My Hemelse Vader
Baie dankie vir die manier hoe U gisteraand en vanoggend met my gepraat. Dankie Here vir die duidelike manier waarop U my aangespreek het. Here baie dankie dat U ook my droom weer vir my bevestig het. Here ek gaan my droom nou weer vir die heel eerste keer in ‘n lang tyd, hier voor U uitspel.
Here ek droom daarvan om as leier van ‘n organisasie op te staan en onder U direksie en konstante leiding, my aanleg vir kommunikasie te gebruik om ‘n verskil in die lewens van mense te maak. Here ek het opnuut besef dat elke siel vir U belangrik is en dat ons nie kan wag vir daardie siele om na ons toe te kom nie, maar dat ons na hulle toe moet gaan.
Here en daarom glo ek dat U my in die telekommunikasie bedryf geplaas het, en daarom het u my die kontakte gegee wat ek nou mee saam werk, en dat dit alles in U groot plan gaan val. Here terwyl ons droom in wording is, Here gee my die wysheid om te onderskei tussen U plan en my eie begeertes, en U plan en my eie en dan ook die duiwel se planne.
Here ek gee my gedagtes en my optrede heelhartig oor aan U en ek glo dat U my sal lei om U woord uit leef en om aktief ander mense aan te raak met U liefde. Here mag ek vir U skyn, en kind deur en deur wees.
Here daar is so baie wat ek nou dadelik kan doen om mense te bereik, Here help my deur my die dissipline te gee om tyd vir U take te maak. Gee dat ek alles in my vermoë sal doen om U naam groot te maak.
Here dankie dat U vir my lief is en dat ek vir U mag lief wees.
In die naam van God die Vader en God die Seun en die Heilige gees,
Amen
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment