Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Wednesday, November 14, 2007

oë wat kreukel om die hoeke as hy lag en oë wat al te veel trane in die geheim gestort het.

So baie van ons dra sakke en sakke vol bagasie saam met ons deur die lewe. In my geval baklei ek konstant teen die spook van my man en my kind se verlede… ek baklei teen hartseer en pyn en die ewige vrees van verwerping.

Vannaand wil ek eers op my blonde kop skotsman fokus en vir sy verlede bid.


Almagtige Hemelse Vader en Koning, ek bid vannaand spesifiek vir my skotsman, met sy pragtige blonde hare en sy liefdevolle bruin oë … oë wat kreukel om die hoeke as hy lag en oë wat al te veel trane in die geheim gestort het.

Here maak in en deur U liefde sy gebaalde vuiste waarmee hy so verwoed aan sy verlede vas klou, sag kuns oop, sodat hy finaal kan afskeid neem van hierdie verlede wat hom so terug hou.

Here gee hom die insig om afstand te doen van sy vorige gedrags patrone, wat veroorsaak dat hy nag na nag deur hierdie herinneringe en gedagtes worstel en so doende nie geslaap kry nie. Here vernuwe sy gedagtes, soos in Efesiërs 4. Here vergroot en verdiep sy begrip en perspektief sodat hy tot die besef kan kom dat U alles kan en wil vernuwe. Here openbaar aan hom nuwe, vars maniere om met die negatiewe herinneringe te werk. Here inspireer hom deur die Heilige Gees om hierdie ervarings op die regte manier te verwerk.

Here geen hom die gawe om tussen U stem en die stem van die spook van sy verlede te kan onderskei. Here gee dat hy heeltemal sal kan aftand doen van daardie stem wat so by hom bly spook, mag hy eerder die waarheid in U woord gaan soek.

Here daar waar hy so baie pyn en verwerping verduur het, Here kleur daardie plekkies in sy hart in met die kleurvolle vetkryt van U liefde. Here vervul sy hart met vergifnis teenoor die wat hom soveel onreg aangedoen het.

Here herinner hom daaraan dat die verlede slegs soos ‘n geskiedenis les is en dat dit nie as ‘n maatstaf vir die res van sy lewe gebruik mag word nie. Here saai nuwe lewe is sy gebroke hart… Here laat hom weer lewe, weer rustig slaap. Here bevry my man van
sy geneigdheid om in die verlede te leef. Here versorg sy siel tot hy weer heeltemal gesond is. Here maak hom vry van sy verlede sodat hy die toekoms wat U vir hom beplan nie sal mis loop nie.

Amen.

Tuesday, November 13, 2007

EN ons glo dat dit alles sal gebeur deur krag van die bloed van Jesus en die oorwinning van die dood deur ons drie enige God.

Hemelse Koning en Vader

Here baie dankie vir die rustige nag rus waarmee U ons geseën het. Here dankie dat U hand van beskerming oor ons was, en Here dankie dat ons uit genade alleen weer nog ‘n dag kan geniet.

Here vandag wil ek heel eerste die lande waar U kinders vervolg word as gevolg van hulle liefde vir U, weer aan U opdra. Hemelse Redder, gee ons mede gelowiges daar waar hulle so swaer kry, die krag en die moet en die uithou vermoë om aa te gaan om U ten volle, met hart en siel en verstand te dien.

Vader ons bid ook vir die leier van daardie lande, Here raak aa hulle harte e laat hulle die dwaasheid van hulle hardkoppige aksies sien. Here werk aa hulle sodat hulle, hulle lewens aan U sal wy en so doende dat daar ‘n einde aan die swaer kry en die hartseer en die geweld in daardie lande sal kom.

My liefste Hemelse Pappa, ek kniel ook weer hier voor U troon names Jae en haar ouers, Here as mamma en as mens will ek by U pleit dat U haar sal genees… Here gee dat sy ‘n straaltjie van hoop en son skyn in ons lewens sal wees. Here ek spekuleer nou erg, mar dalk Here, net dalk wil U Jae gebruik om ons weer nederig voor U te laat kom staan en te besef dat os as nietige mense haar nie kan help nie, maar dat dit alles in U hande is. Dis nie ons wat vir haar moet baklei nie, ons kan net ons sorge in U hande neer lê en glo dat U ons die genade sal bewys om ons gebede te beantwoord.

Here daarom sal ek dit weer herhaal, daar is niemand wat so mooi na Jae sal kan kyk soos U nie, daar is niemand, wat haar kan beskerm soos U nie, daar is niemand wat haar vir haar kan lief wee soos U nie en dar is niemand wat haar kan gesond maak soos U nie. Here God daarom smeek ek U, hoor vandag ons gebed en Here seën ons deur ons gebede te beantwoord.

Here God, ons vra dit alles in die naam van Jesus Christus ons Verlosser en Saligmaker. EN ons glo dat dit alles sal gebeur deur krag van die bloed van Jesus en die oorwinning van die dood deur ons drie enige God.

Amen

Monday, November 12, 2007

Jae was en is nie ‘n ongeluk nie, sy het ‘n doel op hierdie aarde, want God het en is steeds besig om haar in haar ma se skoot aan mekaar te weef

Vandag wil ek julle van kleine Jae vertel… Jae beteken oorwinnaar… en hierdie kleine ou mensie , wat nou maar eers Vrydag haar 24ste week in haar mamma se baarmoeder sal vier, is gediagnoseer met ‘n baie rare siekte. Die spesialis wat Kae se ouers gaan sien het, het hulle aangeraai om dalk dit te oorweeg om die swangerskap te beëindig. Maar hier en daar filter straaltjies van hoop deur. Die volgende toets is geskeduleer vir Vrydag 16 November… en daarna sal die nodige besluite seker geneem word.

In die tussen tyd wil ek vir almal vra om saam met my te bid vir kleine Jae…. Maar terwyl ons bid voel ek dat ons ‘n paar dinge moet onthou. Eerstens ons moet bid in die wete dat daar wel ‘n God is. Ons moet glo dat Hy die almagtige God van Liefde is. Hy is ‘n onafhanklike God wat ons nie nodig het nie, maar uit genade, ons nietige mense as sy instrumente gebruik. God hoef en doen nie aan ons verantwoording nie, maar eerder ons aan Hom. Ons God bestaan, en daarom maak Jae se lewetjie, maak nie saak hoe lank of hoe kort van duur nie, saak. Jae was en is nie ‘n ongeluk nie, sy het ‘n doel op hierdie aarde, want God het en is steeds besig om haar in haar ma se skoot aan mekaar te weef, soos dit in Jesaja staan.

Dis uit hierdie oog punt en vanuit hierdie perspektief dat ek vandag op my knieë gaan om klein Jae aan God se voete te lê. Niemand kan so mooi na klein Jae kyk soos ons Hemelse Vader nie… iemand kan haar beskerm soos haar Hemelse Vader nie… niemand kan haar gesond maak behalwe haar Hemelse Redder, Verlosser en Saligmaker nie.

Here God,

Ons prys U vir nog ‘n pragtige dag in ons mooi land. Here dankie vir die voëltjies wat sing en die groen blaartjies wat U natuur so mooi versier. Dankie Here vir U liefde wat ons dra en beskerm en regop laat staan. Dankie Here vir U genade wat ons elke dag aan die lewe hou… en wat ons toe laat om die lewe ten volle te geniet.

Here vergewe asb. al my sondes wat tussen my en U staan. Here vergewe my, sodat geen sondes in die pad van m gebed vir Jae sal ka staan nie. Here was my skoon met die bloed van Jesus, en Here seën my met die drang om meer en meer soos U te probeer wees en om minder, en minder te sondig.

Here ek kom staan weer vandag nederig voor U troon, nee Here ek klim sommer op U skoot om klein Jae vir U te gee… Here God, as dit U wil is genees haar, Here. Here gee dat elke orgaan en elke deeltjie van haar liggaam mag funksioneer soos U dit bedoel het om te funksioneer. Here gee vir ons vrede in ons harte om U besluit, en U wil te aanvaar. Here gee vir Jae se ouers die krag wat hulle nodig het om U wil na te volg en U er bo dit alles te verhewe.

Here God, draai hierdie mensies toe in U liefde, so snoesig en warm soos ‘n wol kombers in de winter. Here gee dat hulle albei op U skoot sal kom sit, en hulle rus en vrede by U kom vind.

Here as ek mag vir ek vra vir ‘n verbetering in Jae se kondisie teen Vrydag. Here deur die bloed wat U Seun vir ons op die kruis gestort het gee U vir ons die mag oor siekte en hartseer. En daarom bid het Here met oortuiging en geloof en glo ek dat daar wel ‘n positiewe uitslag Vrydag sal plaas vind. Here seën ons en hoor ons gebede.

Ons bid dit alles in die naam van Jesus Christus
Amen

Sunday, November 11, 2007

Gebeds Versoeke

Nou kan julle ook begin om vir ons gebedsversoeke te stuur. Ek sal more die RSS feed deur Feedburner opstel, dan kan julle daarop ook inteken.

Prayer for Perseverance

Hier is 'n gebed vir all die Christene wat gevangenis gehou word... mag die Here hulle die krag gee om regop te bly staan. Die oordponklike gebed is deur James J. Metcalfe geskryf. Ek het hier en daar 'n woordjie of twee verader.

Prayer for Perseverance

Lord,let Thy wisdom melt into my heart and the hearts of those Christians who are being persecuted because of their faith...And give them and me courage to be always true...
Teach all Christians to be sincere in what ever they do... And keep the honor of our daily art...
Show us the way to make another start... Where life is young and melodies are new... Where goodness grows and jealousies are few... And perseverance plays a noble part... For that is all that we would have today... To take the proper path and persevere... And be un-noticed all along the way... Until the end of everything is near...And then, before we go, to hear them say... His life was like a prayer from year to year.

Friday, November 9, 2007

Nederig vertou ek my kinders toe aan U.

Ek sal nooit my angs en onsekerheid vergeet daardie dag wat ek my mini skottie vir die eerste keer by die kleuterskool afgelaai het nie. Ek was vertroud met die mense want my liefste erf stukkie was jare lank ook daar, maar tog het ek daardie dag met trane van hulpeloosheid in my oë en ‘n vrag va oneindige skuldgevoelens na my motor gevlug.

Oppad werk toe moes ek toe maar weer my braafste gesiggie opverf - mascara en rooi lippies help nogal baie hier voor. En nou, nou geniet my liefie baba die skool die heel meeste… hy is lief vir speel en is lief vir sy maatjies, hy blom behoorlik… want hy het spasie om te groei.

Op die selfde manier moet ons as ouers onthou dat ons, ons kinders in God se hande moet oorgee, want Hy behoort tog in beheer van hulle lewens te wees, inplaas van die goot eie ek, en jy en sy en almal wat dink hulle weet van beter.

Dis juis hieroor dat ek gereeld die volgende gebed bid…


Liewe Heer

Ek kom in Jesus se naam nederig voor U troon om my kinders, ……….. en …………. aan U toe te vertrou. Ek glo hart siel en verstand dat slegs U weet wat die beste vir hierdie twee punte van my hart is. Slegs U weet waarlik wat hulle nodig het en hoe daar na hulle gekyk en vir hulle gesorg moet word.

Vandag verbind ek my om oor alles rakend my kinders, met U te gesels. Mag ek nie my wil op U en op hulle probeer afdwing nie. Dankie Here dat ek nie hierdie tweetjies alleen hoef groot te maak nie. Dankie Here dat ek kan weet dat U my sal lei en dat ek nie elke nuutste, state of the art parenting boek vir die antwoorde hoef te raadpleeg nie.

Danke Here dat ek U kan vra vir geduld en vir wysheid en vir die regte riglyne om my kidders tot eer van U naam groot te maak. Dankie Here dat U my geseën het met twee wonderlike seuns as geskenke reguit uit die hemel. Here help my om mooi na my geskenkies om te sien.

Here wys vir my waar ek onnodiglik aan hulle klou en so hulle groei verdring. Here help my om hulle vry te maak van my laste en my verwagtings. Here maak my vry van die verlammende effekte van vrees. Here bring my na ‘n plek waar ek ware vrede en geluk kan ervaar. Here gee dat die oorsprong van my geluk en vrede die wete dat U in beheer is, sal wees. Here ek maak slegs op U staat vir dit wat ek nodig het. Here ek vertrou my kinders toe aan U beskerming, beskerming wat vêr buit my bereik is.

Ek bid dit alles in U grote Naam.

Amen

Wednesday, November 7, 2007

gebed vir my man se vrou

Op die beste van dae sukkel ek om ‘n multi layered, multi tasking vrou van die 21 eeu te wees. Net so wanneer dinge vir my te veel wil raak, kniel ek by die Here, een dan help Hy my. Jesus het my geleer dat voor ek aan mense wil staan en verander, moet ek eers na myself begin kyk, en daarom is my eerste gebed vir my man se vrou.

Liefste Koning Jesus

Vanaand kom sit ek hier op U skoot, en ek wil graag erken dat ek glad nie tot enige iets instaat is sonder U nie. Ek kan nie eers die tuin van my lewe in stand hou nie. Here daar is vlekke, slegte plekkies wat die vrugte van my hart bederf. Here verwyder die goggatjies, hier uit my hart, wat al daardie skade aanrig. Here daardie goggatjies kan ek sommer in so ‘n hele string op noem: hulle name is selfsug, ongeduld, en geïrriteerdheid. Here spin hulle toe in die kokon van U genade en laat daar skoenlappertjies van goedhartigheid, lank moedigheid en die gewilligheid om ander se laste te dra, uit kruip.

Here neem die onkruid van my ou slegte gewoontes, negatiewe ingesteldheid, onregverdige verwagtings en self verdedigende standpunte weg. Here saai die saad van geduld, goed hartigheid, getrouheid, nederigheid en sagtheid.

Here net U, die grootte Tuinier kan hierdie oerwoud van ‘n hart in ‘n mooi, vrugbare, God-aanbiddende tuin verander. Wys my die onkruid wat nog moet uitgeroei word Here, veral die wat my liefde en my verhouding met my man verdring.

Ja Here, soms is ek nie liefdevol nie, ek kritiseer hom, ek word kwaad, ek wil soms ook wraak neem, en soms bewys ek ook nie die respek wat ek behoort te bewys aan my man nie. Here gee dat ek van hierdie selfsugtige onkruid sal kan afstand doen, maak nie saak hoe ek voel nie. Here gee dat ek sal kan vergewe sonder om ooit weer terug te kyk.

Here gebruik my as ‘n vrede maker, en iemand wat genesing in my verhoudings met ander kan bring. Here maak asb. die lyne van kommunikasie tussen my en ander mense oop. Here maak my, my man se lewenslange helper, sy siels-genoot, sy friend, en sy pilaar van ondersteuning.

Here gee dat ek ‘n spesiale plekkie vir hom sal kan inrig, waar hy rustig en vreedsaam kan verkeer, Here gee dat hy by my kan veilig voel. Here help my ook om tussen dit alles steeds ‘n tydjie in te ruim om myself te versorg. Here laat my groei om ‘n kreatiewe, sterk vrou met vuur in my gees en die nodige self vertroue te wees. Here mag my man ten alle tye trots wees om my as sy vrou te hê.

Here hier voor U kruis kom sit ek nou al my verwagtinge. Here ek ontslaan my man van enige laste wat ek hom onnodiglik oplê. Laste wat ek eintlik vir U moet gee. Here help my om hierdie man wat U vir my gegee het te aanvaar nes hy is, sonder om hom te probeer verander. Here as daar enige veranderings in hom nodig is, Here plaas ek dit in U hande, vorm hom soos U goed dink, en soos ek wil nie. Here help my om te onthou dat slegs U perfek is, en dat ek na U moet opkyk om ons perfek by mekaar te laat pas.

Here leer my hoe om vir my man te bid, en leer my om te verseker dat my gebede sal spreek van my onbeskryflike liefde vir my man. Here wys my wat onvoorwaardelike liefde regtig is, en Here snoei ons liefde, daar waar daar dooie puntjies is, sny hulle uit, en kweek asb. nuwe liefde om die dooie stukkies te vervang..

Here bring ‘n gevoel van enigheid tussen ons.. Mag die Here van geduld en liefde ons toe laat om die selfde oor goed te begin dink, om soos Jesus oor goed te begin dink.

Mag ons saam werk om mekaar aan te vul. En help ons om saam na vrede te streef. Here mag ons commitment tot U en mekaar sterker word by die dag, mag ons meer passievol oor U en mekaar word, elke dag.

Here staan my man by, in sy taak om die Hoof van ons huis te wees. Wys my Here, hoe om sy leiding te aanvaar en hoe om hom te ondersteun. Here gee my die perspektief om sy drome en wense te verstaan. Wys my Here wat dit is wat my man nodig het, en wys ook vir my moontlike probleme uit, voordat hulle kan skade doen. Here bring nuwe lewe na ons verhouding.

Here vernuwe my hart, siel, gees en verstand. Here maak my ‘n nuwe mens, met nuwe perspektief en ‘n nuwe uitkyk op die lewe. Help my om met nuwe oë na my man te kyk, met vernuwe waardering, nuwe liefde, nuwe aanvaarding en ‘n vernuwe getrouheid. Here gee vir my man, ‘n nuwe vrou, Here laat daardie nuwe vou ek wees.

Ek bid dit alles in die naam van my Verlosser en Salig maker, Jesus Christus.

Amen.