More oggend ry julle
More oggend verruil ek weer een hartseer vir ‘n ander.
Die een meer bekend as die anner…
Dankie dat julle hier by my kom draai het.
Dankie dat ek julle na al die jare weer kon leer ken het.
Dankie dat julle my siel kom verbind het.
Dankie dat julle my hart kom heel maak het.
Dankie dat julle die spinnerakke en stof kom afstof het.
Dankie dat ons saam kon luister na Skipskop en die Little Drummer boy.
Dankie vir glasies geklink op Boggom en Voetsek.
En baie dankie vir insette in julle klein seun se lewe gelewer.
Soos ek groet breek my hart,
Ek wens dit kon anders wees,
Ek hoop ek het reg gekies.
Dankie vir “hanne” wat kom help het en ore wat kom luister het.
Dankie vir harte wat liefde kom uit stort het.
Die voorreg was groot,
die eer om julle to kon verwelkom het jare van self verwyt oor die verlede laat kwyn.
Dankie dat julle my siel kom verbind het.
Dankie dat julle my hart kom heel maak het.
Dankie dat julle my kom regop tel het.
So baie dankie dat julle na dit als nog steeds geloof in my het.
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

1 comment:
Sjoe, dit is so mooi wanneer daar genesig is
Post a Comment