Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Thursday, November 13, 2008

Dankie vir die 4 stelle modder voetjies op die teels

Hemelse Vader en ons God van Genade
Daar buite is ons wereld nog toe onder die dons kombers van U wolke. Here die reën bring soveel vreugde. Gister middag het ons hier van die stoep af kon sien hoe die kiewiet kuikens deur die nat grassies hardloop en hoe die perde en donkies en kalfies in die veld, wat so mooi skoon gewas is, bokspring.

Here dankie vir die 4 stelle modder voetjies op die teels. Die vreugde wat my twee seuntjies uit hulle hondjies put maak my so warm hier tot diep in my siel. Die liefde wat so amper automoties is en die sagte “ag shame”, wat ons jonkste uiter elke keer wat hy sy hondjie sien slaap... Here dit alles verbly my hart.
Dankie Here vir die leiding wat ons gesin kry van die man wat U aan ons hoof gestel het Here. Hy wat ons met liefde en vreugde en volgens U woord lei. Here dankie vir sy ondersteuning, sy oop hande, sy vrygewige hart en sy onbeskryflike drang om ander te help.

Here ek wil nog steeds by my voornemens bly om slegs vir die bevordering van my verhouding met U as ook my gesins lede se verhouding met U te bid. Here tot nou toe het ek nog niks ontbreek nie en tot nou toe het U meer as mildelik voorsien aan al ons behoeftes, en daarvoor ons Hemelse Pappa wil ons U bedank.

Daar is een behoefte wat ek soos ‘n rooi streep deur my hele lewe kan trek. Here almal met wie ek in die afgelope week of so te doen gekry het, elke krisis, elke problem, elke uitdaging, Here sal opgelos kan word as ons net geduldig genoeg sal wees om op U God gegewe uitkoms te wag.

Here neem ons almal se hande, myne, my gesin se hande, my ouer, my broers en die res van my familie en vriende, Here en en gee ons vrede en kalmte deur U teenwoordigheid. Here maak ons rustig sodat ons geduldig op U antwoorde en oplossings kan wag.

Here dit is werklik ‘n geseënde tyd van tweede kanse en opwindende toekoms planne en juis daaroor wil ek vir U dankie sȇ Here. Dankie vir die geleenthede, dankie vir die insig om hierdie geleenthede te kon raak sien. Here seën ons met die wysheid om hierdie geleenthede reg te bestuur en die geduld om seker te maak dat ons tyds berekening en U tyds bereking die selfde is.

Pappa God, ek bid dit alles slegs deur U genade, soos U aan ons bewys het, toe ons Verlosser Jesus Christus vir ons aan die kruis gesterf het. Here seën ieder en elk wat hier saam met my bid deur hulle bewus te maak van U teenwoordigheid.

Here ek glo dat U voor ons uitloop en die slag gate van die lewe duidelik vir ons merk, U loop agter ons en vee die spore van ons sonde dood deur U bloed, U loop langs ons sodat die aanvalle van die bose ons nie onverwags sal vang nie. Here U dra ons sodat ons nie moeg sal raak in hierdie wedloop van die lewe nie, Here U sweef ook bokant ons en stort U liedfe en genade en beskerming en seën ryklike en hartlik oor ons uit.
Dankie Here
Amen.

No comments: