Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Tuesday, November 4, 2008

so op die drimpel van die Hemel se deur ...

Here God

Vanoggend is dit so mistig daar buit en die lafenis wat die koel weer bring, laat 'n mens amper voel of jy so op die drimpel van die Hemel se deur is. Dankie Here vir die wolke en die reen en die groen grassies.

Here, U is altyd die selfde, U is net soos U gister was, U verander nooit wie U is nie. Dankie Here vir hierdie standvastigheid in ons lewens. Here net soos in die verlede het U weer 'n onberskyflike vrede oor my laat spoel, die oomblik toe ek eers weer ob alles en voor alles U aangesig begin soek het.

Here met vrede in my hart het ek gister aand gaan slaap. Met vreugde kon ek opstaan en met energie en insig kon ek weer gister werk. Hoe wonderlik is my God dan nie, hoe getrou is Hy nie.

Vader ek wil U weer vandag vra, Vader hou my standvastig vandag, laat ek vas staan in die woord van God, en laat ek 'n steun pilaar van vreugde en liefde vir my man en my kinders en my ander naastes wees. Here hou my geduldig en bewaar die vrede hier in my hart.

Here laat my glimlag skyn die lewens van almal wat my vandag tee kom, maar veral Here laat my glimlag en my liefde skyn in die lewens van my gesin en my familie.

Vader bewaar die vir wie ek so ongelooflik lief is, die mensies met wie en deur wie U my so ryklik seen.

Dankie ons wonderlike, ongelooflike, amlagtige en liefdevole God vir 'n bron van onuitpitbare vreugde, so reg uit U hart.
Amen.

No comments: