Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Monday, September 8, 2008

9 uur

My almagtige Koning God en Hemlse Vader,
Here dit is nou so skuins voor 9 op hierdie pragtige Maandag oggend. Her ons loof U vir die wondere wat U daagliks rondom ons verrig, en God ons prys U vir die manier waarop U f]daagliks na ons eleke behoefte omsien Here.

Maar Pappa, my hart is seer en ek voel hierdie dringende begeerte om nou met U oor ‘n seer en teer akie te praat Here. Here op on terug keer vanaf ons naweek weg, het ons gehoor van ons vriend Attie wat probeer selfmoord pleeg het. Here U weet van Attie Here, U ken hom, U het hom al in sy ma se baarmoeder aan mekaar geweef Here, en daar Here het U hom al geroep.

Here U weet dat Attie in die intensiewe eenheid van die hospital le en dat die koël nog agter sy regter oog vas sit Here. Vader ek staan op my knieë Here en ek vra vir geneesing daar Here, nie net vir Attie se fisiese gesondheid nie, maar vir sy emosineele welstand en sy geestelike welstand, en die van sy vroutjie en ook sy pragtige twee kinders Here.

Vader van gendae hoor my vadag o God, ek smeek U om die lewe van ons vriend te spaar en Here gee hom die geleentheid om as dit U wil is, dit wat hy deur gemaak het, met ander te kan deel en gee dat hy U liefde sal kan voel, daar waar hy nou op sy laagste punt is, daar waar hy nie weer self kan opstaan nie, o God hef hom in U hande op, Here, wees hom genadig en seën hom met U liefde en genade en geneesing wat net van U af kan kom.

Here ek vra dit, omdat U ons in U krag en deur geloof die mag oor pyn en siekte en gevaar gee Here, soda tons U vir genesing kan vra, ek vra U daarom in die naam van Christus Jesus Here laat hom lewe!
Amen.

1 comment:

Anonymous said...

Here, ek ken nie vir Attie nie, maar u ken hom. Soos Libby sê, u het vir Attie geskape met 'n wonderlike doel. En hierdie ding wat nou gebeur is nie daardie doel nie. Here, u het nog voor die grondlegging van die aarde gedagtes oor Attie gekoester van vrede en 'n hoopvolle toekoms.

Here, ons staan vandag teen hierdie aanval van satan, ons verklaar sy werke ongedaan en ons gebed is dat u vir Attie bonatuurlik sal genees op elke vlak wat hy dit nodig het.

Ons bid dit in Jesus se naam.