleef.
Post a Comment