Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Monday, November 24, 2008

‘n Donker Wolk hang oor die drumpel van die Hemel!

Hemelse Vader
Vroeër in die jaar het U ons gelei na ons nuwe nessie, so op die drumpel van die hemel. Here daar waar die jakkalsies baljaar en die uil snags wag hou. Here U het ons geseën met ‘n huis vol liefde en vrede en geluk. U het ons geseën met kalwers en perde en trekkers en gras en maatjies om ons drumpel deur te trap.

Here in die laaste week het daar ’n donker wolk oor die hemel se drumpel kom hang. Here soos U weet was daar drie gewelddadige plaas aanvalle in ons kontrei en Here dit maak almal bang en senuweeagtig. Die wreedheid waarmee die aanvalle uitgevoer word spreek van haat en woede en geen genade.

Here daarom kom staan ek vandag op my knieë en vra dat U ’n laer van U engele soos in Psalm 34 beskryf om ons dorpie en ons mense sal kom trek. Here stuur U Eng'le soos U in U woord aan ons belowe en kom beskerm ons Here, sodat ons nie meer bang hoef te wees nie, Here kom lig die wolk van vrees wat oor die Hemel se drumpel hang, eh Here maak ons vry van hierdie geweld en hierdie aanvalle.

Here help ons polisie mag om hierdie booswigte vas te trek, sodat daar nie nog een enkele druppel bloed sal val hier op die drumpel van die hemel nie. Here see ons sodat hierdie wrede saaiers van smart sal aangekeer word, sodat daar nie ekstra smart hierdie Kersfees sal wees nie. Here ek vra weer, gee dat daar nie nog ‘n enkele druppel bloed op die Hemel se drumpel, hier in ons kontrei sal val nie, nie een enkele druppel nie Here.

Here terwyl die manne hulle wapens optel om ons ou plekkie te beskerm en terwyl die polisie hulle plig probeer uitvoer, laat ons almal ook saam staan om saam die stryd in gebed te voer, Here gee dat ons as inwoners van die drumpel van die Hemel, saam sal staan en die oorlog heel eerste in gebed sal veg.

Ek mag ad die inwoners van die drumpel vna die Hemel saam met my bid ui Psalm 34:
“Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord. Hy het my gered uit alle doodsgevare. Die wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagtinge nie. Ek is een van die ellendiges wat geroep het. Die Here het gehoor, uit al my benoudhede het Hy my gered. Die Engel van die Here kom slaan sy laer op rondom die wat die Here dien en red hulle. Kom ondervind en dien self dat die Here goed is!”

Here daar is mensies soos oom Benadie en sy vrou, so in die skemer van hulle lewe, Here wil ons vra dat U hulle sal beskerm, spaar hulle en elke persoon in ons area Here die trauma en smart wat met hierdie aanvalle gepaard gaan. Here in die tye wat daar soveel inbrake in en om ons straat in Wingate park was, het U my en Ria se gebede aangehoor Here en ons area beskerm, Here hoor ons weer, Here gee dat nie een druppel bloed weer gegiet sal word nie en gee dat die saaiers van smart wat ons lewens so min ag aangekeer en weg gesluit sal word Here.
Amen.

No comments: