Jae se hart voel nou nie juis in tip-top shape nie, eintlik sou haar pa gesê het dat haar hart vreet bietjie k...! NEE! Wag sy mag nie daardie woord gebruik nie. Dit betaam nie ‘n jong dame om sulke tale te uiter nie.
Die dae voor Jae se 18de verjaarsdag word min en sy is besig om stock te neem van haar lewe, die klein wees gedeelte van haar lewe is nou vir goed verby.
Maar soos Jae daaraan dink besef sy dat sy nooit regtig tyd gehad om kind te wees nie... nooit was sy regtig net ‘n klein dogtertjie sonder vrese en sonder probleme nie, nog nooit was sy net onskuldig nie, nog altyd het daar ‘n donker wolk oor Jae se lewe gehang.
Van haar jonger dae het sy nie veel prentjies in haar kop oor nie, maar die emosies en die vrese sal sy nooit kan vergeet nie. Daar was altyd ‘n ongemaklikheid tussen haar en daai vrou. Daai vrou wat aan haar geboorte geskenk het, wat nooit haar ma was nie.
Nog nooit het Jae gevoel dat wie sy is goed genoeg is nie. Sy het nog altyd gewonder wat sy so verkeerd gedoen het dat daai vrou haar nooit kon aanvaar nie, wat skeel so baie met haar dat die eerste natuurlike verhouding wat elke kind met sy moeder begin, nie vir haar bestem was nie.
Hierdie ongemak en on aanvaarding en self blaam het soos ‘n swart kol op Jae se hart gegroei. Alhoewel haar Pa en haar Oupa en Ouma, en selfs haar stief mamma altyd vir haar gesorg het en alhoewel daar geen te kort aan liefde was nie, het daardie swart kol ‘n yslike swart gat geword.
Daar was iets missing, iets het verlore gegaan, iets wat sy eintlik nooit gehad het nie, maar nog steeds mis. Niks maak daardie gat vol nie, nie vriende nie, nie die eerste plek in die klas nie, nie die hoof rol in die skool opvoering nie en nie eers om kerk toe te gaan nie.
Vandag het Jae die tyd om oor hierdie goedjies na te dink, want sy is op die plaas en oefen om te bestuur: - Een van die dae is dit haar beurt om haar bestuurs- vernuf te gaan toets teen die kennis van die bestuurs- beampte by die stadsraad se verkeers kantoor.
As deel van haar bestuurs- uitstappie het tannie Hettie haar gevra om met die eensame agter pad te ry na die General Dealer toe, op die hoek. As sy so om ry sal sy niemand pla nie, en dan kan sy ook rustig al die stappies uitvoer soos wat sy by die bestuurs- skool geleer het.
Tante soek vlieg-gif, daai in die kannetjies. Maar dit moet ekstra sterk wees. Hierdie vliegies wat so in die bees mis uitbroei is nie so pieperig soos die vliegies in die stad nie. Nee hierdie is mighty vliegies, hy los ‘n duik in die vlieë plak en skut die average giffie van sy lyf af… nee Tante benodig die sterkste van die sterkste.
Soos Jae in die pad af ry, gewaar sy iets geel wat stadig oor die pad loop. Sy swaai links en dan regs, maar ag nee, sy trap die gediertetjie so plat soos ‘n pannekoek met ook Nic’ las se groot bakkie.
Sy skakel die bakkie oor in tru rat en kom tot langs die gediertetjie tot stil stand… dis ‘n arme our trapsuutjies… sy geel en groen lyfie lê leweloos in die skadu van die bakkie.
Dis toe dat die waarheid vir Jae so reg tussen haar bruin ogies tref, ‘n waarheid wat haar stief mamma al die afgelope 14 jaar vir haar prober leer:
Net soos sy die mens gemaakte gif by die mens gemaakte winkel wou gaan koop, net so probeer sy wat Jae is daardie gat in haar hart met mense gemaakte goete vul, self die kerk gebou is mens gemaak. En dit alles terwyl God se antwoord so suutjies oor jou pad kom, so suutjies verby jou loop, en in die gejaag van jou gesoek na die wind vertrap jy dalk jou eie trapsuutjies!
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Monday, November 17, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment