Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Tuesday, September 2, 2008

hier is my soentjies vir jou, hulle het uit die koevert uitgeklim en vladder nou daar rondom jou...

Oupie, vandag is jou verjaardag en my hart trek ‘n punt om daar by jou te wees. Op 84 is jy ‘n inspirasie, ‘n bron van wysheid.

As ek so aan jou dink en na jou kyk raak ek sommer weer lus vir die lewe. Jou lag weerklink hier in my binneste en jou sagte oë volg my steeds. As kinder was ons so bang vir daardie portret van jou, die een wat so stip vir jou kan kyk, maar nou, as jy so ver is, mis ek dit.

Die plooie op jou hande spreek van harde werk, en die min hare op jou kop maak dat jy Jesus se sag kunste soentjies soveel beter as die res van ons kan voel. Jou voete is plat op die aarde geplant, soos ‘n sterk, ou boom wat deur die jare al die elemente getrotseer het en sterker en mooier en met ‘n ryk karakter anderkant uitgekom het.

My liefste Oupa, mag onse hemelse Vader jou seen en jou nog baie jare vir ons spaar. Mag jy ook weer ‘n kans kry om my kinders die selfde rymies te leer wat ek geleer het, van Ou Tante Koba en die Blink Vos Perd.

Die transe sit naby, en my koffie kom nie verby die kno in my keel nie... hier is my soentjies vir jou, hulle het uit die koevert uitgeklim en vladder nou daar rondom jou. Baie geluk met jou verjaardag Oupa Hennie, ons is baie, baie lief vir jou.

No comments: