Die pad waarop die Here my gedra het so vêr in 2009 is nie ‘n maklike pad nie… dit is ‘n seer pad, ‘n pad verwyder van mense, maar tog ‘n pad van intimiteit met my God wat my verstand en my grootste, menslike verwagting te bowe gaan.
‘n Deel van my opdrag is om vir Libby Bid ‘n nuwe baadjie aan te trek en op ‘n dieper vlak vir my mede mens in te tree… As ons in Eksodus 28 begin lees van die Priesters dan blaai ons so maklik verby en maak dit af as ‘n stukkie onbelangrike geskiedenis.
Maar as dienaar van God, is ek ook tog dan seker sy priester, die een wat voor Hom kom staan om vir ander in te tree, om Hom te eer, om by Hom wysheid te kom vra, om Hom te loof. Eksodus 28 teken eintlik vir ons die selfde prentjie as die Newsboys Treffer van so ‘n paar jaar terug:
“SHINE! Make them wonder what you’ve got!SHINE! Make them wish that they were not standing on the outside looking bored!”
Eksodus 28 gee vir ons die volgende Opdrag:
- Moet jou nie van die wêreld afsonder nie, maar onthou dat jy nie van hierdie wêreld is nie.
- Moet dan daarom nie soos die wêreld optree nie, maar tree op as gewyde dienaar van God.
- Rig jou gees, jou hart, jou begeertes en jou gedagtes tot Hom.
- Laat Sy Gees jou gees, jou emosies, jou begeertes en jou denke lei.
- Onderwerp jou aan die outoriteit van ons God.
- Tree op met die outoriteit wat Hy aan jou gee.
- Week en deurtrek jou gees, jou dade, denke, begeertes en woorde met Sy bloed, met Sy liefde.
- Aanvaar Sy vergifnis en vergewe ander soos Hy jou vergewe.
- Doen alles slegs met Sy Lof en Sy eer voor oë.
- Laat die Heilige Gees jou bedek en jou vervul terwyl jy konstant vir ander intree.
Baie Groete en Liefde
Libby

No comments:
Post a Comment