Goeie More Pappa Vader
Baie dankie Here dat U my sensitief gemaak het vir U roep stem vanoggend Here, vir daardie drang om my dag saam met U te begin. Here ek wil vra dat U vanoggend met y sal praat Here en vir my sal wys en met my sal gesels oor dit wat op U hart is vanoggend my God. Maak my toeganlik en ontvanklik en Here my God spreek my aan. Vader breek U woord vir my oop en Here seen my met die woord uit U mond!
Amen!
Vanoggend het die Here my trots weer so vierkantig hoer voor my kom neer sit, daardie trots wat my van soveel dinge weerhou, daardie trots waaroor God my nou al soveel keer gewaarsku het. So baie keer verwar ons self respek met trots. Jy moet jouself lief he, en jou liggaam respekteer, dis ‘n opdrag van God, maar as torts intree het ons ‘n problem.
Dis wanneer ons trots is dat ons van God af weg beweeg. Ek het dit self hierdie week beleef, gister het ek God gevra wanneer ek gaan ophou om nie wwarde van ‘n vroe oggend ontmoeting met Hom te ignorer, en vanoggend het Hy my geantwoord: Wanneer jy gaan ophou om so trots te wees.
Daar is ‘n skerp waasrkuwing vir die Koning van Asirie in 2 Konings 19:20
"20
Jesaja seun van Amos het vir Hiskia 'n boodskap gestuur: "So sê die Here die God van Israel: Ek het jou gebed oor koning Sanherib van Assirië verhoor.
21
"Dit is wat die Here oor Sanherib sê: Sion verag jou en lag jou uit, Jerusalem kyk jou met minagting agterna.
22
Vir wie het jy beledig en belaster? Vir wie het jy geskreeu en uitgedaag? Die Heilige van Israel!
23
Deur jou gesante het jy die Here geminag toe jy gesê het: 'Ek het met my wa teen die hoogste berge op gery, na die toppe van die Libanon toe; ek het sy hoogste seders afgekap, sy mooiste sipresse. Ek het sy verste skuilhoeke binnegedring, sy digste bosse.
24
Ek het na water gegrawe in ander lande en dit gedrink, met my voetsole al die opgedamde riviere laat opdroog.'
25
"So sê die Here vir jou, Sanherib: Het jy dan nie gehoor nie, Ék het dit bewerk, lank gelede al, van die vroegste tye af het Ek dit voorberei en Ek het dit nóú laat gebeur: jy moes vestingstede verwoes en puinhope van hulle maak.
26
Hulle inwoners was magteloos, verskrik en sonder raad, soos veldplante, soos groen gras, soos gras op 'n huis se dak: dit verskroei voor dit behoorlik staan.
27
Of jy sit of gaan of kom, Ek weet dit, Ek weet hoe jy teen My te kere gegaan het.
28
Omdat jy dit gedoen het, omdat Ek jou verwaande woorde moes aanhoor, sit Ek 'n haak deur jou neus en 'n stang tussen jou tande en lei Ek jou terug op die pad waarmee jy gekom het.
29
"Vir jou, Hiskia, gee Ek die volgende teken: vanjaar sal julle die opslag eet en volgende jaar wat dan opslaan, maar in die jaar daarna sal julle saai en oes, wingerde plant en druiwe eet.
30
Dié van Juda wat die beleg oorleef het en oorgebly het, sal weer soos plante wortel skiet en vrugte dra.
31
Daar sal mense oorbly en uit Jerusalem kom, daar sal mense vry van Sionsberg af uitgaan. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here sorg.
32
"Daarom, so sê die Here oor die koning van Assirië: Hy sal nie in dié stad inkom nie, hy sal nie 'n pyl hier afskiet nie, nie 'n skild teen die stad optel nie, nie 'n beleëringswal daarteen opgooi nie.
33
Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan en hy sal nie weer by dié stad kom nie. Dit is wat die Here sê.
34
Ek sal dié stad beskut en hom red, om my ontwil en om my dienaar Dawid se ontwil."
35
Daardie nag het 'n engel van die Here gegaan en honderd vyf en tagtig duisend man in die Assiriese kamp doodgemaak. Toe die Assiriërs die môre vroeg opstaan, lê die lyke almal daar.
36
Koning Sanherib van Assirië het toe kamp afgeslaan en hy is terug Nineve toe en het daar gebly.
37
Terwyl hy op 'n dag in die tempel van sy god Nisrok aanbid het, het Adrammelek en Sareser hom met swaarde doodgesteek. Hulle het na Ararat toe gevlug, en Sanherib se seun Esarhaddon het hom as koning opgevolg."
Maar saam met dit het Hy ook vir my ‘n belofte gegee in Esra 8:21 – 23
21
Ek het daar by die Ahawarivier 'n vasdag uitgeroep om ons voor ons God te verootmoedig en Hom te bid om 'n voorspoedige reis vir onsself, ons afhanklikes en al wat ons besit het.
22
Ek was skaam om vir die koning soldate en ruiters te vra om ons teen vyande langs die pad te help. Ons het vir die koning gesê ons God sorg goed vir almal wat Hom dien en Hy straf almal swaar wat Hom verlaat.
23
Ons het dus gevas en die hulp van ons God gevra vir die onderneming, en Hy het ons gebede verhoor.
Maar weereerns wil mens mos nie hoor nie, en vra jy dat God sal verduidelik wat Hy nou eintlik vir my wil se, en net daar gee hy weer vir my Job 35:9 – Job 36:33.
9
"Mense roep om hulp onder hulle swaar verdrukking, hulle soek hulp teen die geweld van mense met mag.
10
Maar hulle vra nie na God, hulle Maker, na Hom wat selfs in die nag 'n lied kan laat sing nie,
11
na Hom wat aan ons meer verstand gegee het as aan die diere, meer insig as aan die voëls.
12
Mense roep om hulp, maar Hy antwoord nie, want hulle is vol hoogmoed en boosheid.
13
God luister nie na hol woorde nie, die Almagtige slaan daar geen ag op nie,
14
ook nie as jy sê dat jy Hom nie sien nie, dat jou saak voor Hom is, dat jy op Hom wag nie,
15
as jy sê Hy straf nie in sy toorn nie, Hy dra geen kennis van die sonde nie.
16
Job, wat jy praat, is wind, jy praat en praat, maar sonder kennis."
Hoofstuk 36:
1
Elihu het voortgegaan:
2
"Wag nog 'n bietjie, laat ek verder met jou praat, daar is nog argumente vir God se saak.
3
My kennis kom van ver af, ek wil aantoon dat my Maker regverdig is.
4
Wat ek sê, is nie versinsels nie, ek weet wat ek praat.
5
God is magtig maar Hy sien op niemand neer nie; Hy is magtig en sy wysheid is groot.
6
Hy laat die goddeloses nie in die lewe bly nie, Hy laat reg geskied aan die verdruktes,
7
Hy sorg vir die regverdiges. Hy laat konings regeer, selfs baie lank. Maar as hulle hulle verhef,
8
word hulle gevangenes, vasgevang in boeie, geknel deur swaarkry.
9
So laat God hulle besef wat hulle gedoen het, hoe hulle gesondig het toe hulle hoogmoedig geword het.
10
Hy laat hulle ag gee op sy bestraffing, Hy vermaan hulle om hulle van die sonde te bekeer.
11
As hulle luister en Hom dien, sal hulle hulle dae in voorspoed deurbring, hulle jare in welvaart.
12
As hulle nie luister nie, sal hulle sterf, sal hulle doodgaan omdat hulle nie tot insig wou kom nie.
13
Die godloses hoop die toorn van God nog meer teen hulle op, hulle roep selfs nie om hulp as God hulle in boeie laat vasvang nie.
14
Hulle gaan jonk dood, hulle skandelike lewe is gou verby.
15
Maar God bevry die mense in nood uit hulle ellende, Hy laat hulle op Hom ag gee in hulle verdrukking.
16
God het jou na Hom toe getrek, weg van gevaar af, Hy het jou veilig laat lewe, dit was rustig aan jou tafels vol oorvloed.
17
Maar nou het die oordeel wat die goddelose toekom, jou voluit getref, oordeel en straf het jou ingehaal.
18
Moenie dat jou grief jou tot uittarting verlei nie, moenie jou saak wil regstel met 'n groot omkoopgeskenk nie.
19
Kan hulpgeroep jou help? Nie in jou ellende nie! Ook nie al roep jy met al die krag waaroor jy beskik nie.
20
Moenie smag na die donker van die nag, die tyd wanneer mense sterf nie.
21
Moet ook nie jou toevlug neem tot sonde nie, jy verkies dit immers bo swaarkry.
22
Die mag van God is groot, wie kan 'n mens tot insig bring soos Hy?
23
Wie kan van Hom rekenskap eis oor sy dade? Wie kan sê: 'U het verkeerd gedoen'?
24
Dink liewer daaraan om sy werk te roem, sy werk wat deur mense besing moet word.
25
Alle mense kan dit sien, al neem hulle dit net van ver af waar.
26
God is groot, ons kan sy grootheid nie begryp nie, sy jare kan nie bereken word nie.
27
Hy trek vog op uit die see, Hy haal reën uit die groot waters uit,
28
dan giet die wolke water uit, laat hulle dit op al die baie mense val.
29
Kan iemand verstaan hoe die wolke beweeg en hoe die weer dreun daar in die woonplek van God?
30
Hy versprei die weerlig deur die lug, en bedek die bodem van die see.
31
So regeer Hy oor die volke en gee Hy kos in oorvloed.
32
Hy vat die weerlig in sy hand en stuur dit op die doelwit af.
33
Die onweer kondig aan dat die storm kom, die vee snuif die lug op voor die storm losbreek.
En daarom wil ek weer vanoggend op my kniee gaan en bid:
My Hemelse Vader ek God van genade, daar is niemand groter as U nie, daar is niemand meer almagtig as U nie, en Vader daar is niemand meer genadig as U nie. My God, U neem die water van die aarde en versame dit in die hemel, en dan op U tyd maak U die sluise van die Hemel oop en sotrt U daardie water weer op ons neer.
My God U laat die gras groeie en U laat die seisoene draai, U laat die son opkom in die more en U laat die maan onder gaan. Here U laat die aarde draai en U beheer die ritme waarop die Heelal so lieflik en presies op tyd dans. Vader U het dit alles begin, U is die Alfa en U sal dit alles klaar maak op U tyd, want U is die Omega en Vader juis daarom is daar geen maner waarop ons enigsins U grootheid en U goedheid sal kan verstaan nie. Vader ek loof en ek pry U vir daardie onuitpitbare liefde wat U ons elke dag bewys.
My God, was my vanoggend skoon Here, ek sit hier verbrand deur die flame van my eie trots, dit het my weer so van after bekruip en my omsingel, dit het my oorval Here en my van U verwyder.
Here, kom maak my heel en Here vernuw my denke soos in Romeine 12:2. (Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.)
Vernuwe my denke o God en Here leer my om nie so trots te wees nie, om nie so op myself te prober staat maak nie,om nie so ingenome met MY aksies te wees nie, want Vader dit wat ons besigheid verma is nie ons eie toedoen nie Vader, maar eerder net U genade. Here brandmerk daardie waarheid hier op my hart sodat dit saam met my kan bly, al die dae van my lewe.
My God ek smeek U, stuur vir ons reen, seen ons met U woke wat oopbreuk en U seen water op ons sal neer stort. Vader reinig die aarde hier rondom ons van die dood van de winter my God, bring vir ons nuwe lewe en groen grassies, Here kom was on skoon en less ons dors met die Hemelse nectar uit die wolke.
EK bid dit alles vandag Pappa , nie omdat ek ‘n enkele iets hiervan verdien nie my God, maar omdat ek afhanklik is van U en omdat ek glo in U gendade en aan U liefde.
Amen.
Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.
Wednesday, September 17, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment