Ek het vandag vir die eerste keer die volgende waarheid gehoor, en dit het my so tussen my bruin ogies geslaan: "A lie remains a lie, no matter whether everyone believes it, or no one believes it. The same is true for the truth: the truth is the truth, no matter if no one believes it, it remains the truth!"
Hemelse Koning en Vader
Hierdie week was dol en deur mekaar en veel eisend, en ja die heeltyd was U in my gedagtes en ja die Hele tyd het ek sulke vinnige sms gebedjies gebid en my kinders van U vertel en hulle probeer coach om nie hooligans te wees nie, maar die feit van die saak is dat as ek net soos al die ander weke my dag saam met U begin het, sou ek soveel meer gedoen gekry het.... wanneer gaan ek leer, dat U die midelpunt van my nuwe lewe is en dat ek nie my skedule names U kan reel nie, dat dit by U planne moet inpas, maak nie saak wat ek dink gedoen behoort te word nie?
Here daarom kom sit ek weer hier voor U en ek wil heel eerste U dankie se vir die pragtige, sagte maanlig wat my vanoggend deur my kamer venster kom wakker maak het. Dit was so skuins na 5 en dit was die vreedsaamste manier om wakker te word, ek kon U daar by my voel, en so is ek herinder aan my nood om so na aan U te wees.
Here ek wil weer vandag op my kniee kom pleit vir reen Here, ons het dit tog so desperaat, baie nodig. Vader seen ons Here, laat die Wolke vol word en laat hulle U seen op ons neer stort Vader.
Here ek wil ook vir U vra vir uitkoms met die krisis daar ver, Here ek wil so graag vandag kan help, maar my hande is afgekap, Vader bring hoop en uitkoms, en Vader wys my wat ek kan doen om te help.
Here seen ons vandag Vader, vernuwe ons denke, en Here maak ons toegewy aan die waarheid, aan U waarheid, die suiwer, reine waarheid, wat deur geen mens ongedaan gemaak kan word nie.
Amen
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Wednesday, September 17, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment