Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Friday, July 25, 2008

Dag Stukkie - 25 Julie 2008

Vertroue…. Wat is dit nou eintlik? Want beteken dit om iemand te vertrou? Die woordeboek definisie hiervan lui soos volg: die vermoë om op die eerlikheid, krag, vermoë, sekuriteit ens. Van ‘n persoon of ‘n voorwerp staat te maak.
As ek so na hierdie sinnetjie kyk kan ek daarom werklik verstaan hoekom my oudste seun sukkel om mense te vertrou. Jy sien hy is as klein seuntjie deur sy ma, vrywilliglik, by sy pa agter gelaat. Oor en oor het hy verwerping van sy biologiese ma af beleef, dit het daartoe gelei dat op die ouderdom van 9, vertrou daai seuntjie drie mense, sy pa, sy biologiese oupa en sy biologiese ouma.
Na bykans 6 jaar wat ek al vir hom sorg soos my eie, sukkel hy steeds om te glo dat nie gaan weg gaan nie. Ek probeer my bes om hom gerus te stel, maar in sy gedagtes word elke menslike foutjie vergroot en uit proporsie geruk. Dis nie sy skuld nie, maar dit is vir hom ‘n groot struikel blok in sy lewe.
Maar as ek weer na daardie sin kyk verstaan ek glad nie hoekom ons so sukkel om die Here te vertrou nie, Gold is nie oneerlik nie, God is almagtig, aan Hom behoort al die mag en krag van die wêreld. God is die Skepper van die heelal, daar skort niks met sy vermoë nie en Hy beskerm ons, Hy het self sy Seun gegee sodat ons nie in die verderf in hoef te gaan nie.
Vandag se versie is
NUMERI 14:11Die Here het vir Moses gesê: "Hoe lank sal hierdie volk my almag bly onderskat? Hoe lank sal hulle weier om op My te vertrou ten spyte van al die wonders wat Ek onder hulle gedoen het?
My liefste vriende, stuur vir my deur middel van die kommentaar blokkie, of die gebeds versoek blokkie, julle stories oor hoe en waar die Here Sy Almag aan jou geopenbaar het. Kom ons getuig van God se liefde sodat die wat dit nog nie ervaar het nie, ‘n stukkie van ons Hemelse Genade Koek kan proe.
Here God, Koning en Regeerder oor ons lewens, Here versterk ons vertoue in U en Here ek wil veral vir my kind bid, Here herstel sy vertroue band met U, sodat hy nie op ‘n wonderlike lewe saam met U sal uit mis nie.
Here gee dat almal wat U wil he moet hulle getuienis met ons deel sal gehoorsaam wees en dit vir ons stuur.
Vader ons bid dit alles in U naam.
Amen.

Thursday, July 24, 2008

Dag Stukkie - 24 Julie 2008

In vandag se tyd, waar ons almal finansieel swaar trek, is die onderwerp van geld en finansies op almal se lippe. Daar is nie ‘n gesprek wat hierdie week verby gegaan het, waarin daar nie melding gemaak was van hierdie onderwerp nie. Dis ‘n probleem wat besig is om soveel mense in Suid Afrika en wêreld wyd te verteer.

Gister middag het ek die kinders ouder gewoonte in die laat middag verkeer hier in die Jakaranda stad, by die skool gaan haal. Daar was ‘n vreugde wat ons motor vervul het, ons het gelag en gesles, maar op ‘n stadium het ons begin agter kom, (op die noot van Shine, van Newsboys) dat ons in die minderheid is. Die meeste mense lyk soos katjies wie se room van hulle af weg geneem is, hulle kenne hang op die grond, hulle gesigte is bleek en hulle oe is dol leeg. Ons begin toe die mensies met glimlagte op hulle gesigte tel, op n stukkie pad van 5 km, was daar presies vier van ons. Die drie van ons in my motor, en een ander man. En nee hy was nie ‘n ryk van so op die afstand wat ek hom gesien het nie, hy ry ‘n dood gewone, klein 4 deur motortjie, het sy werks klere aangehad, maar hy het gestraal toe ons by hom verby ry.

Net op daardie oomblik lees die omroeper op die radio Mat 6: 24
“Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie."
En hy pleit by Suid Afrikaners om nie nou te midde hulle moeilike tye, Mammon, die god van geld te begin aanbid nie.

En ewe skielik besef ek hoeveel van ons of ons nou te veel of te min het, is besig om onbewustelik te veel aandag aan Mammon te gee. Ons het verval in ‘n groef van begeerte en bedrukking oor dit wat ons nie kan kry nie.
Liefste vriend en vriendin, ek skryf nie hier vanuit ‘n plek waar ek finansieel gemaklik is nie, ek is ook ma, ook vrou. My oudste seun het spesiale behoeftes te opsigte van sy emosionele groei en daarom, ja, betaal ons meer vir sy onderrig, ons moet ook petrol en veral diesel vir die plaas koop en bo-op dit alles, het ek vanaf 18 Julie nie meer ‘n vaste betrekking nie. My skoon moeder stel dit tog so mooi as sy saam met my die ligter kant van die situasie probeer sien en sy noem my dan speels “financially embarrassed”, finansieel verleë.
Maar ook hierin moet ek dankbaar wees vir die kans om tyd nou ten volle aan my God te kan wei. My Here besit nou my tyd en nie meer my werk gewer nie. EK moes ‘n definitiewe keuse maak, en dit doen wat reg is in die oë van die Here. Die Here weet dat ons moet eet en warm wees en moet skool en werk toe ry. Hy weet wat my kind nodig het, nog beter as ek of sy pa en Hy weet wat ons behoeftes is. Al wat Hy vra is dat ons, ons volkome vertroue op Hom sal openbaar en ons behoeftes aan Hom sal bekend maak, net soos ons kinder hulle behoeftes sonder skroom aan ons as hulle ouers bekend maak.

Gaan lees weer Mat 6, en dan bid jy saam met my:

Here God, Almagtige en Liefdevolle Vader.
Here ons kom staan hier voor U genade stoel en ons vra dat U ons in hierdie tyd sal weerhou daarvan om ons hoop in Mammon, die god van geld te plaas. Here maak dit aan ons duidelik dat geld niks meer on niks minder is as ‘n paar stukkies papier en metaal en plastiek in ons beursies is nie. Here U het nie geld nodig om na ons om te sien nie, want U Vader is almagtig en U het die wêreld sonder geld gemaak, U het U Seun verniet aan ons as mense gegee, U Seun het die prys van ons verlossing names ons betaal.
Here dit wat ons het ons by U gekry, leen ons net by U, dit bly U geskenke aan ons, en ons moet dit tot U verheerliking gebruik. Here daarom vra ek, Here neem oor die finansies van elke gesin in Suid Afrika, Here bestuur dit soos U dit goed dink.
Amen.

Wednesday, July 23, 2008

Dagstukkie - 23 Julie 2008

As jong dogtertjie, in die Sesmylspruit, NG gemeente het ‘n Sondagskool juffrou eendag vir ons vertel dat ons Jesus oral saam met ons moet dra, “soos jou gunsteling pop of kombersie het sy gesê.” Nog nooit het ek regtig daardie konsep verstaan nie, Jesus is mos in ieder geval alomteenwoordig en ek hoef Hom mos nie te neem daar waar ek gaan nie, Hy is mos in elk geval daar! So het ek vir Jare lank om hierdie waarheid probeer redeneer. Eintlik het ek ook bietjie daarvan vergeet… tot nou die aand toe:

Ek en my 3 jarige seuntjie het in sy bed gaan klim om Bybel te lees en te bid. Sy hart was vreeslik seer, want sy beste maatjie en vriendin (al van dat hulle net oor 1 jaartjie oud was) het ewe skielik ander meisies ontdek en gevind dat hulle nie so rof speel of haar pragtige pienk rokkie vol grond mors nie. Hy was baie alleen en wou nie weer terug gaan skool toe nie.
In die hoop om die klein hartjie te laat beter voel en sy trane af te vee het ek vir Hom gesê dat hy nie alleen hoef te voel nie want Jesus is altyd by ons, en dat Hy in ons harte is. Nadat ons gebid het, het hy gevra of Jesus dan nou by sy keeltjie moet inklim en in sy hartjie moet gaan sit, sodat Hy die volgende dag saam met hom kon skool toe gaan.

Hoe meer ek probeer verduidelik het dat Jesus nie regtig in sy keel hoef af te klim om in sy hartjie te kom nie, hoe meer het hy gedink dat ek laf is. Maar op die ou ent van die dag is my kind met vrede skool toe en begin hy nou spontaan met sy Jesus praat.

Die Here het ook daardie aand ‘n impak op my lewe gemaak. Van daardie aand af was ek die heeltyd bewus van Sy teenwoordigheid oral waar ek gaan. EN nee dis nie ‘n negatiewe gevoel soos jou gewete wat jou pla of die idee dat ‘n groot Loer Broer vir jou kyk nie. Nee, ewe skielik het ek meer geduld as ek met my kinders of my man praat. Elke takie waarmee ek my ophou doen ek nou tot die beste van my vermoë, want Jesus is daar en Hy sien wat ek doen, al is dit net om die ontbyt koppies met ‘n glimlag op my gesig te was, of mooi te glimlag vir die dame by die tolhek betaal punt. My lewe is gevul met meer liefde, Christus se liefde en dit raak aan almal wat God op ‘n daaglikse basis oor my pad stuur.

In die Bybel below God ons Sy onbeskryflike vreugde:
HANDELINGE 2:28U het my die paaie van die lewe geleer; u teenwoordigheid sal my met vreugde vul.

ROMEINE 14:17Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.

ROMEINE 15:13Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

Bid saam met my:

Vader van Genade,
Vandag staan ek hier op my knieë en ek jubel oor die voorreg wat ek het om vir U teenwoordigheid in my lewe te mag vra. Here vervul my lewe, Here ek is honger vir U vreugd en U vrede. Here, in die skrif in JOHANNES 15:11 se U “"Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees.” God U gee ons hier opdrag om in blydskap te lewe, Here dis daar ons moet dit net aangryp. Vader help ons om vandag en elke dag hierna U blywende blydskap aan te gryp en in U liefde te leef.
Amen.

Tuesday, July 22, 2008

Dagstukkie - 22 Julie 2008

Gister het ek julle vertel van my verkwanselde afspraak met God. Vandag was ons afspraak vir 8 uur. Ek was weereens so opgewonde, en soos altyd stel God nooit teleur nie. Hy speel my soos sy splinternuwe blink trompet en die teenwoordigheid van Sy aangesig vervul ons hele huis.
Die vrede en vreugde wat hiermee gepaard gaan is oorweldigend. Dis ‘n vrede en vreugde en tevredenheid wat lanklaas in my lewe was. Die pad wat God met my gestap het om hier uit te kom is merkwaardig:

Die afgelope paar maande het die Here op Sy subtiele sagte manier die tol wat my besige, AARDSE dagboek ge-eis het op my verhouding met Hom, my verhouding met my gesin en my familie en ook op my gesondheid, aan my geopenbaar. En ek voel die Here druk dit op my hart om dit met julle te deel want ek dink daar is so baie van julle wat die selfde as ek voel.
Tipies hardkoppige Vrystaat meisie, het ek self alles probeer om my energie vlakke te verbeter, tonics, vitamins, groen tee, oefening, meer slaap, net mooi alles, maar niks het gewerk nie, nie eens 12 kopies koffie ‘n dag nie.

Die Heilige Gees het toe weer hier binne my kom gesels en voorgestel dat ek dalk so spartel en sweet in ‘n oseaan van druk en uitputting, omdat nie meer hoort daar waar ek myself bevind het nie. Maar te bang om te vêr van die bekende stand en bekende landmerke weg te swem, het ek maar aanhou spartel teen die stroom van die wil van God.

Maar getrou aan Sy woord en Sy oneindige liefde vir ons het my Skepper en my Salig Maker, op sy bootjie aangeseil gekom, die storm het stil geword, en Hy het op die water na my toe aangestap. Hy het my nie net aangeraak nie, Hy het sommer my seer en stukkende siel in Sy arms opgetel en my in Sy bootjie na die volgende stand geneem. Die strand was vreemd, die bome en rotse was onbekend, maar daar was vrede daar, want dis waar God my wou hê.
Vandag deur Sy krag en genade swem ek in dieper waters as ooit te vore, met meer krag en meer vertrou in my God. Dit is vir my moontlik, want ek swem nou saam met die stroom van Sy wil.

My liefste boetie en sussie in Christus, as jy al alles gedoen het om van daai las van moegheid af te skud – maar niks werk nie, is dit dalk nie tyd dat jy gaan ondersoek instel en dat jy seker maak dat jy nog steeds met God se plan besig is nie.
Gaan lees: Romeine 6: 12 – 18 en dan bid jy saam met my:
Here God,

Vandag bring ek my dagboek na U, Here her organiseer asb my take sodat ek kan seker wees dat ek elke oomblik van Vandag U wil eerste sal na streef.
Vader U weet onder watse druk ons dagboeke en skedules ons en ons gesinne kan plaas em dan juis daarom wil ek U vra Here neem my dagboek, Here verwyder dit wat tussen my en U staan, en vul dit Here met aktiwiteite wat U Naam sal groot maak. Here seen my ook met die nodige rus en vrede en vreugde aan die einde van elke werks dag, sodat ek kan my krag kan herwin.

Ek bid dit alles in die naam van Jesus
Amen.

Monday, July 21, 2008

Liefste Maatjies

Die Here het my gelei om 'n internet bediening te begin. Dis in Engels om die spektrum van mense wat ons kan bereik te vergroot. Al die dag stukkies wat daarop gepubliseer gaan word, sal ook wel in Afrikaan hier op Libby Bid gepubliseer word.

Die bediening se naam is Nehemiah - Consoled by God. En dis hoe ons by hierdie naam uitgekom het:

Die Here het my roeping tot hierdie internet bediening bevestig op 20 Julie 2008. Die Here het my gelei om die volgende gebend te bid:

"Hemelse Koning, Vader van onbeskryflike en oneindige genade, baie dankie Here dat ek vannaand hier aan U voete mag kom sit en mag dankie se vir hierdie geleentheid wat U aan my gebied het, Here U het my ‘n kans gegee om nog nader aan U te leef, nog meer soos Jesus te word en U nog meer volkome te vertrou.

Koning God, gee my die wysheid om in hierdie tyd die regte besluite te neem, Vader gee my die nodige stilte en vrede om U stem te hoor en U wil te doen en letter vir letter U wense na te volg

Vader gee my die geduld en goeie oordeel om dinge op die regte manier te doen. Here gee my ook die energie en die entoesiasme en krag wat ek nodig het om hierdie twee projekte wat U in my skoot kom neerlê het aan te pak.

Vader gee my ook die deursetting vermoë om deur te druk en ‘n sukses van hierdie geleenthede te maak. Vader ek vra nou vir U, vergewe al my sondes wat nog tussen my en U staan. Vader ek is innig jammer oor die tye wat ek buite U wil beweeg het . Here Jesus, reining my was my silver skoon en here poets my skitter blink so dat U my as nuut gemaakte trompet kan gebruik om U woord uit te basuin. Here speel my volgens U gekose wysie, en nie my wysie nie

Vader voor ek hier op my knieë voor U kom sit het, was ek besig om te werk aan die name en struktuur vir beide projekte, Vader wys my die name wat U gekies het Vader. Here God, praat met my, ek wil U hoor.
Amen.

EK het toe my Bybel, my Engelse vertaling op Nehemia oop gemaak en die Here het die versie vir my gegee:

Neh 1:17 and 18: “Then I said unto them, I see the distress that we are in, how Jerusalem lieth waste, and the gates thereof are burned with fire: Come and let us build up the wall of Jerusalem, that we be no more a reproach. Then I told them of the hand of my God which was good upon me; as also the king’s words that he had spoken unto me. And they said: “Let us rise up and build.” So they strengthened their hands for this good work.”

Dis 'n wonderlike bevestiging, Hy het my gestuur en Hy het die naam Nehemiah – Consoled by God vir die bediening gekies.

Kom loer in op: http://nehemiah.blogetery.com

Dag Stukkie - 21 Julie 2008

21 July 2008

Ek het vanoggend 4 uur ‘n afspraak met God gehad, ek was so opgewonde dat ek al van 3:26 af al wakker was. Maar toe my wekker 4 uur afgaan, wou ek net nie opstaan nie, ek wou nog net 5 minute in die bed le. Dit was so warm en snoesig, ek wou le en luister na God, maar spoedig het ek weer aan die slaap geraak.

Tot my groot skok en verbasing skrik ek toe 4:45 wakker, met die wete dat ek my afspraak gemis het. Die stilte was daarmee heen en ek sou God nie meer so duidelik kon hoor nie. In skaamte het ek my kop laat sak en om verskoning gevra, want sou y afspraak met vlees en bloed gewees het, sou ek al teen 3:30 opgestaan het, my reg gemaak het, my gesiggie geverf het, en my tande geborsel het, maar hoekom het ek nie die Skepper van die heelal die selfde respek getoon nie?

Hoeveel keer doen ons as mense dit nie, ons verafgod mense en dinge, maar ons God kom laaste. Vanoggend het die Here my weereens in my skaamte daaraan herinner dat alhoewel ons eenmalig ons harte aan Hom toewy, moet ons op ‘n daaglikse, of selfs meer gereeld kies om Hom eerste te plaas.

Hy druk so heelhartig die versie wat se “Soek allereers die koninkryk van God op my hart.” Mag jy ook vandag op jou knieë saam met my gaan en vra

Here vergewe my dat ek ons afspraak weereens gemis het, Here gee asb. dat ek nie weer ‘n enkele een van hierdie kosbare oomblikke saam met U sal mis nie. Vader gee my die vermoë om elke dag, heeldag heel eerste U voor oe te hou.
Amen.

Friday, July 11, 2008

die las van materialisme

My Hemelse Vader

Vandag wil ek my dank aan U betoon. Here baie dankie vir die hernuwing wat U in my verhouding met U gebring het. Here vanoggend het U weer direk met my gepraat oor die pad wat ek moet stap. Here en die eerste stappie wat ek moet vat is die sprong van geloof en volle vertroue op U.

Here vandag vra ek vir U leiding aangesien ek dit wat U met my gedeel het, met my familie moet deel. Here vir my om hierdie pad ten volle en met die ondersteuning van my gesin te stap, moet ons as gesin nog ‘n bietjie nader aan U en aan mekaar groei en ‘n paar verskuiwings maak.
Here die eerste verskuiwing wat ons moet maak is om ten alle tye (en nie net somtyds nie) te onthou dat die gawes wat ons ontvang het in die laaste ruk, eintlik U gawes is wat U vir ons leen en dat ons dit tot eer van U naam moet gebruik. Here ons moet tweedens as gesin onthou om tevrede te wees met dit wat ons nodig het en Here help ons om nie ons begeertes blindelings na te jaag nie, maar om eerder ons behoeftes voor U oop te sprei en te vertrou dat U aan daardie behoeftes sal voorsien.

Here in vandag se tyd en met die invloede wat rondom ons en ons kinders die teenoorgestelde skreeu, wil ek vra dat U ons as gesin sterk sal maak sodat ons die las van materialisme finaal en totaal sal kan afskud en ‘n vol lewe in U sal nastreef.

Vader ek bid dit in U Naam alleen.
Amen

Thursday, July 10, 2008

Miracle in Egypt

A Muslim man in Egypt killed his wife and then buried her with their infant baby and 8-year old daughter. The girls? were buried alive!He then reported to the police that an uncle killed the kids. 15 days later, another family member died. When they went to bury him, they found the 2 little girls under the sand - ALIVE!

The country is outraged over the incident, and the man will be executed.

The older girl was asked how she had survived. "A man wearing shiny white clothes, with bleeding wounds in his hands, came every day to feed us. He woke up my mom so she could nurse my sister," she said.

She was interviewed on Egyptian national TV, by a veiled Muslim woman news anchor. She said on public TV, "This was none other than Jesus, because nobody else does things like this!"

Muslims believe Isa (Jesus) would do this, but the wounds mean He really was crucified, and it's clear also that He is alive! But, it's also clear that the child could not make up a story like this, and there is no way these children could have survived without a true miracle.

Muslim leaders ar going to have a hard time to figure out what? to do with this, and the popularity of the movie Passion doesn't help!With Egypt at the centre of the media and education in the Middle East, you can be sure this story will spread.

Christ is still turning the world upside down!
Please let this story be shared.
The Lord says, "I will bless the person who puts his trust in me." Jeremiah 17:7.

Wednesday, July 9, 2008

Here dankie dat U vir my lief is en dat ek vir U mag lief wees.

My Hemelse Vader
Baie dankie vir die manier hoe U gisteraand en vanoggend met my gepraat. Dankie Here vir die duidelike manier waarop U my aangespreek het. Here baie dankie dat U ook my droom weer vir my bevestig het. Here ek gaan my droom nou weer vir die heel eerste keer in ‘n lang tyd, hier voor U uitspel.

Here ek droom daarvan om as leier van ‘n organisasie op te staan en onder U direksie en konstante leiding, my aanleg vir kommunikasie te gebruik om ‘n verskil in die lewens van mense te maak. Here ek het opnuut besef dat elke siel vir U belangrik is en dat ons nie kan wag vir daardie siele om na ons toe te kom nie, maar dat ons na hulle toe moet gaan.

Here en daarom glo ek dat U my in die telekommunikasie bedryf geplaas het, en daarom het u my die kontakte gegee wat ek nou mee saam werk, en dat dit alles in U groot plan gaan val. Here terwyl ons droom in wording is, Here gee my die wysheid om te onderskei tussen U plan en my eie begeertes, en U plan en my eie en dan ook die duiwel se planne.

Here ek gee my gedagtes en my optrede heelhartig oor aan U en ek glo dat U my sal lei om U woord uit leef en om aktief ander mense aan te raak met U liefde. Here mag ek vir U skyn, en kind deur en deur wees.

Here daar is so baie wat ek nou dadelik kan doen om mense te bereik, Here help my deur my die dissipline te gee om tyd vir U take te maak. Gee dat ek alles in my vermoë sal doen om U naam groot te maak.

Here dankie dat U vir my lief is en dat ek vir U mag lief wees.

In die naam van God die Vader en God die Seun en die Heilige gees,
Amen