Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Thursday, September 11, 2008

'n Vooreg, eerder as 'n reg!!

Baie dankie dat ek weer vanoggend saam met U kan kuier. Here baie dankie vir kinders wat vir U lief is. Here dit het my hart so verbly om Connel te sien en te hoor bid vir reën, op die jonge ouderdom van net drie. Here die siels gelukkigheid en die vrede wat U binne in daardie mensie geplaas het, is vir ons as ouers ‘n groot bron van plesier en genot.

Here, Keenan is besig om bietjie meer terug getrokke te word in sy openbare geestes lewe as ek dit so mag noem. Here hy sukkel met die vertrouens aspek van U kind wees, en sommer eintlik van net kind wees oor die algemeen. Here ek vra dat U hom sal neem en sy onskuld en kinderlike vertroue te herstel Here, sodat die muur wat hy so gedurig rondom himself bou, kan verbrokkel.

Here, maar die oorverdowende, borrlende entoesiasme wat U in hom laat rond fladder maak my warm hier binne, tot in my klein toontjie. Here sy grappies en grille en giere laat my giggle tot ek lȇ, en so maak hy seker dat hier nie ‘n boepie himself op my maag tuis maak nie.

Here vandag wil ek ook vir U dankie sȇ vir die voorreg wat ek het om as Mamma van twee nog my groot ouers saam met my te hȇ. Here die ander dag het ek daardie verjaardag wensie vir my Oupa, vir sy verjaardag geskryf en Here steeds lȇ my verwondering vir hom en vir my ander groot ouers so diep hier binne my, dat ek meermale wens dat ek hulle meer gereeld kan sien, meer gereeld tyd saam met hulle kan spandeer.

Vader, omdat dit nie altyd moontlik is om so ver te reis nie, wil ek steeds vir U dankie sȇ vir die somtyds onteidige, maar op die ou end brood nodige oproepe van ‘n oupa wat net wil hoor hoe dit gaan en vir die soet sms boodskape van ‘n ouma wat altyd gereed staam om saam te bid.

Vader vandag wil ek vra dat U ‘n knoop in my oor sal maak om daardie bederf pakkies wat ek nou al maande lank bepyns, klaar te maak en vir hierdie kosbare mensies, wat my lewe lank al saam met y is, te stuur.

Here dan wil ek ook vir U vra Here om ons ook te bederf met ‘n bietjie reën Here. Vader ek smag so na die reuk van ‘n silverskoon, nuwe wȇrled wat deur U genade storting gereinig is. Here die boere wat met al hulle bedrywighede die middel punt van ons bestaan is, het die water so reg uit U hand,so brood nodig Here. Vader van genade, skeur die Hemele oop en seen ons oorvloedig met U lewende water Heer.
Vader ek wil U ook net weer loof en prys Here vir die geleenthede wat U in die laaste maand oor my pad gebring het. Here dankie vir die geleentheid om ander te kan dien, my kennis te kan oor dra en so ook ‘n positiewe verskil in die toekoms van my and te kan maak.

Here ek wil ook baie dankie se vir die onvoorwaardelike ondersteuning wat ek van my Blondekop Skottie af kry Here. Sy liefde en sy toeganklikheid en raad en bereidwilligheid om te luister is vir my goud werd. Here dankie dat ons op ‘n plek in ons lewens gekom het, waar ons mekaar die spasie kan gun om heelhartig op U te vertrou, en mekaar in ons vertroue op God te kan ondersteun.
Here alles oor my werk is nuut en interressant en uitdagend en ek geniet myself so, om my passie te kan navolg Here, is so ‘n voorreg. Vader so baie dankie vir al die deure wat U besig is om vir ons oop te maak en Here gee dat ons die regte besluite volgens U wil sal maak en dat ons so die pad wat U vir hierdie besigheid uitgekerf het, sal kan stap.

Here, ongelooflik baie dankie vir die projekte waaraan ons tans werk Here. Vader baie van hulle hang in die lug en ek wil hulle graag afgehandel hȇ, en daarom Here lȇ ek hulle in U hande vandag, Vader, wys vir ons watter om aan aandag te gee, en watter om eerder te los. Vader seën die werke van ons hande sodat U deur ons besigheid vereer sal word.

Here maar bowen alles hou ons nederig voor U troon en afhanklik van U, in alles wat ons doen. Here maak ons sensitief vir U leiding en Vader maak ‘ns ‘n weerkaatsing van U liefde, vandag, heeldag, elke dag.
Ons bid dit in Jesus naam...
Amen.

1 comment:

Anonymous said...

Thank you Libby, your heart felt prayer was what I needed to hear today - we have this life to live and being a Christian makes ALL the difference. Kind regards Lynn