Gister oggend het ek so die agter kant van Joyce Meyer se boodskap gehoor, maar dit was genoeg om my koppie aan die gang te sit en my te laat herkou aan ‘n hele paar dinge.
Haar finale woorde was: Seek not just the hand of God, but also His Face. Seek not just His presents but also His presence. Weereens slaan die waarheid hierdie goliath ego van my reg tussen my oë.
Ek is so besig met my nuwe besigheid, alles gedoen mooi, in die naam van Jesus, MAAR ek is so besig om te vra vir guns en voorkeur en soveel ander geskenke, dat ek vergeet om partykeer sommer net saam met my God te kuier.
Hierdie week worstel ek en my blondekop skotsman ook met die verhouding tussen ons gesin en party van die mense in ons lewe, jy weet daardie vriende wat jou net bel as hulle iets wil weet of iets nodig het.
Die een ding wat ek met alle eerlikheid kan sȇ, is dat my ou skottie die sagste hart in die wereld het, hy help ieder en elk net waar hy kan en ek glo vas dat hy op ‘n daaglikse basis deur ons God gebruik word om mense se lewens te vergemaklik deur homself as ‘n instrument beskikbaar te stel vir die beantwoording van gebede. Maar sodra hy nie aan die normale karnalies wat elke dag iets nodig het, se elke behoefte omsien nie, dan wil die mensies nou opstandig raak, want die hulp kom nie vinnig genoeg nie.
Die vraag wat ons vra is wanneer hou jy op; wanneer help jy van die wal af in die sloot in ;en net wanneer moet jy nog bietjie meer lank moedig wees; net wanneer moet jy dalk net nog een keer help?
Dit lyk vir my bietjie na ‘n siekte hier in ons wereld, hierdie “vat soveel soos wat mense kan gee, maar wees maar bietjie suinig as jy moet uit deel” siekte is volgens my ‘n pandemie. Hoekom is ons so selfsugtig en so suinig, selfs met ons simpatie en ons liefde.
Ons dra Jesus se naam met
soveel trots, ek wil selfs so vȇr gaan soos om dit self righteous pride te noem. En tog volg ons nie Sy voorbeeld na nie. As vrou, streef ons tog mos daarna om ons man se naam te eer deur ons soos die bekwame vrou van ‘n eerbare man te gedra. As kinders will ons tog die naam wat ons met ons ouers deel te eer deur op te tree soos hulle ons opgevoed het, nou hoekom wil ons dan uit basuin dat ons Christene is, as ons nie ons God en ons Jesus se voorbeeld wil volg nie?
Hoe weet ons dan nou wat Jesus en God se voorbeeld is en hoe ons dit moet volg? Al wat ons hoef te doen is om tyd in ons God se teenwoordigheid deur te bring. Kwaliteit tyd, waar ons net op Sy skoot sit en na Hom luister. So saam met die kuier, sal God jou dan toerus met die vrugte van die gees, die vrugte wat jou as deel van God se wingerd sal verklaar, die vrugte wat sal spreek dat jy ‘n loot van die Jesus wingerd stok is, dan sal mense jou ken as ‘n Christus kind aan jou getuienis, eerder as aan jou beloftes.
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment