Mag ek dan saam met my blog, hierdie nuwe baadjie, hierdie Priesters Kleed aantrek, en mag jy ook geïnspireer word om jou God te gaan ontmoet eerder as om net nog meer oor Hom te leer.

Monday, November 24, 2008

‘n Donker Wolk hang oor die drumpel van die Hemel!

Hemelse Vader
Vroeër in die jaar het U ons gelei na ons nuwe nessie, so op die drumpel van die hemel. Here daar waar die jakkalsies baljaar en die uil snags wag hou. Here U het ons geseën met ‘n huis vol liefde en vrede en geluk. U het ons geseën met kalwers en perde en trekkers en gras en maatjies om ons drumpel deur te trap.

Here in die laaste week het daar ’n donker wolk oor die hemel se drumpel kom hang. Here soos U weet was daar drie gewelddadige plaas aanvalle in ons kontrei en Here dit maak almal bang en senuweeagtig. Die wreedheid waarmee die aanvalle uitgevoer word spreek van haat en woede en geen genade.

Here daarom kom staan ek vandag op my knieë en vra dat U ’n laer van U engele soos in Psalm 34 beskryf om ons dorpie en ons mense sal kom trek. Here stuur U Eng'le soos U in U woord aan ons belowe en kom beskerm ons Here, sodat ons nie meer bang hoef te wees nie, Here kom lig die wolk van vrees wat oor die Hemel se drumpel hang, eh Here maak ons vry van hierdie geweld en hierdie aanvalle.

Here help ons polisie mag om hierdie booswigte vas te trek, sodat daar nie nog een enkele druppel bloed sal val hier op die drumpel van die hemel nie. Here see ons sodat hierdie wrede saaiers van smart sal aangekeer word, sodat daar nie ekstra smart hierdie Kersfees sal wees nie. Here ek vra weer, gee dat daar nie nog ‘n enkele druppel bloed op die Hemel se drumpel, hier in ons kontrei sal val nie, nie een enkele druppel nie Here.

Here terwyl die manne hulle wapens optel om ons ou plekkie te beskerm en terwyl die polisie hulle plig probeer uitvoer, laat ons almal ook saam staan om saam die stryd in gebed te voer, Here gee dat ons as inwoners van die drumpel van die Hemel, saam sal staan en die oorlog heel eerste in gebed sal veg.

Ek mag ad die inwoners van die drumpel vna die Hemel saam met my bid ui Psalm 34:
“Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord. Hy het my gered uit alle doodsgevare. Die wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagtinge nie. Ek is een van die ellendiges wat geroep het. Die Here het gehoor, uit al my benoudhede het Hy my gered. Die Engel van die Here kom slaan sy laer op rondom die wat die Here dien en red hulle. Kom ondervind en dien self dat die Here goed is!”

Here daar is mensies soos oom Benadie en sy vrou, so in die skemer van hulle lewe, Here wil ons vra dat U hulle sal beskerm, spaar hulle en elke persoon in ons area Here die trauma en smart wat met hierdie aanvalle gepaard gaan. Here in die tye wat daar soveel inbrake in en om ons straat in Wingate park was, het U my en Ria se gebede aangehoor Here en ons area beskerm, Here hoor ons weer, Here gee dat nie een druppel bloed weer gegiet sal word nie en gee dat die saaiers van smart wat ons lewens so min ag aangekeer en weg gesluit sal word Here.
Amen.

genuine specials ...

Die jaar word al klaar as verby geag
en oral oor flikker Kersliggies in die nag.
Almal sit al hulle Kersfees hoedjies op
en iewers sit iemand oor verlore tyd en top.

In hierdie feestyd bly my huis se deur heelnag en heeldag vir jou oop,
en wil ek vir jou gee, dit wat jy in geen winkel kan koop.
My hart het genuine specials op liefde
en ek wil jou styf vas gou in my gebede.

Mag die jaar, aan die anderkant van Kersfees geleë
Vir jou meer as net goeie tye gee:
Mag die liewe Heer vir jou die geleentheid gun
Om elke dag jou geduld spier te oefen.
Mag jy wandel op die lewe se modder pad
en almal rondom jou met geloof, hoop en liefde natspat.

Met blydskap sal julle water skep.

Pappa Jesus, vandag wil ek hier by U voet bankie kom sit en my hart voor U uit stort Here...
Baie dankie Here vir U hand van beskerming wat U so getrou oor Tannie Martie gehou het. Here dankie dat sy uit die intensiewe sorg eenheid is en dat sy aansterk in die hospitaal. Here dankie vir vriende en familie wat haar en haar gesin ondersteun en Here dankie vir U genade wat haar so vêr gedra het.

Vader, daar is een bekommernis wat ek tog voor U troon wil kom lê Here. Dit is die kanker kolletjies wat hulle op Tannie Mart se lewer gekry het. Vader, in Jesaja belowe U dat U vir ons ‘n nuwe begin sal bewerkstellig, ons uit ons gevangenis bevry en Here daarom staan ek op my knieë en ek smeek U my Grote God, kom U belofte aan ons na, bring ons terug na die land van U belofte en U seën, Here, net soos U ons gebede oor Attie verhoor het en hy vandag sonder letsel rondloop, net so Here vra ons U maak ons vry van hierdie tronk wat die kanker om ons bou. Here genees vir Tannie Mart. Here in Matteus belowe U ons ook dat as die wat moeg is na U toe sal gaan dat hulle nuwe krag sal kry en daarom Here kom ons na U toe en Here ons vra vir nuwe krag en ons vra vir nuwe lewe en ons Here ons vra dat U ons na die water van U redding sal lei.

Here ons bid vir Tannie Mart se volkome genesing deur die krag van die bloed van Jesus en Here ons spreek U woord, Here soos ons dit vind in Matteus en Jesaja en glo die beloftes soos U dit aan ons gee in U woord, want U Here bly getrou, vandag en môre, want U is dieselfde soos U gister was.

Ons smeek dit alles by U en lê ons harte voor U Here. Here sodat op die dag soos U bestem, sal ons ook oor Tannie Mart se genesing sê soos in Jesaja 12:
“Op daardie dag sal sê:
‘Ek loof die Here!
U was kwaad vir my ,
maar U is nou nie meer kwaad nie
en U het vir my uitkoms gegee.
God is my Redder;
Ek vertrou op Hom,
ek is nie meer bang nie.
Die Here my God is my krag
en my beskerming
Hy is my Redder.’
Met blydskap sal julle water skep
uit die fonteine van redding.
Op die dag sal julle uitroep:
‘Loof die Here,
roep sy Naam aan,
maak Sy naam onder die volke bekend
en verkondig dat sy Naam groot is.
Sing tot eer van die Here,
want Hy het groot dinge gedoen,
maak dit aan die hele wêreld bekend.
Jubel en juig,
inwoners van Sion,
want groot is die Heilige van Israel
en Hy is by julle.”
Amen.

Wednesday, November 19, 2008

die voorreg om te lewe

Goeie Middag Pappa God
Baie dankie Here vir die voorreg om nog ‘n nuwe dag saam met U en my geliefdes te kan spandeer. Here baie dankie vir die ontsettende verandering wat U in die verhoudings in my lewe gebring het. Here dankie vir die Goddelike vrede wat oor ons lewens gekom het.

Here U belowe in U woord dat as ons U aangesig soek, dat U vrede(vrede wat onafhanklik van ons omstandighede staan) ons sal vervul, hierdie vrede o God wat ons verstand totaal en al te bowe gaan. Here U het my gelei om hierdie vrede oor ons lewens te spreek, en getrou aan U woord het U ons hiermee geseën.
Vader voor ek begin met my voorbidding, wil ek U vra om asb al die sonde te vergewe Here, wat tussen my en U staan, die sonde wat my verhouding met U verdring, die sonde wat my en ander sos ek so seer maak deur ons van U weg te hou.
Dankie Here dat ons kan weet dat U ons sonder vergewe en Here dankie dat ons kan weet dat U ons hart silwerskoon gewas het deur U bloed.

Here hierdie week was moeilik vir ons in die gesondheids-area van ons lewens. My blondekop Scottie sukkel met sy maag, en klein asjas sukkel met sy bors Here. Alhoewel die kleine asjas al klaar baie beter voel, is hy nog nie heeltemal gesond nie. Here daarom wil ek U vra om U hand van genesing oor ons te bring. Here die jaar was hard en moeilik en ons is maar almal afgemat, en van daar is ons ‘n kleiner verweer teen siekte. Maar Here in Matteus 11:28 -30 nooi U almal wat uitgeput is en almal wat oorlaai is om na U toe te kom, sodat U vir ons kan rus gee. U vra dat ons U kruis sal opneem, U juk, en Here seen ons gesin, sodat ons dat ook alles in U hande sal oorlaai, ook ons bekommernisse en ons laste, en gee dat ons dan heel eerste U koningryk sal soek.

Here dan weet U ook dat Tannie Mart gister in gegaan het vir haar operasie om die kanker te verwyder. Here na die operasie kom al die behandeling en dan begin die lang pad na herstel. Here, heel eerste wil ek U prys dat U haar deur hierdie operasie gebring het en dat sy veilig in die hospitaal le. Here dankie dat U haar vas gehou het en dat U ook die hand van die geneesheer gelei het.

Vader gee ons as familie die krag om Tannie Mart en haar gesin te ondersteun. Here ons buig ons hoofde voor U en smeek U vir die krag en die liefde en die hoop en die geloof wat ons nodig het om hierdie pad saam met Tannie Mart te stap. Here gee dat ons as familiêr ‘n laer om hulle sal trek sodat hulle U liefde deur ons sal kan ervaar.

Op ‘n meer persoonlike vlak, weet U Here dat ek en my Scottie voor ‘n belangrike besluit in ons lewens staan Here. Here, ons praat nou al vir ‘n geruime tyd met U oor hierdie besluit en vir ‘n lang ruk het ek vrede gehad dat U vir ons die groen lig gee, dat dit alles volgens U wil geskied, maar Here met van die struikel blokke wat nou oor ons pad kom, Here wil ek net eers vir bevestiging vra. Here bevestig asb. aan my of ons wel die groen lig vir hierdie projek het. EN Here gee dan saam met die bevestiging en gee vir ons die geduld om die regte pad te volg.

Here, die afgelope twee daggies het U ook vir my gewys dat daar twee kort termyn projekte is waarmee U wil he dat ek my moet bemoei. Die eerste is Radio Kansel se Dare to Care projek en dan is daar Tannie Pop se kers partytjie vir die kindertjies van Rayton. Vader seen asb. al ons werksaamhede in hierdie opsig en gee dat ons wel U doelwitte in albei opsigte sal bereik.

Here heel laaste wil ek U vra om my werksaamhede met my besigheid te seen op God. Here ek wil vra dat U my die geduld sal gee om die besigheid met wysheid te bestuur. Here gee vir my liefde sodat ek mooi en opreg met my medemens sal kan werk en Here gee my deur settings vermoë sodat ons saam met U wat ons dra, heel bó te kan uitkom.
Here ons bid dit alles in U grootte naam alleen.
Amen.

Monday, November 17, 2008

Jou trapsuutjies?

Jae se hart voel nou nie juis in tip-top shape nie, eintlik sou haar pa gesê het dat haar hart vreet bietjie k...! NEE! Wag sy mag nie daardie woord gebruik nie. Dit betaam nie ‘n jong dame om sulke tale te uiter nie.

Die dae voor Jae se 18de verjaarsdag word min en sy is besig om stock te neem van haar lewe, die klein wees gedeelte van haar lewe is nou vir goed verby.
Maar soos Jae daaraan dink besef sy dat sy nooit regtig tyd gehad om kind te wees nie... nooit was sy regtig net ‘n klein dogtertjie sonder vrese en sonder probleme nie, nog nooit was sy net onskuldig nie, nog altyd het daar ‘n donker wolk oor Jae se lewe gehang.

Van haar jonger dae het sy nie veel prentjies in haar kop oor nie, maar die emosies en die vrese sal sy nooit kan vergeet nie. Daar was altyd ‘n ongemaklikheid tussen haar en daai vrou. Daai vrou wat aan haar geboorte geskenk het, wat nooit haar ma was nie.

Nog nooit het Jae gevoel dat wie sy is goed genoeg is nie. Sy het nog altyd gewonder wat sy so verkeerd gedoen het dat daai vrou haar nooit kon aanvaar nie, wat skeel so baie met haar dat die eerste natuurlike verhouding wat elke kind met sy moeder begin, nie vir haar bestem was nie.

Hierdie ongemak en on aanvaarding en self blaam het soos ‘n swart kol op Jae se hart gegroei. Alhoewel haar Pa en haar Oupa en Ouma, en selfs haar stief mamma altyd vir haar gesorg het en alhoewel daar geen te kort aan liefde was nie, het daardie swart kol ‘n yslike swart gat geword.

Daar was iets missing, iets het verlore gegaan, iets wat sy eintlik nooit gehad het nie, maar nog steeds mis. Niks maak daardie gat vol nie, nie vriende nie, nie die eerste plek in die klas nie, nie die hoof rol in die skool opvoering nie en nie eers om kerk toe te gaan nie.

Vandag het Jae die tyd om oor hierdie goedjies na te dink, want sy is op die plaas en oefen om te bestuur: - Een van die dae is dit haar beurt om haar bestuurs- vernuf te gaan toets teen die kennis van die bestuurs- beampte by die stadsraad se verkeers kantoor.

As deel van haar bestuurs- uitstappie het tannie Hettie haar gevra om met die eensame agter pad te ry na die General Dealer toe, op die hoek. As sy so om ry sal sy niemand pla nie, en dan kan sy ook rustig al die stappies uitvoer soos wat sy by die bestuurs- skool geleer het.

Tante soek vlieg-gif, daai in die kannetjies. Maar dit moet ekstra sterk wees. Hierdie vliegies wat so in die bees mis uitbroei is nie so pieperig soos die vliegies in die stad nie. Nee hierdie is mighty vliegies, hy los ‘n duik in die vlieë plak en skut die average giffie van sy lyf af… nee Tante benodig die sterkste van die sterkste.

Soos Jae in die pad af ry, gewaar sy iets geel wat stadig oor die pad loop. Sy swaai links en dan regs, maar ag nee, sy trap die gediertetjie so plat soos ‘n pannekoek met ook Nic’ las se groot bakkie.

Sy skakel die bakkie oor in tru rat en kom tot langs die gediertetjie tot stil stand… dis ‘n arme our trapsuutjies… sy geel en groen lyfie lê leweloos in die skadu van die bakkie.

Dis toe dat die waarheid vir Jae so reg tussen haar bruin ogies tref, ‘n waarheid wat haar stief mamma al die afgelope 14 jaar vir haar prober leer:
Net soos sy die mens gemaakte gif by die mens gemaakte winkel wou gaan koop, net so probeer sy wat Jae is daardie gat in haar hart met mense gemaakte goete vul, self die kerk gebou is mens gemaak. En dit alles terwyl God se antwoord so suutjies oor jou pad kom, so suutjies verby jou loop, en in die gejaag van jou gesoek na die wind vertrap jy dalk jou eie trapsuutjies!

Sunday, November 16, 2008

Die wereld bly altyd die selfde...

Hemelse Vader, my God, my Koning en my Redder!

Here vanoggend het ek hier aan U voete kom sit en U het 'n gedeelte uit Prediker 1 met my gedeel. Die geddelte is soos volg:

"(1) Woorde van die Prediker, seun van Dawid en koning in Jerusalem.

(2)Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.(3)Wat kry die mens vir sy geswoeg, sy geswoeg in hierdie wêreld? (4)Geslagte kom en geslagte gaan, maar die wêreld bly altyd dieselfde.(5)Die son kom op, die son gaan onder, en dan haas hy hom weer na waar hy opkom.(6) Die wind waai suid, draai noord, waai hierheen en daarheen en dan draai hy maar weer.(7)Al die riviere loop in die see in, maar die see word nooit vol nie. Die riviere hou aan om te loop na die plek toe waarheen hulle altyd geloop het. (8)Woorde vervaag mettertyd, en 'n mens kry nie klaar met praat nie. Die oog kyk, maar kry nie klaar met kyk nie; die oor hoor, maar kry nie klaar met hoor nie.(9)Wat was, sal weer wees; wat gebeur het, sal weer gebeur. Daar is niks nuuts in hierdie wêreld nie.(10)Kan jy van iets sê dit is nuut? Nee, dit was lankal daar, lank voor ons tyd.(11)Wat verby is, word vergeet, en ook wat later kom, sal vergeet word deur dié wat daarna kom."

Ek het dadelik terug gedink aan die dokumentere op die sateliet kanaal oor die hoe die aarde verander, en oor hoe sekere dinge voorheen al gebeur het, en dalk weer kan gebeur, en alhoewel baie van die vooruitsigte van hierdie dokumentere nie baie voorspoedig lyk nie, en al word ons soms bekommerd oor die voort bestaan van ons planeet, het U Here my hart met 'n vrede vervul. 'n Vrede wat my herhinder dat niks vir U o God nuut is nie, U is nie in 'n leer skool vir U in "planeet bestuur"nie, en daar is niks wat U nog nie gesien of gehoor het nie.

Vader, verder het U ook vir my vrede gegee oor die ekonomie van ons land en die hele wereld. Here die wereld was al voorheen hier deur en ons sal ook verseker nog 'n hele paar keer weer daar deur, maar Here U het nog altyd konstant vir U kinders gesorg, en daarom Here sal ons heel ander kant uit kom en daarom sal die wereld ekonomie weer opstaan en sal al hierdie krisise weer ontrafel en alles sal weer seep glad verloop.

Here ek weet dat U hierdie selfde vrede vir almal wat so bekommerd is oor hulle geld en hulle beleggings en hulle welvaart, gee. Vader gee dat hulle wat so moeg geswoeg en gespartel is U stem sal hoor en rus by U waters sal kom soek, gee dat hulle weer hulle Herder en hulle Vader sal kom opsoek en by Hom lafenis sal kom kry.

Here verder het hierdie versies ook vir my perspektief oor al die nuwe goed wat in ons almal se lewens gebeur, gegee. Here ons is nie die eerste mensies wat 'n besigheid onder U leiding probeer bou nie, ons is nie die eerste mensies wat struikel blokke oor ons pad tee kom nie, en ons is nie die eerste mensies om siektes soos kanker in die gesig te staar nie, en Here juis daarom wil ek vir U vra:

My God herhinder ons daaraan om ons raad en ons vertroosting, ons hoop en ons vrede hier aan U voetstoel te kom ontvang. Here herhinder ons dat U water nie opdroog nie, en U brood nie te min is nie en dat U vrede sterker is as enige pyn en seer en ontevredenheid en onsekerheid wat ons ooit kan ervaar.

Here dankie vir 'n herindering uit U woord, 'n herhindering wat my toerus om die geduld waarvoor ek verlede week gebid het, toe te pas. Dankie Here vir U woord wat ons lei en vir ons vrede gee. Dankie Here vir U genade bloed wat ons skoon was van al ons sonde en dankie Pappa dat ek weer vandag soos al die ander dae op U skoot mag kom sit en werk aan die takies wat U my gegee het.

Amen.

Thursday, November 13, 2008

Vandag voel my hart oud!

Koos sing ‘n lied wat se: jou hart word oud as almal ver is.

Vandag voel my hart oud, want ek mis jul,
Vandag voel my hart oud, want julle is ver,
Vandag voel my hart oud, want ek wil kom kuier.

Ek wil elke dag saam met julle kuier.
Ek wil elke dag kom hallo se.
Ek wil elke dag kom drukkies uit deel ,
En elke dag jul klein kinders op jul skoot sien.

EK wil alles met julle deel,
Ek wil elke sondag kom middag ete eet,
Ek wil elke minuut saam opneem
dat ek dit oor en oor kan speel

Vandag voel my hart oud, want ek wil gaan kuier vir almal wat ver is.
Vandag voel my hart oud, want ek is so baie lief vir julle wat ver is.
Vandag voel my hart oud, want ek mis julle wat so baie, baie ver is...

Dankie vir die 4 stelle modder voetjies op die teels

Hemelse Vader en ons God van Genade
Daar buite is ons wereld nog toe onder die dons kombers van U wolke. Here die reën bring soveel vreugde. Gister middag het ons hier van die stoep af kon sien hoe die kiewiet kuikens deur die nat grassies hardloop en hoe die perde en donkies en kalfies in die veld, wat so mooi skoon gewas is, bokspring.

Here dankie vir die 4 stelle modder voetjies op die teels. Die vreugde wat my twee seuntjies uit hulle hondjies put maak my so warm hier tot diep in my siel. Die liefde wat so amper automoties is en die sagte “ag shame”, wat ons jonkste uiter elke keer wat hy sy hondjie sien slaap... Here dit alles verbly my hart.
Dankie Here vir die leiding wat ons gesin kry van die man wat U aan ons hoof gestel het Here. Hy wat ons met liefde en vreugde en volgens U woord lei. Here dankie vir sy ondersteuning, sy oop hande, sy vrygewige hart en sy onbeskryflike drang om ander te help.

Here ek wil nog steeds by my voornemens bly om slegs vir die bevordering van my verhouding met U as ook my gesins lede se verhouding met U te bid. Here tot nou toe het ek nog niks ontbreek nie en tot nou toe het U meer as mildelik voorsien aan al ons behoeftes, en daarvoor ons Hemelse Pappa wil ons U bedank.

Daar is een behoefte wat ek soos ‘n rooi streep deur my hele lewe kan trek. Here almal met wie ek in die afgelope week of so te doen gekry het, elke krisis, elke problem, elke uitdaging, Here sal opgelos kan word as ons net geduldig genoeg sal wees om op U God gegewe uitkoms te wag.

Here neem ons almal se hande, myne, my gesin se hande, my ouer, my broers en die res van my familie en vriende, Here en en gee ons vrede en kalmte deur U teenwoordigheid. Here maak ons rustig sodat ons geduldig op U antwoorde en oplossings kan wag.

Here dit is werklik ‘n geseënde tyd van tweede kanse en opwindende toekoms planne en juis daaroor wil ek vir U dankie sȇ Here. Dankie vir die geleenthede, dankie vir die insig om hierdie geleenthede te kon raak sien. Here seën ons met die wysheid om hierdie geleenthede reg te bestuur en die geduld om seker te maak dat ons tyds berekening en U tyds bereking die selfde is.

Pappa God, ek bid dit alles slegs deur U genade, soos U aan ons bewys het, toe ons Verlosser Jesus Christus vir ons aan die kruis gesterf het. Here seën ieder en elk wat hier saam met my bid deur hulle bewus te maak van U teenwoordigheid.

Here ek glo dat U voor ons uitloop en die slag gate van die lewe duidelik vir ons merk, U loop agter ons en vee die spore van ons sonde dood deur U bloed, U loop langs ons sodat die aanvalle van die bose ons nie onverwags sal vang nie. Here U dra ons sodat ons nie moeg sal raak in hierdie wedloop van die lewe nie, Here U sweef ook bokant ons en stort U liedfe en genade en beskerming en seën ryklike en hartlik oor ons uit.
Dankie Here
Amen.

Thursday, November 6, 2008

hulpeloos hier waar ek sit

Here God
Vandag kom sit ek hier voor U en ek het nie woorde on hierdie gevoel hier in my binneste te beskryf nie.

Aan die eenkant is ek gevul met vrede en geluk, alby wat tans my vestand te bowe gaan, en dan Here, dan is daar hierdie vars eina wat ook sy verskyning gemaak het. Here soos U weet is my tante gister met kanker gedignoseer en ek voel so hulpeloos hier waar ek sit.

My hart gaan uit na haar en haar man, haar seuns, my oupa en ouma, my ma en al haar ander broers en susters. Here daar is so baie dinge wat ek haar wil toe bid, maar ek weet nie watter een binne U wil sal val nie Here.

Maar voor ek U seën oor ons vra wil ek saam met Habakuk jubel Here:

Want al sou die vye boon nie bond nie
En al sou die olyf oes misluk
En die lande geen oes lewer nie,
Al sou daar geen bokke in velde meer wees nie
en die bees krale sonder beeste wees,
Nogtans sal in die Here jubel,
Sal ek prys my God en Redder!
Want die Here my God gee vir my KRAG,
Hy maak my voete soos die van ‘n ribbok ,
Op hoë plekke laat Hy my veilig loop!


So Here daarom wil ek vir U dankie se dat U my groot ouers tot op hulle ryke ouderdom vir ons gespaar het, Here dankie dat my kinders hulle oupa en ouma grootjie kan leer ken. Here dankie dat my groot ouers in die afgelope 60+ jaar, nie een van hulle 7 kinders, of en van hulle baie klein kinders al aan die dood afgestaan het nie. Here dankie dat ek elkeen van my tantes en ooms, my neefies en my niggies persoonlik ken.

Here dankie dat ek selfs die voorreg gehad het om my oupa en ouma se broers en susters te kon ken, en ook dan sommer my ma se neefs en niggies ook.

Here baie dankie dat Tannie Mart so ‘n ongelooflike groot ondersteunings basis het Here. En daarom Here wil ek vra dat U my tante, haar gesin, ons familie, veral my oupa en ouma, my ma en my ander ooms en tantes sal standvastig hou in U woord en U beloftes Here.

Job 28:1 Here se dat U ons weer sal seën met bydskap en Here daaarom wil ek vir U vra om ons by te staan in hierdie hartseer tyd Here, hierdie tyd van onsekerheid en vrees. Vader gee dat onderling konflik en blaam ons nie uitmekaar sal ruk nie, maar gee dat ons eerder met liefde met mekaar sal omgaan.

Here help ons ook om asseblief nie in konflik met U of U wil te kom nie, en Here gee dat ons stabiel sal bly in hierdie tyd, beide geestelik en emosioneel stabiel. Here gee dat ons as familie, en veral Tannie Mart, U liefde sal kan aanvoel en sal aanvaar.

Ons bid dit alles in die Naam van ons Verlosser en Salig Maker,
Amen.

Tuesday, November 4, 2008

so op die drimpel van die Hemel se deur ...

Here God

Vanoggend is dit so mistig daar buit en die lafenis wat die koel weer bring, laat 'n mens amper voel of jy so op die drimpel van die Hemel se deur is. Dankie Here vir die wolke en die reen en die groen grassies.

Here, U is altyd die selfde, U is net soos U gister was, U verander nooit wie U is nie. Dankie Here vir hierdie standvastigheid in ons lewens. Here net soos in die verlede het U weer 'n onberskyflike vrede oor my laat spoel, die oomblik toe ek eers weer ob alles en voor alles U aangesig begin soek het.

Here met vrede in my hart het ek gister aand gaan slaap. Met vreugde kon ek opstaan en met energie en insig kon ek weer gister werk. Hoe wonderlik is my God dan nie, hoe getrou is Hy nie.

Vader ek wil U weer vandag vra, Vader hou my standvastig vandag, laat ek vas staan in die woord van God, en laat ek 'n steun pilaar van vreugde en liefde vir my man en my kinders en my ander naastes wees. Here hou my geduldig en bewaar die vrede hier in my hart.

Here laat my glimlag skyn die lewens van almal wat my vandag tee kom, maar veral Here laat my glimlag en my liefde skyn in die lewens van my gesin en my familie.

Vader bewaar die vir wie ek so ongelooflik lief is, die mensies met wie en deur wie U my so ryklik seen.

Dankie ons wonderlike, ongelooflike, amlagtige en liefdevole God vir 'n bron van onuitpitbare vreugde, so reg uit U hart.
Amen.

Bring ons tot binne U teenwoordgheid.

Daar is so baie wat ek vir jou wil sȇ, so baie wat ek met jou nog wil deel. En tog weet ek as ons vannaand by die huis kom is daar aandete en kinders bad wat weer my aandag sal aftrek. Teen die tyd dat die goggatjies in die bed is en ek uiteindelik net weer kan transformer van ma na vrou is ons ablei poot uit.

Self my Engel het ek nie die krag om al die balle in die lug te hou nie, en slef laat ek die hele weegskaal om slaan, so nou sal daarom maar net weer doen wat ek weet wat werk.

My Hemelse Vader en God van genade,

Baie dankie Here vir die wonderlike lewens maat wat U aan my leen. Here voorsien deur U genade die onvoorwaardelike liefde wat ons teenoor mekaar behoort te bewys. Here maak ons albei standvastig in hierdie tyd van versoeking en Here gee ons die geduld wat ons nodig het om op U te wag.

Here maak die kommunikasie kanale tussen ons oop en gee Here dat ons tyd sal maak om ons harte met mekaar te deel.

Here ons vertou op U, dat U die pad vorentoe vir ons sal wys, en Here dat U ons deur hierdie pad al hoe nader en nader aan U sal trek. Here openbaar aseblief U gesig aan ons o God. Here bring ons tot binne U teenwoordgheid, daar waar daar liefde, vrede en geluk is.
Amen.

Monday, November 3, 2008

Hoekom?

Die ander dag het Joyce Meyer verduidelik hoe God vir haar gese het om vir ‘n sekere tyd periode eerder Sy aangesig te soek, as Sy hand. Ek was so diep geraak deur hierdie opdrag aan haar, date k self die besluit geneem het om die selfde te doen. Van nou tot einde Desember gaan ek slegs God se aangesig soek en nie Sy hand nie. Ek wil vra dat Hy my sal lei om soos Paulus en Jesus te bid.

Hierdie besluit het ook die volgende vraag in my aangewaker: “Hoekom??” Ek het weereens daardie vraag begin vra oor alles in my lewe:

- Hoekom bou ek aan my eie besigheid eerder as om die gemak zone van ‘n faste werk te wees?
- Hoekom blog ek?
- Hoekom is ek ‘n ma?
- Hoekom bly ons op ‘n plaas?
- Hoekom? Hoekom? Hoekom?

Ek is nie syt omdat ek my eie besigheid bou nie, ek is nie spyt omdat ek 'n mamma van twee sulke oulike, spesiale kinders is nie, ek is verheug oor die dae op die plaas. Maar tot my eie skaamte het my blogs nie meer vir my die tevredenheid gegee slegs omdat ek op hierdie manier my God vereer nie. Dit het vir my begin gaan oor traffic en voete op my blog en juis daarom het ek begin moed verloor en minder gereeld begin skryf.

Die selfde met my besigheid, ek het my oog vandie prys afgehaal, die prys van ‘n standvastige maatskapy onder God se heerskapy. Die jag na geld het hier en daar begin deur syfer en so my focus van God af laat dwaal. Sommer terselfde tyd het dinge begin moeilik raak en het ek begin moeg raak.
Dis soos die comrades atleet wat nie op die berg voor hom focus nie, mar eerder op die wenpaal en so bly hulle vol energie en vol moed.

My Hemelse God en Vader
Here in skaamte laat ek my kop voor U neerval en vra ek dat U my sal vergewe omdat ek U woord wat U met my deel so wou gebruik vir eie gewin. Here vergewe my dat dit vir my begin belangrik raak het, om deur mense erken te word vir dit wat ek skryf. Here ek wil U vra om my gees weer te vernuwe en ook my denke sodat ek weer op U kan fokus en sodat U my mylpaal sal word Here.
Vader vandag vra ek dat U my sal seen Here met U genade en my so in die lig van U aangesig sal laat wandel. Here trek my nader aan U, Here openbaar U hart aan my en Here vervul my met U liefde en U genade en U Gees Here.
Vader hier waar ek sit, Here weerhou my daarvan dat ek sal wankel, Here maak my ‘n steun plaar vir my gesin. Here hou my standvastig in hierdie tyd van versoeking en spanning en opwagting. Vader ek vra dit alles Here, nie omdat ek dit verdien nie, nie omdat ek waardig is nie, maar Here slegs deur U genade en die bloed van Jesus.
Amen.