Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Sunday, November 16, 2008

Die wereld bly altyd die selfde...

Hemelse Vader, my God, my Koning en my Redder!

Here vanoggend het ek hier aan U voete kom sit en U het 'n gedeelte uit Prediker 1 met my gedeel. Die geddelte is soos volg:

"(1) Woorde van die Prediker, seun van Dawid en koning in Jerusalem.

(2)Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.(3)Wat kry die mens vir sy geswoeg, sy geswoeg in hierdie wêreld? (4)Geslagte kom en geslagte gaan, maar die wêreld bly altyd dieselfde.(5)Die son kom op, die son gaan onder, en dan haas hy hom weer na waar hy opkom.(6) Die wind waai suid, draai noord, waai hierheen en daarheen en dan draai hy maar weer.(7)Al die riviere loop in die see in, maar die see word nooit vol nie. Die riviere hou aan om te loop na die plek toe waarheen hulle altyd geloop het. (8)Woorde vervaag mettertyd, en 'n mens kry nie klaar met praat nie. Die oog kyk, maar kry nie klaar met kyk nie; die oor hoor, maar kry nie klaar met hoor nie.(9)Wat was, sal weer wees; wat gebeur het, sal weer gebeur. Daar is niks nuuts in hierdie wêreld nie.(10)Kan jy van iets sê dit is nuut? Nee, dit was lankal daar, lank voor ons tyd.(11)Wat verby is, word vergeet, en ook wat later kom, sal vergeet word deur dié wat daarna kom."

Ek het dadelik terug gedink aan die dokumentere op die sateliet kanaal oor die hoe die aarde verander, en oor hoe sekere dinge voorheen al gebeur het, en dalk weer kan gebeur, en alhoewel baie van die vooruitsigte van hierdie dokumentere nie baie voorspoedig lyk nie, en al word ons soms bekommerd oor die voort bestaan van ons planeet, het U Here my hart met 'n vrede vervul. 'n Vrede wat my herhinder dat niks vir U o God nuut is nie, U is nie in 'n leer skool vir U in "planeet bestuur"nie, en daar is niks wat U nog nie gesien of gehoor het nie.

Vader, verder het U ook vir my vrede gegee oor die ekonomie van ons land en die hele wereld. Here die wereld was al voorheen hier deur en ons sal ook verseker nog 'n hele paar keer weer daar deur, maar Here U het nog altyd konstant vir U kinders gesorg, en daarom Here sal ons heel ander kant uit kom en daarom sal die wereld ekonomie weer opstaan en sal al hierdie krisise weer ontrafel en alles sal weer seep glad verloop.

Here ek weet dat U hierdie selfde vrede vir almal wat so bekommerd is oor hulle geld en hulle beleggings en hulle welvaart, gee. Vader gee dat hulle wat so moeg geswoeg en gespartel is U stem sal hoor en rus by U waters sal kom soek, gee dat hulle weer hulle Herder en hulle Vader sal kom opsoek en by Hom lafenis sal kom kry.

Here verder het hierdie versies ook vir my perspektief oor al die nuwe goed wat in ons almal se lewens gebeur, gegee. Here ons is nie die eerste mensies wat 'n besigheid onder U leiding probeer bou nie, ons is nie die eerste mensies wat struikel blokke oor ons pad tee kom nie, en ons is nie die eerste mensies om siektes soos kanker in die gesig te staar nie, en Here juis daarom wil ek vir U vra:

My God herhinder ons daaraan om ons raad en ons vertroosting, ons hoop en ons vrede hier aan U voetstoel te kom ontvang. Here herhinder ons dat U water nie opdroog nie, en U brood nie te min is nie en dat U vrede sterker is as enige pyn en seer en ontevredenheid en onsekerheid wat ons ooit kan ervaar.

Here dankie vir 'n herindering uit U woord, 'n herhindering wat my toerus om die geduld waarvoor ek verlede week gebid het, toe te pas. Dankie Here vir U woord wat ons lei en vir ons vrede gee. Dankie Here vir U genade bloed wat ons skoon was van al ons sonde en dankie Pappa dat ek weer vandag soos al die ander dae op U skoot mag kom sit en werk aan die takies wat U my gegee het.

Amen.

No comments: