Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Thursday, November 6, 2008

hulpeloos hier waar ek sit

Here God
Vandag kom sit ek hier voor U en ek het nie woorde on hierdie gevoel hier in my binneste te beskryf nie.

Aan die eenkant is ek gevul met vrede en geluk, alby wat tans my vestand te bowe gaan, en dan Here, dan is daar hierdie vars eina wat ook sy verskyning gemaak het. Here soos U weet is my tante gister met kanker gedignoseer en ek voel so hulpeloos hier waar ek sit.

My hart gaan uit na haar en haar man, haar seuns, my oupa en ouma, my ma en al haar ander broers en susters. Here daar is so baie dinge wat ek haar wil toe bid, maar ek weet nie watter een binne U wil sal val nie Here.

Maar voor ek U seën oor ons vra wil ek saam met Habakuk jubel Here:

Want al sou die vye boon nie bond nie
En al sou die olyf oes misluk
En die lande geen oes lewer nie,
Al sou daar geen bokke in velde meer wees nie
en die bees krale sonder beeste wees,
Nogtans sal in die Here jubel,
Sal ek prys my God en Redder!
Want die Here my God gee vir my KRAG,
Hy maak my voete soos die van ‘n ribbok ,
Op hoë plekke laat Hy my veilig loop!


So Here daarom wil ek vir U dankie se dat U my groot ouers tot op hulle ryke ouderdom vir ons gespaar het, Here dankie dat my kinders hulle oupa en ouma grootjie kan leer ken. Here dankie dat my groot ouers in die afgelope 60+ jaar, nie een van hulle 7 kinders, of en van hulle baie klein kinders al aan die dood afgestaan het nie. Here dankie dat ek elkeen van my tantes en ooms, my neefies en my niggies persoonlik ken.

Here dankie dat ek selfs die voorreg gehad het om my oupa en ouma se broers en susters te kon ken, en ook dan sommer my ma se neefs en niggies ook.

Here baie dankie dat Tannie Mart so ‘n ongelooflike groot ondersteunings basis het Here. En daarom Here wil ek vra dat U my tante, haar gesin, ons familie, veral my oupa en ouma, my ma en my ander ooms en tantes sal standvastig hou in U woord en U beloftes Here.

Job 28:1 Here se dat U ons weer sal seën met bydskap en Here daaarom wil ek vir U vra om ons by te staan in hierdie hartseer tyd Here, hierdie tyd van onsekerheid en vrees. Vader gee dat onderling konflik en blaam ons nie uitmekaar sal ruk nie, maar gee dat ons eerder met liefde met mekaar sal omgaan.

Here help ons ook om asseblief nie in konflik met U of U wil te kom nie, en Here gee dat ons stabiel sal bly in hierdie tyd, beide geestelik en emosioneel stabiel. Here gee dat ons as familie, en veral Tannie Mart, U liefde sal kan aanvoel en sal aanvaar.

Ons bid dit alles in die Naam van ons Verlosser en Salig Maker,
Amen.

No comments: