Vanaf jou eerste hartklop was jy ongewoon,
Spesiaal,
‘n geskenk pakkie uit die boonste rakke!
Skielik!
Soos wat jou koms ons verras,
Vang jou uittog ons onkant.
Ek weet dat jy op ‘n beter plek is,
Tien duisend keer dank ek ons God daarvoor!
Maar die rede vir my hande vol trane;
Die oorsaak van my bloedbelope hart is dit:
Hoe lank nog?
Hoe lank nog voor ek jou weer sien?
Hoe lank nog weer kan gesels?
Hoe lank nog?
Ek sluit my oë
En voor my sien ek jou gesig,
En so wil ek jou onthou:
Jou oë wat lag,
Jou tong wat uitsteek,
Jou lag wat in my ore weergalm;
Jou siel wat oorkook van vreudge!
Jou hart is waar jou skatte is.
Jou huis is waar jou hart is.
My liefste broer dan is ek op die heel verkeerde plek.
Here Help Here gee vir my die krag om weer op te staan.
Here nog nooit het ek so baie na U huis verlang.
Pappa God hoor my tog,
Ek staan verslae,
Ek verstaan nou glad nie.
Die rede agter hierdie tragedie mag verberg bly.
En al sou U my wys, watse verskil maak dit tog
Dit sal my nie nader bring aan my huis.

In Christus groet ons net tydelik.
In Christus kom ons nooit tot ‘n einde.
So liefste ek sal vas hou aan ons Jesus,
Ek sal vas hou met alles wat ek het.
Sodat ek jou weer kan sien
Sodat ons weer kan gesels,
Sodat ek weer kan lag,
Sodat ons weer saam kan tong uitsteek.
Sodat my siel weer sal oorkook van vreugde.

1 comment:
Hierdie is ter nagedagtenis aan my jongste broer, Izan. Ons gaan jou baie mis.
Post a Comment