Goeie Middag Pappa God
Baie dankie Here vir die voorreg om nog ‘n nuwe dag saam met U en my geliefdes te kan spandeer. Here baie dankie vir die ontsettende verandering wat U in die verhoudings in my lewe gebring het. Here dankie vir die Goddelike vrede wat oor ons lewens gekom het.
Here U belowe in U woord dat as ons U aangesig soek, dat U vrede(vrede wat onafhanklik van ons omstandighede staan) ons sal vervul, hierdie vrede o God wat ons verstand totaal en al te bowe gaan. Here U het my gelei om hierdie vrede oor ons lewens te spreek, en getrou aan U woord het U ons hiermee geseën.
Vader voor ek begin met my voorbidding, wil ek U vra om asb al die sonde te vergewe Here, wat tussen my en U staan, die sonde wat my verhouding met U verdring, die sonde wat my en ander sos ek so seer maak deur ons van U weg te hou.
Dankie Here dat ons kan weet dat U ons sonder vergewe en Here dankie dat ons kan weet dat U ons hart silwerskoon gewas het deur U bloed.
Here hierdie week was moeilik vir ons in die gesondheids-area van ons lewens. My blondekop Scottie sukkel met sy maag, en klein asjas sukkel met sy bors Here. Alhoewel die kleine asjas al klaar baie beter voel, is hy nog nie heeltemal gesond nie. Here daarom wil ek U vra om U hand van genesing oor ons te bring. Here die jaar was hard en moeilik en ons is maar almal afgemat, en van daar is ons ‘n kleiner verweer teen siekte. Maar Here in Matteus 11:28 -30 nooi U almal wat uitgeput is en almal wat oorlaai is om na U toe te kom, sodat U vir ons kan rus gee. U vra dat ons U kruis sal opneem, U juk, en Here seen ons gesin, sodat ons dat ook alles in U hande sal oorlaai, ook ons bekommernisse en ons laste, en gee dat ons dan heel eerste U koningryk sal soek.
Here dan weet U ook dat Tannie Mart gister in gegaan het vir haar operasie om die kanker te verwyder. Here na die operasie kom al die behandeling en dan begin die lang pad na herstel. Here, heel eerste wil ek U prys dat U haar deur hierdie operasie gebring het en dat sy veilig in die hospitaal le. Here dankie dat U haar vas gehou het en dat U ook die hand van die geneesheer gelei het.
Vader gee ons as familie die krag om Tannie Mart en haar gesin te ondersteun. Here ons buig ons hoofde voor U en smeek U vir die krag en die liefde en die hoop en die geloof wat ons nodig het om hierdie pad saam met Tannie Mart te stap. Here gee dat ons as familiêr ‘n laer om hulle sal trek sodat hulle U liefde deur ons sal kan ervaar.
Op ‘n meer persoonlike vlak, weet U Here dat ek en my Scottie voor ‘n belangrike besluit in ons lewens staan Here. Here, ons praat nou al vir ‘n geruime tyd met U oor hierdie besluit en vir ‘n lang ruk het ek vrede gehad dat U vir ons die groen lig gee, dat dit alles volgens U wil geskied, maar Here met van die struikel blokke wat nou oor ons pad kom, Here wil ek net eers vir bevestiging vra. Here bevestig asb. aan my of ons wel die groen lig vir hierdie projek het. EN Here gee dan saam met die bevestiging en gee vir ons die geduld om die regte pad te volg.
Here, die afgelope twee daggies het U ook vir my gewys dat daar twee kort termyn projekte is waarmee U wil he dat ek my moet bemoei. Die eerste is Radio Kansel se Dare to Care projek en dan is daar Tannie Pop se kers partytjie vir die kindertjies van Rayton. Vader seen asb. al ons werksaamhede in hierdie opsig en gee dat ons wel U doelwitte in albei opsigte sal bereik.
Here heel laaste wil ek U vra om my werksaamhede met my besigheid te seen op God. Here ek wil vra dat U my die geduld sal gee om die besigheid met wysheid te bestuur. Here gee vir my liefde sodat ek mooi en opreg met my medemens sal kan werk en Here gee my deur settings vermoë sodat ons saam met U wat ons dra, heel bó te kan uitkom.
Here ons bid dit alles in U grootte naam alleen.
Amen.
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Wednesday, November 19, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment