Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Thursday, March 5, 2009

Trek U die grense om ons!

My Hemelse God en liefdevolle Vader. Here vandag wil ek U prys vir die verligting wat U aan ons situasie geskenk het Vader. Here dit is so maklik om ongesteld te raak oor dit wat ander ons aan doen, maar Here vandag wil ek vir U hierdie situasie gee sodat U dit vir ons kan bestuur. Vader trek n grens om ons en stel perke Here sodat ons nie verder verbrysel word deur die onreelmatige gedrag van die wat teen ons is nie Here. Trek U Engele in n laer om ons soos dit in die Psalms staan. En Here hou ons koppe hoog, ons integniteit in plek en ons emosies onder beheer. Vervul ons met U liefde, geluk en vrede. Laat ons van U genade straal en laat ons reaksies op die aanval wat ons beleef van U getuig. Mag ons aan die einde van die elende nie net meer van U weet nie, maar mag ons U meer intiem leer ken. Ons prys U Here vir n nuwe dag vol genade. Amen!

2 comments:

Anonymous said...

Hallo Libby

Vandag wil ek myself insluit by hierdie gebed. Vandag het ek God se genade en beskerming nodig dat ek sal optree om Sy naam te verheerlik en nie uit my vleeslike reaksies nie.

Libby said...

Amen!