Goeie More Pappa
Here baie dankie dat U weer ons water herstel het O God, sonder moeilikheid, sonder vrae, sonder enige komplikasie. Here baie dankie dat U so mooi na ons omsien. Here so aan die einde van die jaar word ons lewens so baie deurmekaar en besig, en Vader soos U vanoggend vir my uitgewys het in Prediker 12:9-13
9
Die Prediker was nie net 'n man met wysheid nie, hy het ook die volk onderrig. Hy het nagedink, nagevors en baie spreuke gemaak.
10
Hy het daarna gestrewe om hom raak uit te druk en die waarheid getrou op te teken.
11
Die woorde van mense met wysheid is soos skerp stokke, versamelde spreuke is soos spykers wat ingeslaan is. Hulle is deur een Herder gegee.
12
Die belangrikste van alles is: My seun, wees versigtig! Daar kom nie 'n einde aan die skryf van baie boeke nie, te veel studie ooreis die liggaam.
13
Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word.
14
God sal rekenskap eis oor alles wat gedoen word, ook oor wat in die geheim gedoen word, of dit goed is of kwaad.
Here hier herinder U ons daaraan om ten alle tye eerlik te wees en 'n balans in ons lewens te handhaf. Die groot sleutel tot ons balans is tog dan die tien gebooie. In engels staan daar: "have reverence for God, and obey His commandments, because this is all that human beings were created for..."
Vader daarom vra ek dat U my weer opnuut sal lei in die besluite wat ek neem, Vader hou my eerlik, vervul my met U waarheid, sodat daar nie plek vir oneerlikheid in my sal wees nie. Vader van Genade seen die werke van my hande, Vader gee dat dit werke sal wees wat slegs onder U opdrag uitgevoer sal word.
Vader God, ons smeek U dan ook steeds in aanbidding vir reen o Heer, Vader die veld is droog en die diere kry swaar, en die boere het dringend U seen nodig Vader. Here laat die wolke reen op ons neer stort o God en bring verligting aan ons dors.
Amen
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Monday, September 22, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment