Gister het ek julle vertel van my verkwanselde afspraak met God. Vandag was ons afspraak vir 8 uur. Ek was weereens so opgewonde, en soos altyd stel God nooit teleur nie. Hy speel my soos sy splinternuwe blink trompet en die teenwoordigheid van Sy aangesig vervul ons hele huis.
Die vrede en vreugde wat hiermee gepaard gaan is oorweldigend. Dis ‘n vrede en vreugde en tevredenheid wat lanklaas in my lewe was. Die pad wat God met my gestap het om hier uit te kom is merkwaardig:
Die afgelope paar maande het die Here op Sy subtiele sagte manier die tol wat my besige, AARDSE dagboek ge-eis het op my verhouding met Hom, my verhouding met my gesin en my familie en ook op my gesondheid, aan my geopenbaar. En ek voel die Here druk dit op my hart om dit met julle te deel want ek dink daar is so baie van julle wat die selfde as ek voel.
Tipies hardkoppige Vrystaat meisie, het ek self alles probeer om my energie vlakke te verbeter, tonics, vitamins, groen tee, oefening, meer slaap, net mooi alles, maar niks het gewerk nie, nie eens 12 kopies koffie ‘n dag nie.
Die Heilige Gees het toe weer hier binne my kom gesels en voorgestel dat ek dalk so spartel en sweet in ‘n oseaan van druk en uitputting, omdat nie meer hoort daar waar ek myself bevind het nie. Maar te bang om te vêr van die bekende stand en bekende landmerke weg te swem, het ek maar aanhou spartel teen die stroom van die wil van God.
Maar getrou aan Sy woord en Sy oneindige liefde vir ons het my Skepper en my Salig Maker, op sy bootjie aangeseil gekom, die storm het stil geword, en Hy het op die water na my toe aangestap. Hy het my nie net aangeraak nie, Hy het sommer my seer en stukkende siel in Sy arms opgetel en my in Sy bootjie na die volgende stand geneem. Die strand was vreemd, die bome en rotse was onbekend, maar daar was vrede daar, want dis waar God my wou hê.
Vandag deur Sy krag en genade swem ek in dieper waters as ooit te vore, met meer krag en meer vertrou in my God. Dit is vir my moontlik, want ek swem nou saam met die stroom van Sy wil.
My liefste boetie en sussie in Christus, as jy al alles gedoen het om van daai las van moegheid af te skud – maar niks werk nie, is dit dalk nie tyd dat jy gaan ondersoek instel en dat jy seker maak dat jy nog steeds met God se plan besig is nie.
Gaan lees: Romeine 6: 12 – 18 en dan bid jy saam met my:
Here God,
Vandag bring ek my dagboek na U, Here her organiseer asb my take sodat ek kan seker wees dat ek elke oomblik van Vandag U wil eerste sal na streef.
Vader U weet onder watse druk ons dagboeke en skedules ons en ons gesinne kan plaas em dan juis daarom wil ek U vra Here neem my dagboek, Here verwyder dit wat tussen my en U staan, en vul dit Here met aktiwiteite wat U Naam sal groot maak. Here seen my ook met die nodige rus en vrede en vreugde aan die einde van elke werks dag, sodat ek kan my krag kan herwin.
Ek bid dit alles in die naam van Jesus
Amen.
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment