Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Tuesday, September 2, 2008

Dagstukkie - 3 Spetember 2008

Die koue môre het my met sagte soentjies wakker gemaak. Hoe heerlik was dit om wakker te word in die aangesig van my God. Dit was weer so asof ek as klein dogtertjie deur my aardse pappa wakker gemaak is.

Die vrede van die Here het my vȇrder vanoggend gevolg, alles na my kreet om hulp gisteraand. Ek het toe in my motor geklim, vanoggend, en oor Radio Kansel het Ds. Johan Els se woorde so reg op my hart geval: “Ignoreer die mense wat perke op jou lewe wil stel.” So deur Sy spreuk buis en gehoorsame dissipel, het God my die antwoord gegee wat ek nodig gehad het. Ds. Johan et vȇrder uitgebrei deur die verhaal van die 1000 paddatjies te vertel.

Die verhaal loop so: Daar was op ‘n dag 1000 baie klein addatjies wat besluit het om teen ‘n baie hoë toring uit te klim. Die wenner sou die een wees wat heel eerste bo sou uitkom. Die skare hier onder het heeltyd geraas en gegil dat hulle moet versigtig wees, want hulle sal dit nie kan doen nie, “dis onmoontlik, heeltemal te moeilik en hopeloos te gevaarlik!” het hulle aangehou vermaan. So het een paddatjie na die ander opgegee, 999 van hulle. Maar een paddatjie het dit to bo gemaak.

Die ander paddas het begin ondersoek instel oor hoekom hierdie paddatjie dit kon doen en hulle nie, hoekom het hy sy doelwit bereik en hulle nie, dis toe dat hulle agterkom dat die wenner onder hulle, die volharder, doof was.

Bid Saam met my:

"My wonderlike Vader van liefde en genade, Pappa wat U oor my ontferm. Here dankie vir die vrede in my hart, dankie vir insig, want my instaatstel om perspektief te behou en Here dankie vir U krag.

Pappa God, gee my die wysheid en meer as dit die afhanklikheid en gehoorsaamheid om U word tot op die letter n ate volg. Here vir solank as wat ek in U woord en in die waarheid handel, is ek tot alles in staat deur U wat my krag gee.

Vader brandmerk hierdie woorde op my gedagtes en my hart van vandag af, tot en met ewigheid.
Amen!”

No comments: