Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Friday, September 12, 2008

'n wonderlike laslappie familie

Hemelse Vader

Vandag kom maak ek my nederig, as 'n mamma, hier voor U troon. Vader soos U weet het ek 'n wonderlike laslappie familie, met my optel seuntjie van 9, my eie wyse aspatat van amper 4 en dan my ou skottie.

Here ongelukkig was ek nie by my oudste se opvoeding betrokke van die begin af nie, en ongelukkig het daar so baie in sy lewe gebeur wat sy lewe to so op sy kop gedraai het, Here daar is soveel wat hom seer gemaak het, en sy hart en siel en verstand dra die letsels van soveel konflik en ongesteldheid.

Here alhoewel my kindertjies so baie verkil wil ek tog die selfde gebed vir hulle bid:

Here hierdie twee seuntjies is soos vrugbare landery, so vol potentiaal en so belowend. Here as ouers probeer ons ons bes om hierdie landerye te bewerk, sodat daar nie plek is vir die onkruid van hierdie wereld om op hulle 'n hou vas te kry nie.

Vader seen ons as ouer om die regte saadjies op die regte tyd, met die regte versorging op hierdie landerye te kan plant. here, maak seker dat hierdie saadjies aan U standaarde voldoen en dat ons as ouers sal seker maak dat ons U drome vir ons kinders sal na jaag, Here en nie ons eie drome vir hulle nie.

Vader in vandag se tyd word ons kinders op so 'n jong ouderdom gekonfronteer met pronografie en geweld en geestelike konspete wat so ver van hulle Christen huis af verwyder is, en daarom Here wil ek U vra, om die kommunikasie kanale tussen ons en ons kinders oop te hou Here.

Here begin by my, en by hulle pappa, maak ons geduldig, en toeganklik en rustig en gee dat ons sal aanhou tyd maak vir ons kinders sodat hulle met ons sal kan praat. Here gee dat ons dade en ons woorde die selfde taal sal praat en Here gee dat ons saam met ons kinder, die negatiewe gedrag van ons almal se voorgesalgte hier sal laat dood loop, maar gee ook dat ons die wysheid sal he om met die positiewe geskiedenis en tradisies en beginsels voor te gaan en 'n nuwe generasie van Christus mensies voort te bring.

Vader klee ons kinders ook in U wapenrusting Here:

Rus hulle toe met die waarheid as gordel om hulle heupe, die vryspraak deur God as hulle borsharnas, en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. Daarby moet hulle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal hulle al die brandpyle van die Bose kan afweer. Here sit vir hulle verlossing as helm op en gee hulle die swaard van die Gees, dit is die woord van God.

Here dit alles doen ons soos U ons in Ef 6:18 vermaan: "Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges."

Vader seen ons gesin en ons familie lede, die wat nog met ons is, die wat heengegaan het, en Here stort ons liefde en U liefde oor die wat ver is.

Amen

1 comment: