Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Monday, September 22, 2008

Ons is steeds afhanklik van Hom

Die Here my God, wat my nooit verlaat en my nooit in die steek laat, het vandag Sy woord vir my oop gebreek in Spreuke, ek ws opsoek na advies jy sien.

Vandag se les in my lewe loop so, so vier jaar terug, het ek en my skottie byna alles verloor, ons ws beide werkloos en boonop was my jongste nog nie eers een week oud nie. Geld was maar min, maar God het ons so naby aan Hom gehou, dat ons nooit enige iets gekort het nie, nie kos nie, nie klere nie, nie petrol nie.

Tot en met April vanjar was ons steeds so van dag tot dag afhanklik van God, en elke dag moes ons bid vir die dag van more. In April, het die Here ons finansieel onafhanklik en vry gemaak. Ons kon al ons skuld betaal, en 'n nuwe lewe met nuwe voor uitsigte begin. Nuwe geleenthede het na ons kan toe gekom en alhoewel ek nou 'n meer intieme verhouding met my GOd het as ooit te vore, het ons sin vir sekuriteit stadig maar seker na ons bank belaans versjuif, eerder as om in ons God gewortel te bly.

DIe Here het soveel keeer trots vir my uitgewys in die laaste paar weke, en so het ek wel aan my eie trots begin werk, maar nooit het my sekutiteit was so baie van my bank balans afhang eers as probleem by my opgekom nie. Dit was todat ons verlede week eers vir twee dae sonder elektrisieteit gesit het, vir geen rede, sonder waarskuwing, het die plaas en ons lewens stil gestaan. DIt probleem is toe uitgesorteer en ons het weer begin asem haal, toe daar Donderdag aand 5 van my skottie se moiste, beste beeste gesteel en geslag is, saam met dit het ons water pomp gebreek en tens spyte van al ons gespartel, sal dit eers vandag of dalk eers more reggestel wees.

Die versoeking was groot om kwaad te word en my speelgoed rond te gooi, maar eerder as dit dank ek my GOd omdat Hy vir my uitgewys het, dat ons as gesin arogant geword het, ten opsigte van waar ons sekuriteit le, en net so vinnig as wat ons God ons opgehef het, kan ons dit alles verloor.

Ons is steeds afhanklik van Hom, vir alles. Dit wat ons het, is net vir ons geleen en ons moet dit elke dag waardeer. So het ek vanoggend my God gevra om vir my advies te gee sodat ek my gesin kan lei om weer afhaklik van Hom te wees, en so het hy Spreake 15 vir my gegee. Hy het met my gepraat oor geduld en oor eerlikheid en ook oor dwaasheid, die dwaasheid van eie wysheid en op jou self staat maak.

Vanaand na ete sal ek saam met my gesin sit en hierdie versies met hulle deel, sodat ons ook weer ons fokus kan terug kry.

Amen.

No comments: