Pappa Jesus, vandag wil ek hier by U voet bankie kom sit en my hart voor U uit stort Here...
Baie dankie Here vir U hand van beskerming wat U so getrou oor Tannie Martie gehou het. Here dankie dat sy uit die intensiewe sorg eenheid is en dat sy aansterk in die hospitaal. Here dankie vir vriende en familie wat haar en haar gesin ondersteun en Here dankie vir U genade wat haar so vêr gedra het.
Vader, daar is een bekommernis wat ek tog voor U troon wil kom lê Here. Dit is die kanker kolletjies wat hulle op Tannie Mart se lewer gekry het. Vader, in Jesaja belowe U dat U vir ons ‘n nuwe begin sal bewerkstellig, ons uit ons gevangenis bevry en Here daarom staan ek op my knieë en ek smeek U my Grote God, kom U belofte aan ons na, bring ons terug na die land van U belofte en U seën, Here, net soos U ons gebede oor Attie verhoor het en hy vandag sonder letsel rondloop, net so Here vra ons U maak ons vry van hierdie tronk wat die kanker om ons bou. Here genees vir Tannie Mart. Here in Matteus belowe U ons ook dat as die wat moeg is na U toe sal gaan dat hulle nuwe krag sal kry en daarom Here kom ons na U toe en Here ons vra vir nuwe krag en ons vra vir nuwe lewe en ons Here ons vra dat U ons na die water van U redding sal lei.
Here ons bid vir Tannie Mart se volkome genesing deur die krag van die bloed van Jesus en Here ons spreek U woord, Here soos ons dit vind in Matteus en Jesaja en glo die beloftes soos U dit aan ons gee in U woord, want U Here bly getrou, vandag en môre, want U is dieselfde soos U gister was.
Ons smeek dit alles by U en lê ons harte voor U Here. Here sodat op die dag soos U bestem, sal ons ook oor Tannie Mart se genesing sê soos in Jesaja 12:
“Op daardie dag sal sê:
‘Ek loof die Here!
U was kwaad vir my ,
maar U is nou nie meer kwaad nie
en U het vir my uitkoms gegee.
God is my Redder;
Ek vertrou op Hom,
ek is nie meer bang nie.
Die Here my God is my krag
en my beskerming
Hy is my Redder.’
Met blydskap sal julle water skep
uit die fonteine van redding.
Op die dag sal julle uitroep:
‘Loof die Here,
roep sy Naam aan,
maak Sy naam onder die volke bekend
en verkondig dat sy Naam groot is.
Sing tot eer van die Here,
want Hy het groot dinge gedoen,
maak dit aan die hele wêreld bekend.
Jubel en juig,
inwoners van Sion,
want groot is die Heilige van Israel
en Hy is by julle.”
Amen.
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Monday, November 24, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment