Vertroue…. Wat is dit nou eintlik? Want beteken dit om iemand te vertrou? Die woordeboek definisie hiervan lui soos volg: die vermoë om op die eerlikheid, krag, vermoë, sekuriteit ens. Van ‘n persoon of ‘n voorwerp staat te maak.
As ek so na hierdie sinnetjie kyk kan ek daarom werklik verstaan hoekom my oudste seun sukkel om mense te vertrou. Jy sien hy is as klein seuntjie deur sy ma, vrywilliglik, by sy pa agter gelaat. Oor en oor het hy verwerping van sy biologiese ma af beleef, dit het daartoe gelei dat op die ouderdom van 9, vertrou daai seuntjie drie mense, sy pa, sy biologiese oupa en sy biologiese ouma.
Na bykans 6 jaar wat ek al vir hom sorg soos my eie, sukkel hy steeds om te glo dat nie gaan weg gaan nie. Ek probeer my bes om hom gerus te stel, maar in sy gedagtes word elke menslike foutjie vergroot en uit proporsie geruk. Dis nie sy skuld nie, maar dit is vir hom ‘n groot struikel blok in sy lewe.
Maar as ek weer na daardie sin kyk verstaan ek glad nie hoekom ons so sukkel om die Here te vertrou nie, Gold is nie oneerlik nie, God is almagtig, aan Hom behoort al die mag en krag van die wêreld. God is die Skepper van die heelal, daar skort niks met sy vermoë nie en Hy beskerm ons, Hy het self sy Seun gegee sodat ons nie in die verderf in hoef te gaan nie.
Vandag se versie is
NUMERI 14:11Die Here het vir Moses gesê: "Hoe lank sal hierdie volk my almag bly onderskat? Hoe lank sal hulle weier om op My te vertrou ten spyte van al die wonders wat Ek onder hulle gedoen het?
My liefste vriende, stuur vir my deur middel van die kommentaar blokkie, of die gebeds versoek blokkie, julle stories oor hoe en waar die Here Sy Almag aan jou geopenbaar het. Kom ons getuig van God se liefde sodat die wat dit nog nie ervaar het nie, ‘n stukkie van ons Hemelse Genade Koek kan proe.
Here God, Koning en Regeerder oor ons lewens, Here versterk ons vertoue in U en Here ek wil veral vir my kind bid, Here herstel sy vertroue band met U, sodat hy nie op ‘n wonderlike lewe saam met U sal uit mis nie.
Here gee dat almal wat U wil he moet hulle getuienis met ons deel sal gehoorsaam wees en dit vir ons stuur.
Vader ons bid dit alles in U naam.
Amen.
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Friday, July 25, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment