Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Sunday, August 31, 2008

En daar staan ek toe weer rooi in die gesig van skaamte, so met my hele voet in my mond...

My liefste maatjies in Jesus Christus, ek hoop dat julle Sondag in die aangesig van ons God geniet het. Hierdie naweek het die Here weer bietjie hier binne my gewerk en my ‘n kosbare les geleer. Uit my onvoorwaardelike, dog menslike liefde vir my man, het ek weer my spesiale gebed vir hom begin bid. Ek het dit begin doen omdat ek kon sien dat hy weer in hierdie afgelope paar dae swaar dra aan sy verlede. Maar, in my hoogmoed en menslikheid het ek half van God verwag om net weer hierdie gevoelens stil te maak, maar hoe harder ek bid, hoe meer voel dit of die swaard van ‘n verlede waaraan ek geen deel het nie, oor my begin hang, en hoe meer bedreig het ek gevoel.

En so sit ek toe weer in sak en as en sulk, omdat ek nie goed genoeg is nie, en omdat dinge nie volgens my wil verloop nie, en net daar praat die Here met my en Hy herhinder my dat ons sal kry wat ons voor vra, in my gebed vra ek nie dat hy die verlede moet stil maak nie, maar eerder dat hy my man moet help om dit te verwerk, en dan moet ek ook maar my hande vuil maak en hom help, deur die liefde van Christus in sy lewe te verpersoonlik. En daar staan ek toe weer rooi in die gesig van skaamte, so met my hele voet in my mond.

Maar dankie Vader dat ek om verskoning kan vra en net weer prober. So vandag saam met my gebed vir my man, kom my gebed vir my man se vrou.

Liefste Koning Jesus
Vanaand kom sit ek hier op U skoot, en ek wil graag erken dat ek glad nie tot enige iets instaat is sonder U nie. Ek kan nie eers die tuin van my lewe in stand hou nie. Here daar is vlekke, slegte plekkies wat die vrugte van my hart bederf. Here verwyder die goggatjies, hier uit my hart, wat al daardie skade aanrig. Here daardie goggatjies kan ek sommer in so ‘n hele string op noem: hulle name is selfsug, ongeduld, en geïrriteerdheid. Here spin hulle toe in die kokon van U genade en laat daar skoenlappertjies van goedhartigheid, lank moedigheid en die gewilligheid om ander se laste te dra, uit kruip.

Here neem die onkruid van my ou slegte gewoontes, negatiewe ingesteldheid, onregverdige verwagtings en self verdedigende standpunte weg. Here saai die saad van geduld, goed hartigheid, getrouheid, nederigheid en sagtheid.Here net U, die grootte Tuinier kan hierdie oerwoud van ‘n hart in ‘n mooi, vrugbare, God-aanbiddende tuin verander. Wys my die onkruid wat nog moet uitgeroei word Here, veral die wat my liefde en my verhouding met my man verdring.

Ja Here, soms is ek nie liefdevol nie, ek kritiseer hom, ek word kwaad, ek wil soms ook wraak neem, en soms bewys ek ook nie die respek wat ek behoort te bewys aan my man nie. Here gee dat ek van hierdie selfsugtige onkruid sal kan afstand doen, maak nie saak hoe ek voel nie. Here gee dat ek sal kan vergewe sonder om ooit weer terug te kyk.Here gebruik my as ‘n vrede maker, en iemand wat genesing in my verhoudings met ander kan bring. Here maak asb. die lyne van kommunikasie tussen my en ander mense oop. Here maak my, my man se lewenslange helper, sy siels-genoot, sy friend, en sy pilaar van ondersteuning.

Here gee dat ek ‘n spesiale plekkie vir hom sal kan inrig, waar hy rustig en vreedsaam kan verkeer, Here gee dat hy by my kan veilig voel. Here help my ook om tussen dit alles steeds ‘n tydjie in te ruim om myself te versorg. Here laat my groei om ‘n kreatiewe, sterk vrou met vuur in my gees en die nodige self vertroue te wees. Here mag my man ten alle tye trots wees om my as sy vrou te hê.Here hier voor U kruis kom sit ek nou al my verwagtinge. Here ek ontslaan my man van enige laste wat ek hom onnodiglik oplê. Laste wat ek eintlik vir U moet gee. Here help my om hierdie man wat U vir my gegee het te aanvaar nes hy is, sonder om hom te probeer verander. Here as daar enige veranderings in hom nodig is, Here plaas ek dit in U hande, vorm hom soos U goed dink, en soos ek wil nie. Here help my om te onthou dat slegs U perfek is, en dat ek na U moet opkyk om ons perfek by mekaar te laat pas.

Here leer my hoe om vir my man te bid, en leer my om te verseker dat my gebede sal spreek van my onbeskryflike liefde vir my man. Here wys my wat onvoorwaardelike liefde regtig is, en Here snoei ons liefde, daar waar daar dooie puntjies is, sny hulle uit, en kweek asb. nuwe liefde om die dooie stukkies te vervang..Here bring ‘n gevoel van enigheid tussen ons.. Mag die Here van geduld en liefde ons toe laat om die selfde oor goed te begin dink, om soos Jesus oor goed te begin dink.Mag ons saam werk om mekaar aan te vul. En help ons om saam na vrede te streef. Here mag ons commitment tot U en mekaar sterker word by die dag, mag ons meer passievol oor U en mekaar word, elke dag.Here staan my man by, in sy taak om die Hoof van ons huis te wees. Wys my Here, hoe om sy leiding te aanvaar en hoe om hom te ondersteun. Here gee my die perspektief om sy drome en wense te verstaan. Wys my Here wat dit is wat my man nodig het, en wys ook vir my moontlike probleme uit, voordat hulle kan skade doen. Here bring nuwe lewe na ons verhouding.

Here vernuwe my hart, siel, gees en verstand. Here maak my ‘n nuwe mens, met nuwe perspektief en ‘n nuwe uitkyk op die lewe. Help my om met nuwe oë na my man te kyk, met vernuwe waardering, nuwe liefde, nuwe aanvaarding en ‘n vernuwe getrouheid. Here gee vir my man, ‘n nuwe vrou, Here laat daardie nuwe vou ek wees.

Ek bid dit alles in die naam van my Verlosser en Salig maker, Jesus Christus.
Amen.

1 comment:

Anonymous said...

Wow, wat 'n inskrywing. Ek blogroll jou defnitief op ons blog en kom leer defnitief weer hier.