Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Monday, July 21, 2008

Dag Stukkie - 21 Julie 2008

21 July 2008

Ek het vanoggend 4 uur ‘n afspraak met God gehad, ek was so opgewonde dat ek al van 3:26 af al wakker was. Maar toe my wekker 4 uur afgaan, wou ek net nie opstaan nie, ek wou nog net 5 minute in die bed le. Dit was so warm en snoesig, ek wou le en luister na God, maar spoedig het ek weer aan die slaap geraak.

Tot my groot skok en verbasing skrik ek toe 4:45 wakker, met die wete dat ek my afspraak gemis het. Die stilte was daarmee heen en ek sou God nie meer so duidelik kon hoor nie. In skaamte het ek my kop laat sak en om verskoning gevra, want sou y afspraak met vlees en bloed gewees het, sou ek al teen 3:30 opgestaan het, my reg gemaak het, my gesiggie geverf het, en my tande geborsel het, maar hoekom het ek nie die Skepper van die heelal die selfde respek getoon nie?

Hoeveel keer doen ons as mense dit nie, ons verafgod mense en dinge, maar ons God kom laaste. Vanoggend het die Here my weereens in my skaamte daaraan herinner dat alhoewel ons eenmalig ons harte aan Hom toewy, moet ons op ‘n daaglikse, of selfs meer gereeld kies om Hom eerste te plaas.

Hy druk so heelhartig die versie wat se “Soek allereers die koninkryk van God op my hart.” Mag jy ook vandag op jou knieë saam met my gaan en vra

Here vergewe my dat ek ons afspraak weereens gemis het, Here gee asb. dat ek nie weer ‘n enkele een van hierdie kosbare oomblikke saam met U sal mis nie. Vader gee my die vermoë om elke dag, heeldag heel eerste U voor oe te hou.
Amen.

No comments: