In vandag se tyd, waar ons almal finansieel swaar trek, is die onderwerp van geld en finansies op almal se lippe. Daar is nie ‘n gesprek wat hierdie week verby gegaan het, waarin daar nie melding gemaak was van hierdie onderwerp nie. Dis ‘n probleem wat besig is om soveel mense in Suid Afrika en wêreld wyd te verteer.
Gister middag het ek die kinders ouder gewoonte in die laat middag verkeer hier in die Jakaranda stad, by die skool gaan haal. Daar was ‘n vreugde wat ons motor vervul het, ons het gelag en gesles, maar op ‘n stadium het ons begin agter kom, (op die noot van Shine, van Newsboys) dat ons in die minderheid is. Die meeste mense lyk soos katjies wie se room van hulle af weg geneem is, hulle kenne hang op die grond, hulle gesigte is bleek en hulle oe is dol leeg. Ons begin toe die mensies met glimlagte op hulle gesigte tel, op n stukkie pad van 5 km, was daar presies vier van ons. Die drie van ons in my motor, en een ander man. En nee hy was nie ‘n ryk van so op die afstand wat ek hom gesien het nie, hy ry ‘n dood gewone, klein 4 deur motortjie, het sy werks klere aangehad, maar hy het gestraal toe ons by hom verby ry.
Net op daardie oomblik lees die omroeper op die radio Mat 6: 24
“Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie."
En hy pleit by Suid Afrikaners om nie nou te midde hulle moeilike tye, Mammon, die god van geld te begin aanbid nie.
En ewe skielik besef ek hoeveel van ons of ons nou te veel of te min het, is besig om onbewustelik te veel aandag aan Mammon te gee. Ons het verval in ‘n groef van begeerte en bedrukking oor dit wat ons nie kan kry nie.
Liefste vriend en vriendin, ek skryf nie hier vanuit ‘n plek waar ek finansieel gemaklik is nie, ek is ook ma, ook vrou. My oudste seun het spesiale behoeftes te opsigte van sy emosionele groei en daarom, ja, betaal ons meer vir sy onderrig, ons moet ook petrol en veral diesel vir die plaas koop en bo-op dit alles, het ek vanaf 18 Julie nie meer ‘n vaste betrekking nie. My skoon moeder stel dit tog so mooi as sy saam met my die ligter kant van die situasie probeer sien en sy noem my dan speels “financially embarrassed”, finansieel verleë.
Maar ook hierin moet ek dankbaar wees vir die kans om tyd nou ten volle aan my God te kan wei. My Here besit nou my tyd en nie meer my werk gewer nie. EK moes ‘n definitiewe keuse maak, en dit doen wat reg is in die oë van die Here. Die Here weet dat ons moet eet en warm wees en moet skool en werk toe ry. Hy weet wat my kind nodig het, nog beter as ek of sy pa en Hy weet wat ons behoeftes is. Al wat Hy vra is dat ons, ons volkome vertroue op Hom sal openbaar en ons behoeftes aan Hom sal bekend maak, net soos ons kinder hulle behoeftes sonder skroom aan ons as hulle ouers bekend maak.
Gaan lees weer Mat 6, en dan bid jy saam met my:
Here God, Almagtige en Liefdevolle Vader.
Here ons kom staan hier voor U genade stoel en ons vra dat U ons in hierdie tyd sal weerhou daarvan om ons hoop in Mammon, die god van geld te plaas. Here maak dit aan ons duidelik dat geld niks meer on niks minder is as ‘n paar stukkies papier en metaal en plastiek in ons beursies is nie. Here U het nie geld nodig om na ons om te sien nie, want U Vader is almagtig en U het die wêreld sonder geld gemaak, U het U Seun verniet aan ons as mense gegee, U Seun het die prys van ons verlossing names ons betaal.
Here dit wat ons het ons by U gekry, leen ons net by U, dit bly U geskenke aan ons, en ons moet dit tot U verheerliking gebruik. Here daarom vra ek, Here neem oor die finansies van elke gesin in Suid Afrika, Here bestuur dit soos U dit goed dink.
Amen.
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Thursday, July 24, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment