My Hemelse Vader, God van Hoop en God van Genade.
Here God, baie dankie vir die geskenk van 'n nuwe dag. Baie dankie vir die geleentheid om vandag ons pad saam met U te loop en te doen wat U vir ons beplan het. Her dankie dat ons almal gesond kon wakker word en dat ons die nuwe dag as 'n gesin kan aandurf.
Here ons tyd word reg oor die wereld gekenmerk deur swaarkry en dan ook die depresie wat daarmee saam gaan. Here vandag wil ek vra dat U elkeen van my gesin en my familie en al ons spesiale vriende sal beskerm teen gevoelens van negatiwiteit en depressie en frustrasie.
Mag ons vas hou aan die woorde van die bekende lied, Ons is almal hier te saam: "Tot die dood was Hy getrou en daarom is ons nou Sy eiendom." Here mag ons vas hou aan U beloftes wat U aan ons gemaak het.
Here maak ons vry van vrees en ander negatiewe emosies wat ons na onder trek. Here gee dat ons siels geluk en vrede in U sal ontdek.
Vader herorganiseer vandag ons prioriteite vir ons sodat ons dit kan doen wat vir U belangrik is. Here vandag spreek en die volgende skrif uit oor my gesin en familie en vriende:
"Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee." (Numeri 6:24-26)
Amen.
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Monday, March 2, 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

3 comments:
Hi Libby
Mag God jou en jou gesin ook vandag seën
Baie dankie Riaan. Lekker dat jy steeds saam bid. Die laaste paar weke het ek hier in my binne kmaer gebid, maar nou is ek weer reg op die plek waar die Here my wil he.
Amen!!
Libby - Waar twee of meer saamstaan, so sal dit wees.
Dit is goed dat jy ook tyd in jou binnekamer spandeer. God neem ons deur verskillende fases en partykeer wil Hy hê dat ons net stil wees voor Hom, ander kere uitbundig en dit sal ons net weet wanneer ons, ons geestelike ore spits vir die sagte stem van die Heilige Gees
Post a Comment