Hemelse Vader
Van gisteraand af druk U ‘n hele paar mense op my hart… vanoggend wil ek nog voor die son op kom en voor my eie dinge oorneem vir hulle bid. Here rondom my sien ek oral gebroke huwelike en mense wat met soveel ongeluk in hulle binneste rondloop. Here dit is nie net jong huwelike nie, maar ook gevestigde huwelike wat in die moeilikheid is.
Here U het my en my Blondekop Skottie se verhouding weer van ‘n puin hoop af opgerig, daar was nie hoop nie, daar was niks meer oor nie, en tog sit ons skaars drie maande later en ons albei gaan slaap vir die eerste keer in jare met ‘n glimlag en staan op met ‘n glimlag. Ek kan amper nie eers onthou wanneer laas ons vas gesit het nie, tog bly ons idees so uiteenlopend, maar U liefde en U genade en Vrede borrel so uit ons harte dat daar genoegsaam spasie vir ons albei se individuele opinies en voorkeure is, en ook bring U eenheid ten opsigte van belangrike besluite… eenheid was iets wat ons verhouding van die begin af ontbreek het. Ons is lewende getuies van die krag van Jesus Christus se liefde en die groot genade van ons God die Vader.
En Here daarom bid ek vanoggend vir al die huwelike wat onder die aanval van die bose is: maak die partye betrokke in daardie huwelike se harte sag Here, hulle harte is hart soos die grond na maande van droogte, laat U Lewende Water oor hulle stroom Here, laat dit hulle harte verkwik, hulle dors les en hulle wonde ontsmet. Here laat hulle mekaar vergewensgesind wees, laat hulle mekaar aanvaar net soos hulle is. Niemand is perfek nie, ons is so ander omdat ons mekaar moet aanvul, mekaar moet help. Vader maak hulle oë oop soos U my oë oopgemaak et, laat hulle verstaan hoekom U hulle maat op ‘n spesifieke manier geskape het. Here laat daar vrede en liefde in hierdie huise wortel skiet en laat hierdie huweliks maats hulle fokus punt U mak sodat hulle saam nader aan U en nader aan mekaar sal kan beweeg.
Here dan wil ek ook bid vir almal wat fisies siek is, of wat ‘n besering opgedoen het. Here ek bid spesifiek vir my Oupa wat sy heup gebreek het. Vader ek vertrou dat die operasie ‘n sukses was en dat U die dokter se hand en gedagtes beheer het. Vader dra my Oupa op U hande gedurende sy herstel, Here spaar hom sodat hy ook sy derde en vierde agter klein kinders sal ontmoet, voor hy U ontmoet. Here gun hom die vreugde om hierdie twee bloedjies wat oppad is te kan vas hou, en hulle te kan geniet voor hy met Izán herenig word.
Vader U het ons almal se liggame geskape om sonder siekte te funksioneer, en daarom wil ek vandag bid vir almal wat lei onder siektes soos diabetes, kanker, organe wat nie meer funksioneer soos hulle moet nie en self mense wat net dalk ‘n bietjie van ‘n verkoue het. Here raak hulle aan met U hand van genesing, maak hulle vry van hierdie las wat hulle dra.
Vader dankie vir die uitstekende gesondheid waarmee U ons gesin geseën het, Here daar was so vêr geen teken eers van ‘n loop neus hierdie winter nie. Ons dank U vader vir U genade en vir ons goeie gesondheid.
Vader ons vertrou dat U aan elkeen sy daaglikse brood sal voorsien. Here voorsien geestelik aan ons en ook fisies. Soveel mense gaan gebuk onder finansiële druk. Vader maak U hand oop en seen ons almal met ‘n heerlike bord kos uit U hand vannaand. Here seen die wat soveel minder bevoorreg is as ons en Vader maak ons ongelooflik dankbaar vir dit wat ons het, want dit wat ons het is net genade, dit kom reguit uit U hand.
Laastens Here vir ek bid vir elke persoon in hierdie pragtige land van ons. Gister het U met my gepraat uit die geskiedenis boeke, en Here ek wil daarom bid dat U elke Suid Afrikaner sal wakker skud, sodat ons sal begin bid en ook dan U opdragte sal begin gehoorsaam, sodat ons hierdie kultuur van geweld en misdaad sal kan beëindig. Here kweek in ons kinders ‘n weersin vir geweld en ‘n teensin vir misdaad en korrupsie. Vader maak ‘n gees in ons wakker wat ons elkeen sal dryf om gesag te respekteer en by die lands wette te hou, al is dit selfs net ‘n verkeers wet. Vader neem die leiers van ons land in die palm van U hand en maak ook in hulle ‘n teensin vir korrupsie en geweld wakker wat hulle sal dryf om eerlik te handel en om U belange en ook dan ter selfde tyd die land se belange op die hart te dra, eerder as hulle eie belange.
Vader ons vertrou U vandag met elke aspek van ons lewens. Ons kom lê alles voor U neer, ons kinders ons lewens maats, ons werk ons huise, die mense wat vir ons werk, ons verhoudings, ons finansies Here, dit alles plaas ons vandag in U beheer.
Saam met daardie pragtige lied wil ek ook vandag sê: “Jesus take the Wheel!”
Amen!
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Wednesday, August 5, 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment