Hemelse Vader, Almalgtige en Alomteenwoordige Leier, vannaand sit ek hier, en dis so diskant die midder nag uur. Daar buite hoor ek niks behalwe die oorwelgende stilte van die nag, en net hier en daar sny die jakkalse se stemme soos 'n skerp mes deur die donker.
Hier binne sit ek op die stoep van my siel en kyk na die tuin van my lewe. Vadat U die hoof tuinier geword het, is daar meer orde, minder onkruid en sommer baie meer vreugde. EN daarvoor kan ek nie U lof genoeg besing nie Here, ek kan nie genoeg dankie se nie, ek kan nie ophou borrel nie. Daar is nog hoekies en plekkies waar ek U nog nie toe gelaat het om te skoffel en te werskaf nie, en dis daardie plekkies en goedjies wat ek vannaand voor U voete kom neer sit, sodat U dit ook vir my kan mooi maak.
En Here, terwyl ek hier voor U voete buig, wil ek met U gelses oor die donder storm wat daar op die horison broei. Here daardie storm is die nagevolg van die teenstand wat ek kry omdat ek U opdrag aan my, tot op die letter gevolg het, en steeds volg.
Here ek onderwerp my aan U beskerming en U verdere leiding, sodat ek in U glorie sal kan dans tussen die reen druppels van daardie storm. Here alhoewel so 'n storm ons baie keer die skrik op die lyf kan jaag, is dit tog so belangrik dat daardie storm kom, sodat die hael slae dit wat nie sterk is nie, kan uitwis, en dit wat reeds sterk is verder kan versterk.
Here die weerlig stimuleer die grassies om groen uit te loop en die wind kam die bome se blare... en U vrede kom oor my wat ek weet ek kan kies, temidde van die moontlike verwoesting en hartseer, kan ek of onder die bed gaan weg kruip en sonder letsels, maar ook sonder meer kennis en deurnis en liefde anderkant uit loop, of ek kan jubel oor die nuwe lewe, die reuk van die stof wat nat word en deur die Nuwe Water deurdrenk word, ek kan my my verbly in die voorreg om as gevolg van my gehoorsaamheid aan my God, verafsku te word.
Here God, hier staan ek, hou my sterk genoeg om onder U sambreel in te kruip en saam met U die storm te trotseer!
Amen.
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

2 comments:
Ja Here, en hier sit ek ook, agter my rekenaar en lees hierdie gebed en sluit myself hierby in. Ek weet dat in elke storm u my sterker ander kant uitvat. Dankie vir u sambreel wat op die regte tyd tot my redding kom
Hi Riaan, so baie dankie dat jy so gereeld my blog lees. Dankie vir jou wat saam met my bid.
Post a Comment